Sekwestrasie Vrae

Hoe kies `n mens tussen al die skuld opsies?

Wanneer u vind dat u bates u laste oorskry, en dat u uitgawes terselfdertyd u inkomste oorskry, behoort u sekwestrasie sterk te oorweeg.

My advies is sonder uitsondering dat kliënte die volgende baie eenvoudige toets moet toepas:

Sekwestreer indien u heeltemal seker is dat u nie u skuld sal kan betaal nie. Indien u egter oortuig is dat die probleme van tydelike aard is en dat u dit binne ‘n redelike kort periode te bowe sal kan kom, is dit altyd beter om nie te sekwestreer nie.

Die grys gevalle is egter die probleem. Wanneer u onseker is of u sal deurtrek sal ek eerder ten gunste van sekwestrasie wees as daarteen. Dit haal die risiko en die spoke uit u lewe uit. Die risiko wat mens loop as jy nie seker is dat jy sal deurtrek nie is dat jy dalk vir die volgende vyf of tien jaar jou uiterste bes probeer om jou skuld te betaal en dan trek jy in elk geval nie deur nie, en moet dan sekwestreer. In hierdie geval het jy baie tyd van jou lewe opgeoffer en baie goeie geld agter slegte geld aangegooi. Ondertussen is jou lewe versuur deur skuldeisers wat jou aan die korthare en ander plekke beet het. Jy verduur die sosiale vernedering en vrees dat die geregsbode enige dag dalk jou goed kan kom opskryf, ensovoorts… ensovoorts.

U grootste vyand is onsekerheid.

Kies metodies

Eerstens:- Bepaal of u bates u laste oorskry.

Tweedens:- Bepaal of u maandelikse uitgawes u inkomste oorskry.

Neem hierby in ag of u probleem tydelik of langdurig van aard is.

Is u besig om van u bates uit te put om u maandelikse verpligtinge na te kom?

Is daar enige inkomste of toevalling wat in die toekoms aan u betaalbaar is (soos `n erfporsie) en in watter mate is u bereid om daardie toevalling by u huidige situasie te betrek?

Hoe lank nog voordat u aftree?

Wat het die probleem veroorsaak?

Vind uit of u u werk mag behou indien u gesekwestreer word – ons sal u hieroor adviseer. Indien u byvoorbeeld ‘n direkteur van `n maatskappy is, sal u moet bedank as direkteur indien u gesekwestreer word.

Indien u vind dat u probleem van tydelike aard is, dat u bates u laste oorskry en dat u die finansiële probleme binne `n redelike tydperk te bowe sal kom, werk `n voorstel uit en gaan sien elk van die skuldeisers afsonderlik. Indien prakties, is dit verkieslik dat u al u skuldeisers op een vergadering byeenroep. Speel oop kaarte met hulle. U moet egter onthou dat niemand die verloop van die lewe korrek kan voorspel nie. Die aanbod wat u maak moet;

1- vir uself voorsiening maak vir `n veiligheidsfaktor nadat die vooregstelde skuldpaaiement betaal is.

2- Maak voorsiening vir onvoorsiene uitgawes wat mag opduik. U motor mag breek. Jan Taks kan sy pond vleis van u vra. Skuldeisers is oor die algemeen nie onmenslike goed wat net sit en wag om u op te eet indien u nie kan betaal nie. Hulle is gewoonlik geneë om u tegemoet te kom indien u met hulle praat. Dit is wanneer u nie met hulle kontak maak nie dat u vir uself probleme op die hals haal. Terwyl ek in die bank gewerk het het ek telkemale ondervind dat die bank eerder sy kliënt tegemoet wil kom as nie. U moet in ag neem dat enige regdenkende skuldeiser ook besef dat hy, indien hy u voorstel nie aanvaar nie, die risiko loop dat hy glad nie sy geld sal kry nie, of `n mindere bedrag sal ontvang indien u byvoorbeeld gesekwestreer word. ‘n Mens dink soms dat die gewone bank nie deur “gewone regsdenkende” mense bestuur word nie.

Ek doen aan die hand dat hierdie manier baie goedkoper is as om weereens `n bedrag geld te gaan leen om al u skuld af te betaal en dan net aan een plek terug te betaal en sodoende te ”konsolideer”.

Onthou die beginsel dat die instansie wat aan u geld geleen het of krediet verleen het saam met u die risiko aangegaan het. Onthou verder die beginsel dat u op hierdie stadium ook na u eie belange moet omsien.

U kan selfs voorstel dat u rente verminder word. Wanneer u egter `n voorstel maak dat enige gedeelte van die geld wat u reeds verskuldig is afgeskryf word, pleeg u `n daad van insolvensie, en dit is nie raadsaam nie, aangesien u krediteure kan aansoek doen dat u gesekwestreer word op grond daarvan dat u `n daad van insolvensie gepleeg het.

Wanneer u skuld binne die perke van administrasie val en u probleem net tydelik van aard is, behoort u oorweging daaraan te skenk om u aan skuldberading te onderwerp.

Hoe kyk die hof daarna as ek wil sekwestreer?

Dit is belangrik dat u moet begryp dat u sekwestrasie tot voordeel van u skuldeisers moet wees. Dit beteken dat die hof, voordat `n sekwestrasiebevel toegestaan word, oortuig moet wees daarvan dat u boedel inderdaad insolvent is (m.a.w. u laste moet u bates oorskry, alhoewel daar sekere uitsonderings is).

Verder moet daar genoeg bates in u boedel wees om die administrasiekoste in die boedel te kan betaal. Daar moet ook genoeg bates wees om die sogenaamde versekerde skuldeisers (bv. verbandhouer oor u huis) en preferente skuldeisers (soos die Ontvanger van Binnelandse Inkomste) ten volle te kan betaal , en daar moet ook vir die konkurrente skuldeisers ten minste 20 sent in die rand wees.

(Konkurrente skuldeisers is diegene wie vir u geld sonder sekuriteit geleen het – hierdie is gewoonlik die meerderheid van u skuldeisers).

Indien my besigheid ook in die moeilikheid is en gelikwideer moet word – wat is die invloed daarvan op my persoonlik?

Die likwidasie van `n maatskappye of beslote korporasies sal `n omslagtige verduideliking verg. Derhalwe noem ek slegs `n paar feite in hierdie verband. Indien u nie borg staan vir die skulde van u maatskappy of beslote korporasie nie, kan u dit likwideer sonder dat u persoonlik aanspreeklik is vir die skuld van u maatskappy of BK. Indien u egter borg geteken het, raak dit problematies, want dan moet u persoonlik die skuld betaal.

`n Ander baie belangrike aspek is dat daar sekere gevalle is waar u persoonlik aanspreeklik gehou kan word sonder dat u borg gestaan het. Hierdie gevalle is waar u sekere van die Maatskappy- of Beslote Korporasie wette nie nakom nie. U prokureur sal u meer volledig hieroor kan inlig.

 

Alles in my lewe het nou ‘n gemors geword!

Ja, dit voel so. ‘n Mens voel skuldig oor die geld wat jy by ouers of vriende geleen het.

Indien u nou in `n finansiële gemors is, moet u vir die eerste keer in u lewe net aan uself dink – nie aan u skuldeisers en u goeie vriende vir wie u geld skuld nie. Dit is uiters belangrik dat u, sonder om oneerlik te wees, binne die raamwerk van die reg, slegs tot u eie voordeel optree. U is in die moeilikheid en niemand anders gaan tot u voordeel optree nie. Doen moeite en vind uit watter prokureur `n spesialis is op hierdie gebied. Speel oop kaarte met hom.

Skuldeisers sal u dreig, probeer manipuleer, en soms ook onwettige metodes aanwend om hul geld te probeer terugkry. Ons het selfs al te kampe gehad met skuldeisers wat van sogenaamde “armbrekers” gebruik maak om hulle geld te probeer terugkry.

Wanneer u besef dat u situasie hopeloos is, moet niks teken nie. Indien hulle u goed wil kom vat, moet niks teken, enige beloftes maak of ooreenkomste aangaan nie. Sekere artikels van die Insolvensiewet verbied sekere regshandelinge indien u laste u bates oorskry. Handel net op advies van u prokureur.

 

Hoe werk die sekwestrasie proses?

Die Insolvensiewet skryf die sekwestrasieprosedure voor. Ek gaan dit nie behandel nie aangesien u prokureur dit sal ken. Daar is twee spesifieke aparte fases van die sekwestrasieproses:

  • In die eerste fase moet die hof oortuig word dat `n sekwestrasiebevel gepas sal wees,

en tweedens,

  • nadat die hof so beveel het, die proses waar die kurator sy werk doen.

 

Maak ‘n afspraak met ons.

Gedurende die konsultasie sal ons jou bystaan met die bepaling of jy inderdaad moet sekwestreer en of jy een van die ander opsies moet gebruik. Indien jy sou wou voortgaan met sekwestrasie moet daar ‘n aansoek by die Hooggeregshof gebring word. Daar is ‘n klomp formaliteite wat nagekom moet word en ons doen dit namens jou. Vanaf die datum wat jy besluit om te sekwestreer neem dit normaalweg omtrent sewe weke voordat die aansoek in die hof aangehoor word. Jy hoef nie in persoon te verskyn nie – ons verskyn namens jou. Gedurende die proses word jy beskerm teen uitwinning deur krediteure deur ‘n publikasie van jou voorneme om te sekwestreer in die Staatskoerant. Nadat die sekwestrasie bevel verleen is stel die Meester van die Hooggeregshof ‘n kurator aan wat beheer moet neem oor al jou bates en laste. Wanneer die kurator aangestel is word daar ‘n afspraak met die kurator gemaak en ons verteenwoordig jou by hierdie afspraak. Tydens die afspraak met die kurator onderhandel ons namens jou met die kurator oor sekere aspekte, soos byvoorbeeld die uitsluiting van jou meubels uit die insolvente boedel.

Kan ek “te arm wees om te sekwestreer”?

Ja, inderdaad. Daar moet ‘n “voordeel” vir skuldeisers wees voordat die hof ‘n sekwestrasie bevel sal gee.

Wat is ‘n “Voordeel vir skuldeisers” en hoe word dit bereken?

Indien ons sou poog om die konsep van voordeel vir skuldeisers behoorlik te verduidelik sal dit ‘n paar ure lesing wees. Ons gee hier net die kort weergawe. In terme van die Insolvensiewet moet dit “tot voordeel van skuldeisers” wees dat jy sekwestreer. Dit beteken dat jy aan die hof moet bewys dat jou skuldeisers, hoe langer hoe meer jy nie gesekwestreer is nie, benadeel word aangesien jou skuld net toeneem en jy nie die vermoë het om die skuld te bowe te kom nie. As insolvensiepraktisyns is ons effens gefrustreerd daarmee dat ons howe nie konsekwent is nie. Tradisioneel het regters verwag dat daar ‘n voordeel van 10 sent in die rand vir konkurrente skuldeisers moet wees. Dit beteken dat, indien jy ongeveer R800 000.00 skuld, daar R80 000.00 se onbeswaarde bates in jou boedel moet wees en moet daar hierbenewens ook nog kapitaal of bates in jou boedel wees wat die koste van die kurator, Meester ensovoorsts kan betaal. Gedurende Januarie 2010 het sy Edele Regter Bertelsman beslis dat daar voortaan ‘n dividend van 20 sent in die rand moet wees vir skuldeisers. Dit het dit nog moeiliker gemaak om ‘n aansoek om sekwestrasie te bring. Hierdie aspek is nogal ingewikkeld en dit is maar eenvoudig die beste om ‘n bekwame insolvensieprokureur te gaan sien.

Sal my aansoek om sekwestrasie slaag?

Ons hetreeds ongeveer 3,000 insolvensie sake hanteer. Tot sover was daar maar ongeveer tien van die sake wat nie suksesvol was nie. Ons kan nie en wil nie voorgee dat ons altyd suksesvol sal wees nie, maar ons kennis van ons vakgebied is sodanig dat ons, indien ons die saak aanvaar, ‘n baie goeie kans het om te slaag.

Waarom wag ek nie eenvoudig vir my skuldeisers om my te sekwestreer nie?

Skuldeisers is nie geneig om ‘n “vyandige” sekwestrasie aansoek te bring nie, omdat dit normaalweg goedkoper vir die skuldeiser is om jou deur eksekusie stappe deur die balju uit te win. Vyandige sekwestrasie aansoeke word gewoonlik teen skuldenaars gebring wat ‘n baie groot boedel het en waar daar vermoed word dat so ‘n skuldeiser bates weggesteek het. So ‘n skuldeiser sal dan waarskynlik ‘n insolvensieondervraging hou waar die skuldenaar ondervra word om vas te stel of hy goed weggesteek het. By so ‘n insolvensie ondervraging kan die insolvent se vrou, sy familie, sy ouditeur, werknemers ens voor die voorsittende kommissarisgedaag word. Hulle word dan verplig om alle inligting en dokumente wat relevant is tot die insolvente boedel aan die kommissaris te oorhandig.

Wat sê ek vir my skuldeisers?

Wanneer jy ons opdrag gegee het om jou sekwestrasie te doen moet jy die “famous” uitdrukking “speak to my lawyer” gebruik. Wanneer jy ons instruksies gegee het om namens jou op te tree moet jy nie meer self met skuldeisers handel of onderhandel nie. Dit is waarom ons betaal word. Daar is baie skuldeisers wat vir jou sal sê dat hulle nie met prokureurs praat nie. Indien ‘n skuldeiser so ‘n sinnelose opmerking maak kan jy hom maar meedeel dat as hy nie met jou prokureur wil praat nie, gaan hy met niemand praat nie. Dit is ‘n basiese reg onder die Suid-Afrikaanse reg dat elke persoon die reg het op regsverteenwoordiging en wanneer jy ‘n prokureur op rekord het, is jou opponent verplig om met die prokureur te kommunikeer. Die praktiese probleem is dat baie van die skuldeisers groot “call centres” het. Die mense wat daar sit en jou bel is onopgelei, onsimpatiek en somtyds sommer gewoon breinloos. Hulle sit agter ‘n rekenaarskerm en hy bel die volgende naam wat op die skerm verskyn. Hierdie mense sal jou dreig, pes en enige ander wettige of onwettige ding sê om jou te oortuig dat jy moet betaal. Sommige van hulle sê selfs aan skuldenaars dat hulle gearresteer sal word. Dit is louter bog!. Indien jy nie jou skuld kan hanteer nie, moenie geintimideer word nie, kry professionele hulp.

Kan “hulle” my salaris vat?

Daar is sekere artikels in die Insolvensiewet asook sekere hofbeslissings wat hierdie vraag aanspreek. Wanneer jy gesekwestreer is, mag geen skuldeiser meer jou salaris of enige deel van jou salaris vat nie. Dit is slegs die Meester van die Hooggeregshof wat ‘n diskresie het in terme van Artikel 23(5) van die Insolvensiewet, in terme waarvan hy mag beslag lê op ‘n deel van jou salaris indien hy meen dat jou salaris heeltemal te veel is. In die praktyk is dit beter om ‘n bankrekening te gaan oopmaak by ‘n bank waar jy nie skuld het nie, aangesien die skuldeiser, alhoewel hy nie jou salaris mag vat nie, dit sommer net doen en dan moet ons baklei om jou geld terug te kry, en dan gryp hulle dit maar net weer volgende maand. Ons het in duisende sake wat ons hanteer het, in elke geval daarin geslaag om die kurator te oortuig om nie beslag te lê op ‘n deel van ons kliënt se salaris nie.

Sal ek my meubels verloor?

In terme van die Insolvensiewetis daar sekere bates wat die kurator inderdaad moet vat. Daar is egter sekere bates waaroor die kurator ‘n diskresie het en sekere bates wat hy nie mag vat nie. Hou in gedagte dat gewone huishoudelike meublement ‘n geweldige lae kommersiële waarde het. In die slegste omstandighede sal die kurator opdrag gee dat jou meubels gewaardeer word en dan word daar aan jou geleentheid gegee om die meubels terug te koop van jou insolvente boedel, terwyl die meubels in jou besit bly. Die waarde van meublement word bepaal deur uit te vind wat die “geforseerde waarde” daarvan is. Daar is nog nooit ‘n kliënt van ons se meubels gevat nie.

Kan “hulle” my vakmansgereedskap (“tools of trade”) vat?

In terme van Artikel 82(6) van die Insolvensiewet mag die kurator nie jou vakmansgereedskap vat nie. Hou in gedagte dat wanneer ‘n bate onder finansiering is, dan het eienaarskap nog nie ten volle op jou gevestig nie en sulke bates val dan in die insolvente boedel.  As jy geen skuld het op jou vakmansgereedskap nie, mag niemand dit van jou neem nie. Ek het jare terug ‘n geval gehad waar ons kliënt ‘n sanger was. Deel van sy vakmansgereedskap was mikrofone, luidsprekers, klankversterkers ens waarvan die waarde substansieel was. Die kurator wou hierdie bates vat, maar het hy later opgegee omdat hy toegegee het dat hy dit nie mag vat nie.

Kan “hulle” my kinders se bates vat?

Nee. Jou kinders se bates behoort aan hom/haar. Wanneer ‘n babatjie gebore word en sy oupa kom kyk die eerste keer vir hom, en die trotse oupa gee vir sy kleinkind ‘n geskenk, dan vestig daardie geskenk in die kind se boedel en nie in die ouers se boedel nie. Die duiwel lê in die fyner besonderhede. Indien jou seun rugby, krieket of klavier speel is dit baie maklik om te bewys dat die klavier, krieketkolf en rugby bal aan jou seun behoort. Dit gaan natuurlik baie moeilik wees om te bewys dat die miljoen rand se BMW wat voor die huis geparkeer is aan jou seun wat in matriek is, behoort.

Wat gebeur met my versekeringspolisse?

Versekeringspolisse bestaan uit verskillende kategorieë. Daar is natuurlik in die eerste plek langtermyn-  en korttermynversekering. Korttermynversekering is die tipe polis wat jy uitneem om goedere te verseker (al noem jy jou man partykeer “my ding” val sy lewensversekering nie onder hierdie kategorie nie). Die ander kategorie is natuurlik langtermynversekering wat verwys na versekering wat ‘n persoonlike liggaam of lewe verseker. Onder langtermyn versekering is daar weer eens verskeie tipes versekering en vir insolvensiedoeleindes word daar hoofsaaklik onderskei tussen drie tipes langtermynpolisse. Die eerste tipe is polisse wat onder die pensioenwet val. Hierdie tipe polisse sluit in pensionfondse, annuïteite, voorsorgfondse, voorsieningsfondse en groepfondse. Die persoon wat onder hierdie tipe polisse verseker is, is inderdaad die versekerde maar nie volledig die eienaar daarvan nie. Die trustees van die onderskeie tipe fondse is in beheer van die geld en hulle kan die geld uitbetaal aan ‘n persoon soos wat hulle goeddink. Hierdie tipe polisse is beskerm teen jou insolvensie. Die tweede groep polisse is polisse wat uitbetaal weens persoonlike besering. Hierdie polisse is ook uitgesluit van jou insolvente boedel. Die derde tipe polis is die polisse wat nie onder die eerste twee kategorieë hierbo val nie. Dit is dus normale lewens- en uitkeerversekering. Met betrekking tot hierdie polisse bestaan daar ‘n hele aantal reëls wat in ag geneem moet word om te bepaal of die polis uitgesluit is van jou insolvente boedel of dalk ten dele uitgesluit is of in geheel in jou insolvente boedel val. Ons sal jou hieroor kan adviseer. Ons sal jou ook kan adviseer aangaande wat jou te doen staan om hierdie polisse te beskerm.

Wat bepaal die Wet aangaande lewens- en uitkeerpolisse?

Artikel 39 van die Versekeringswet: Versekeringspolisse op u eie lewe is beskerm teen insolvensie indien so `n polis drie jaar oud is. Indien die polis jonger is, is die poliswaarde (afkoopwaarde) beskerm tot en met die bedrag van R120,000.00.

Artikel 42 van die Versekeringswet: Indien die man die versekerde is en die polis is aan die vrou gesedeer voor die huwelik en die vrou word gesekwestreer, dan is die polis beskerm teen die vrou se insolvensie.

Artikel 44 van die Versekeringswet: Indien die man `n polis aan sy vrou gesedeer het, en die polis is korter as twee jaar voor sekwestrasie aan die vrou gesedeer, dan val die polis by sekwestrasie van die man terug in sy boedel. Die sessie moet ook ter goeder trou wees, met ander woorde die sessie moes byvoorbeeld nie gedoen gewees het om skuldeisers te bedrieg nie. Art 44, anders as 42, is van toepassing ongeag of die polis voor of na huweliksluiting ten gunste van die vrou uitgeneem is.

 

Word my selfoon kontrak gekanselleer indien ek gesekwestreer word?

Nee. Jou sekwestrasie kanselleer nie outomaties huurooreenkomste nie. Indien jy eenvoudig aanhou om die selfoon te betaal sal jy hom ook kan gebruik. Indien jy egter besluit om ontslae te raak van die selfoonkontrak, is sekwestrasie die geleentheid waar jy dit kan doen.

Moet ek steeds onderhoud aan myeks vrou / man betaal?

Ja – maakl nie saak hoe jy oor haar voel nie. Jou sekwestrasie het geen invloed op ‘n onderhoudsbevel nie. Jy kan natuurlik die onderhoudshof nader om jou onderhoud te verminder indien jy gesekwestreer is en jou finansiële posisie verswak het. Die slegte nuus is dat hulle nie u tiener kinders vat as u gesekwestreer is nie – hulle is nie ‘n bate in u boedel nie – slegs ‘n las.

Wat van parkeerkaartjies, televisielisensie, verkeersboetes en ander statutêre boetes?

Parkeerkaartjies, spoedkaartjies, televisielisensies en sekere ander statutêre skuld is uitgesluit van jou sekwestrasie. Jy moet dit steeds betaal. Die geluk by die ongeluk is dat die meeste mense na sekwestrasie ‘n stadiger kar ry wat die risiko van spoedkaartjies effe verminder.

Kan ek ‘n nuwe besigheid begin terwyl ek insolvent is?

Indien jy toestemming van jou kurator kry kan jy inderdaad ‘n nuwe besigheid begin nadat jy insolvent verklaar is. Dit is egter die kort antwoord. Ons spesialiseer daarin om mense wat gesekwestreer is by te staan om ‘n besigheid op te rig waar die inkomste en bates van die besigheid beskerm word teen jou sekwestrasie. Dit is ‘n redelik ingewikkelde proses en ons sal jou graag bystaan hiermee.

Kan “hulle” enige geld vat wat aan my uitbetaal word in terme van ‘n persoonlike besering of vir laster?

Nee. Dit is verbied in terme van Artikel 23(8) van die Insolvensiewet, ongeag of die rede vir die uitbetaling ontstaan het voor of na datum van jou sekwestrasie.

Kan “hulle” my vrou se juwele vat?

Dit is nie normale praktyk dat ‘n kurator persoonlike juwele vat nie. Indien die juwele egter baie duur is, kan dit ‘n probleem word. Ons sal jou hieroor kan adviseer.

Sal “hulle” my vuurwapens vat:

Voordat die wette met betrekking tot vuurwapens so streng geword het soos tans, was vuurwapens geag om ‘n bate van ‘n insolvente boedel te wees. Kurators vind dit ongelooflik moeilik om vuurwapens in ‘n insolvente boedel te verkoop en hierbenewens moet hulle nog aan ‘n omvattende stel reëls voldoen voordat hulle die vuurwapen in bewaring kan neem. Om hierdie redes het vuurwapens se waarde in insolvente boedels afgeneem tot omtrent niks. Die meeste kurators verkoop vuurwapens aan ‘n insolvente persoon terug teen R100.00 per vuurwapen, aangesien die kurator nie daarmee kan handel nie. Hierdie opmerking beteken nie dat u kurator defnitief u wapens vir R100 aan u sal terugverkoop nie.

Kan “hulle” my pensioen vat?

Nee. In terme van Artikel 23(7) van die Insolvensiewet word enige beslaglegging op pensioene, annuïteitsfondse en ander fondse wat onder die pensioenwet val, verbied. Fondse wat gespaar word vir aftrede en onder die pensioenwet geregistreer is, is berskerm. Die agtergrond tot hierdie wet is regsfilosofies (groot woord wat ons nie altyd verstaan nie) dat, indien u nie ‘n pensioen het nie moet die staat vir u sorg. Verder is u regtens nie die ware eienaar van u pensioenfonds nie. Die Trustees van die fonds oefen beheer uit daaroor.

Wie de moer is “hulle”?

In ons ervaring verwys ons kliënte na ‘n hele groep mense/instansies as “hulle”. Wanneer jy in ‘n ooreenkoms met die bank getree het, dan is die bank – “hulle”. Wanneer jy die vermoë verloor het om jou skuld te betaal, dan word jou skuldeiser daardie “hulle”. Wanneer jou skuldeiser die saak aan sy prokureur oorhandig het, dan word sy prokureur – “hulle”. Wanneer die balju beslag gelê het op jou goed dan word hy – “hulle”. Wanneer jy gesekwestreer word is daar net een – “hulle” in jou lewe, en dit is jou kurator. Geen ander persoon, krediteur, balju of prokureur het meer enige sê oor jou sake nie. Die kurator is in ‘n baie magtige posisie en hy moet altyd sy funksies uitoefen binne die riglyne van die Insolvensiereg.

Hoe lank sal ek in my huis aanbly indien my woning in die insolvente boedel val?

Vanaf die dag wat jy vir ons instruksie gee om jou sekwestrasie te hanteer kan jy verwag dat jy ongeveer vier maande of langer gratis in jou huis sal aanbly. Dit is nie omdat ons een of ander wonderwerk kan doen nie. Dit is eenvoudig omdat die sekwestrasie proses ongeveer 10 weke (of langer) neem voordat ons ‘n sekwestrasiebevel het. Daarna moet die Meester van die Hooggeregshof ‘n kurator aanstel wat nog ‘n maand of twee neem en daarna moet sekere formaliteite nagekom word voordat die kurator die mag het om met die eiendom te handel. Vroeër jare het kurators vir mense wat gesekwestreer is gevra om uit die huis te trek. Deesdae vra ‘n kurator dat jy asseblief tog net moet aanbly en die plek ‘n bietjie oppas en die water en ligte betaal, anders word die plek geplunder. Wanneer die kurator aangestel is moet die sogenaamde Eerste- en Tweede krediteursvergaderings eers gehou word voordat die kurator magte het om met die eiendom te handel. Dit neem nog twee maande wat normaalweg veroorsaak dat jy vier tot vyf maande gratis in die eiendom aanbly.

Normaalweg verkoop die kurator die boedelbates op `n veiling of op `n ander wyse waarvoor die skuldeisers toestemming of opdragte aan hom gee.

Dit kan gebeur dat u gouer as die verwagte 4 tot 5 maande moet trek.

Art 80(bis) bepaal dat, indien daar rede is om te glo dat enige goed uit die boedel sonder versuim verkoop moet word, kan die Meester toestemming aan die kurator gee om dit te doen.

Hoe lank sal ek nog met my kar kan ry indien ek gesekwestreer word?

Wanneer ons die publikasie in die Staatskoerant geplaas het dat jy van voorneme is om te sekwestreer, staak alle uitwinningstappe teen jou. Wanneer jy gesekwestreer is en die kurator aangestel is, sal die banke normaalweg onmiddellik hulle motor wil terughê. Die kort antwoord is dat jy jou motor sal hou totdat jy gesekwestreer is. Hierdie is egter die kort antwoord. Dit gebeur soms dat daar ander onvoorsiene goed gebeur wat ons nie hier wil bespreek nie, aangesien ons nie jou skuldeisers slimmer wil maak as wat hulle huidig is nie. Ons sal jou hieroor adviseer.

 

Mag ek ‘n bankrekening oopmaak na my sekwestrasie?

Ja inderdaad. Banke sal jou nie toelaat om ‘n tjekrekening of kredietkaart te open nie, maar hulle sal jou sekerlik toelaat om ‘n spaarrekening te open. In die praktyk is dit nie ‘n probleem nie want deesdae het feitlik alle spaarrekeninge beide ‘n bankkaartjie en ook internetfasiliteite. Die gebruik van tjeks het redelik in onbruik verval. ‘n Praktiese wenk is dat jy ‘n rekening moet oopmaak by ‘n bank aan wie jy geen geld skuld nie. Die probleem is dat, indien jy ‘n spaarrekening open by ‘n bank waar jy reeds ander geld skuld en jy kan nie betaal nie of jy word gesekwestreer, dan gryp die bank sommer net eenvoudig enige geld in enige rekening wat jy by daardie bank het.

Moet ek aanhou om my skulde te betaal nadat ek my prokureur opdrag gegee het om my sekwestrasie te doen?

Nee. Indien jy aanhou om sekere krediteure te betaal, bevoordeel jy sekere skuldeisers bo ander skuldeisers. Dit is ontoelaabaar in die Suid-Afrikaanse reg.

Wat is die mees praktiese probleme na sekwestrasie?

Wanneer jy gesekwestreer is as gevolg daarvan dat jou besigheid gevou het, moet jy in die eerste plek ‘n nuwe bron van inkomste verseker. ‘n Tweede probleem is dat, indien jy in jou eie huis gebly het, die huis verkoop gaan word en jy akkomodasie moet vind. Die laaste maar nie die kleinste van hierdie probleme nie is die kwessie van vervoer. Ons het baie mense se sekwestrasies oor baie jare gedoen en elke persoon kom maar reg op ‘n manier. Baie mense vra maar ‘n vriend of familielid om ‘n kar te koop en dan betaal hulle self die kar af. U moet in ag neem dat dit ‘n onwettige ooreenkoms is om ‘n kar te koop wat nog steeds onder finansiering is. So ‘n ooreenkoms is nie afdwingbaar nie, want die persoon wat die voertuig aan jou verkoop het, kon nie eiendomsreg aan jou oordra nie. Indien jy met so ‘n persoon ‘n huurooreenkoms wil sluit, moet die bank ‘n party wees tot daardie ooreenkoms. Ons sal jou in elk geval hieroor adviseer. Ons kan u reed gee oor dit wat die reg toelaat. Aangaande dit wat die reg nie toelaat nie kan ons maar slegs u filosofië aanhoor. Ons mag u nie adviseer om oneerlik te wees nie – slegs wat u regte is binne die raamwerk van ons reg.

Kan ek al my bates in trust sit voordat ek sekwestreer?

Hierdie is ‘n kort vraag met ‘n baie lang antwoord. Ons sal jou in hierdie verband adviseer. Asseblieftog! – as u êrens (dalk in die haarsalon) gehoor het van ‘n magiese 6 maande wat moet verloop nadat u iets in u trust of op u vrou se naam gesit het … “dan is alles veilig!” – dit is snert. Ons kan u behoorlik adviseer hieroor. Dit is amper soos die ou wat die “Ama Dof-Dof” toekenning gekry het omdat sy vrou hom meegedeel dat sy swanger is. Hy was baie bly daaroor aangesien hy amper moed verloor oor haar swangerskap nadat hy 18 maande in die tronk was.

Kan my werkgewer my afdank omdat ek gesekwestreer is?

Wanneer jy gesekwestreer is is daar sekere posisies wat jy nie mag beklee nie, soos byvoorbeeld: Jy mag nie die direkteur wees van ‘n maatskappy nie, jy mag nie die besturende lid van ‘n beslote korporasie wees nie, jy mag nie ‘n aktuaris wees nie ens. Met betrekking tot jou werknemer – werkgewer verhouding kan jy slegs afgedank word indien dit spesifiek in jou aanstelling ooreengekom is dat jy nie insolvent mag wees terwyl jy in diens is van jou werkgewer nie. Ons het met ‘n aangeleentheid gehandel waar een van die divisie hoofde van een van die groot bankinstellings gesekwestreer is. Die bank wou hierdie persoon afdank, maar aangesien dit nie ‘n voorwaarde in die diensooreenkoms was nie, kon die bank nie die persoon afdank nie en ons het in hierdie verband suksesvol met die bank onderhandel namens ons kliënt.

Iemand “van die bank” het my gebel en hy wil my kar kom haal omdat die paaiemente agterstallig is. Moet ek my motor oorhandig?

Al die banke, in plaas daarvan om gebruik te maak van die behoorlike regsproses, maak gebruik van invorderingsagente wat somtyds mense intimideer en hulle voertuie en bates gaan afvat terwyl daar nie ‘n behoorlike hofbevel in plek is nie. Hierdie mense werk vir ‘n kommissie en hulle sal allerande dreigemente maak soos byvoorbeeld dat “jy in onwettige besit van die voertuig is aangesien die paaiemente agterstallig is en dat hulle jou gaan arresteer”. Hierdie tipe opmerking is uiterse snert. Selfs al is jou motor paaiemente agter is jy steeds in regmatige besit van die voertuig en daardie besluit kan net ontneem word deur ‘n bevel van die hof. Die enigste persoon wat wettiglik iets by jou mag kom haal is ‘n balju met ‘n wettige hofbevel in sy hand. My advies is kry goeie regsadvies indien iemand jou voertuig wil kom haal.

Sal ek weer ‘n voertuig in die hande kry?

Indien jou motor voertuig onder ‘n huurkoopooreenkoms of ‘n afbetalings-verkoopsooreenkoms gefinansier is, vestig die voertuig in jou insolvente boedel en moet die kurator met daardie bate handel. Jy sal definitief daardie motor verloor tensy iemand hom by jou koop vir die hoogste van die uitstaande waarde of die aflos bedrag by die bank voor datum van sekwestrasie. Na sekwestrasie kan iemand ook natuurlik probeer om die voertuig namens jou op die insolvensie veiling te gaan koop, maar in die praktyk is dit moeilik om die voertuig in die sisteem te volg. Wanneer die voertuig egter op ‘n bruikhuurooreenkoms of ‘n huurooreenkoms gekoop is vestig die eiendomsreg van die voertuig nie in jou insolvente boedel nie en die skuldeiser het die reg om jou toe te laat om aan te hou om die voertuig te betaal terwyl jy besit behou. In die geval van ‘n huurooreenkoms word jy nie die eienaar van die voertuig nie en mag die skuldeiser om daardie rede jou toelaat om aan te hou om die voertuig te betaal. In die praktyk maak die meeste van ons kliënte maar ‘n plan deurdat die ouers, kinders of iemand anders ‘n voertuig vir hulle koop. Baie mense, nadat hulle gesekwestreer is, of aangesien hulle gelys is op die kredietburos, gaan in ooreenkomste met derde partye waar hulle ‘n voertuig koop wat op ‘n derde party se naam geregistreer en gefinansier is. Sulke ooreenkomste het nie regsbinding nie want die verkoper van die voertuig is nie die eienaar nie en hy nie iets kan verkoop wat nie aan hom behoort nie. Indien jy ‘n voertuig in jou insolvente boedel het wat afbetaal is, sal ons, vir sover ons kan met die kurator onderhandel om jou toe te laat om die voertuig vanaf die boedel teen ‘n afbetaling oor ‘n kort periode te koop. As jy nie op hierdie manier ‘n voertuig in die hande kan kry nie, is die enigste antwoord – maak ‘n plan!

Sal ek weer ‘n huis kan huur nadat ek gesekwestreer is?

Daar is derduisende mense wat huidiglik gesekwestreer is. Almal van hulle woon iewers. In ons ervaring is dit nie moeilik om ‘n huureiendom in die hande te kry nie. Speel oop kaarte met die verhuurder.

 

Word ek toegelaat om ‘n kontrak te sluit nadat ek gesekwestreer is?

Die algemene reël is dat jy geregtig is om ‘n kontrak te sluit wat nie verband hou met of nadeel kan inhou vir jou insolvente boedel nie. Jy is byvoorbeeld gemagtig om ‘n selfoonkontrak, voorhuwelikse kontrak ens te sluit. Wanneer jy egter ‘n kredietooreenkoms sluit, moet jy openbaar dat jy insolvent is. Indien die ander party dan bewus is daarvan dat jy insolvent is, en bereid is om met jou te kontrakteer, is die gevolg van die kontrak dieselfde asof jy nie gesekwestreer is nie. Indien jy egter ‘n kontrak sluit in terme waarvan jy krediet opneem, en jy leen meer as R100.00 kan die skuldeiser jou strafregtelik aankla.

My seun se motorvoertuig is op my naam; wat sal met die voertuig gebeur na sekwestrasie?

Indien jy gesekwestreer is en die finansieringsooreenkoms is op jou naam, sal die voertuig deel vorm van jou eie insolvente boedel.

Hoe bewys ek dat sekere bates nie aan my behoort nie?

In die Suid-Afrikaanse reg word eiendomsreg in die meeste gevalle deur feite bepaal. Daar is sekere uitsonderings, soos byvoorbeeld onroerende eiendom. Indien ‘n onroerende eiendom op jou naam geregistreer is word dit regtens geag dat jy die eienaar is. By bates soos motorvoertuie is registrasie nie noodwendig gelykstaande aan eiendomsreg nie. Indien iemand byvoorbeeld wil bewys dat hy die eienaar van ‘n voertuig is, moet daar met ‘n oorwig van waarskynlikheid bewys word wie die eienaar is. Hierdie toets word geantwoord deur ‘n klomp vrae oor die voertuig te antwoord, soos byvoorbeeld:

  • Wie betaal vir die voertuig?;
  • Wie betaal die versekering op die voertuig?;
  • Wie gebruik die voertuig daagliks?;
  • Wie is verantwoordelik vir die herstel van die voertuig?;
  • Wie geniet die voordeel van wins of verlies van die voertuig?

Onthou egter die beginsel dat, indien die bate nog onder ‘n finansieringsooreenkoms is, dan kan u nie eiendomsreg oordra nie, want u het in die eerste plek nie volle eiendomsreg wat oorgedra kan word nie. Verder sal die ooreenkoms met die bank dit verbied.

Wat gebeur met die fotokopieerder, skootrekenaar en televisie wat ek onder ‘n huurooreenkoms gebruik?

Indien jy ‘n bate onder ‘n huurooreenkoms het, vestig eienaarskap van die bates in die persoon vanaf wie jy dit huur. Jy kan ten tye van die sekwestrasie kies om die huurooreenkoms te eindig en die bate terug te handig. Wanneer jy egter wil voortgaan met die huurooreenkoms sal jou kurator moet toestemming gee. Jy sal dan natuurlik ook die maandelikse huur moet aanhou betaal. Uiteraard het die verhuurder by jou sekwestrasie die reg om die huur te beëindig.

Kan ek gesekwestreer word terwyl ek onder skuldberading is?

Ja. Die enigste vereiste is dat die skuldberadingsbevel tersyde gestel moet wees voordat die Hooggeregshof ‘n sekwestrasiebevel maak. Ons reël normaalweg hierdie tersydestelling vir ons kliënte.

Moet ek my skulde terugbetaal voordat ek kan aansoek doen vir rehabilitasie?

Wanneer jy gesekwestreer is, beteken dit in leke taal dat jou skuld afgeskryf is. In regstaal is jou skuld nie afgeskryf nie. Die skuld gaan oor na ’n kurator wat jou bates moet verkoop en die opbrengs van die bates aan jou skuldeisers uitbetaal op ’n sekere wyse wat deur die Insolvensiewet voorgeskryf is. Wanneer jy wil aansoek doen om rehabilitasie, hoef jy nie jou ou skuld terug te betaal nie. Dit gebeur dikwels dat, wanneer ’n persoon wil rehabiliteer na sekwestrasie, hy ’n kontribusie tot sy boedel moet betaal. Hierdie kontribusie is nie ou skuld wat betaal moet word nie. Sien die vraag oor “kontribusie[1]” wat baie duidelik uiteensit wat kontribusie beteken.

Wat gebeur as ek, nadat ek gesekwesteer is steeds ‘n skuldeiser betaal het?

Indien jy enige skuldeiser betaal nadat jy gesekwestreer is, is die betaling ongeldig, tensy jy nie geweet het dat jy gesekwestreer is nie

Wat van ‘n “vriendelike egskeiding” voordat ek sekwestreer?

Baie van ons – veral die ouer garde het geglo dat dit “verkeerd” is om buite gemeenskap van goedere te trou. Die ou mense het geglo dat jy van plan was om jou eggenote te “bedonner” as jy buite gemeenskap van goedere trou. Op ‘n romantiese vlak klink dit ook vreeslik oulik om te dink aan “ons” skoentjies wat saam in die maanlig glinster terwyl “ons” romanties verkeer op die tuinbankie terwyl die somerbriesie oor ons kaal voete waai.

Die praktyk is egter baie minder romanties.

Wanneer jy binne gemeenskap van goedere getroud is, trou jy en jou vrou ook met mekaar se moeilikheid. ‘n “Vriendelike egskeiding” sal jou nerêns heen neem nie, want die skuldeiser se eis vestig teen die gemeenskaplike boedel van jouself en jou eggenoot. Indien jy buite gemeenskap van goedere getroud is sal ‘n “vriendelike egskeiding” jou ook nerêns heen neem nie, want indien jou eggenoot of eggenote borg geteken het vir jou skuld, steun die skuldeiser op die borgstelling en nie op die feit dat jy geskie is nie. Daar was oor die jare ‘n paar buitengewone gevalle waar ons ons kliënte aanbeveel het om, eerder as om te skei, ‘n aansoek te bring in terme waarvan die huweliksgoedere bedeling verander word van “binne gemeenskap van goedere” na “buite gemeenskap van goedere” voor sekwestrasie.

 

Wat is die uitwerking indien ek buite gemeenskap van goedere getroud is met die aanwasbedeling?

Wanneer jy buite gemeenskap van goedere getroud is, is dit irrelevant of jy getroud is “met die aanwasbedeling” of “sonder die aanwasbedeling”. Dit is eers by ontbinding van die huwelik wanneer die boedels van die voormalige egpaar ‘n eis teen ‘n wedersydse eis het. ‘n Huwelik kan net ontbind word wanneer een van die huweliksmaats te sterwe kom of by egskeiding. Dit is natuurlik ‘n probleem wanneer ‘n mens buite gemeenskap van goedere getroud is, dan sekwestreer en nadat jy gesekwestreer is ontbind die huwelik. In so ‘n geval het die kurator ‘n aanspraak teen die solvente eggenoot se boedel vir die aanwas gedeelte.

Solank die ou blikskottel nog lewe is jy veilig.

Kan krediteure my bates vat terwyl ek besig is met die sekwestrasie proses?

Daar bestaan drie verskillende maniere waarop ‘n mens gesekwestreer kan word. Hierdie drie prosedures word onder die “FAQ’s” behandel. (Afrikaans “VAV” – “Vreeslike Angstige Vrae”. Die regte prosedure om te volg wanneer jy self finansieel in die moelikheid is, is die sogenaamde boedeloorgawe prosedure. In die volksmond staan hierdie proses bekend as ‘n “vrywillige sekwestrasie”. Die ou mense het die gesegde gehad: “Ek gee boedel oor..”. Hierdie is ‘n proses waar jy self die hof nader en vir die hof sê dat jy in die moelikheid is en dat jy hulp nodig het. Wanneer die aansoek om vrywillige sekwestrasie gebring word, moet jou voorneme om vrywillig te sekwestreer in die Staatskoerant gepubliseer word en ook in ander media. Wanneer jou voorneme om te sekwestreer in die Staatskoerant gepubliseer is, is geen skuldeiser geregtig daarop om jou bates waarop beslag gelê is, te verkoop nie, selfs al het die balju reeds beslag gelê op jou bates.

Watter drie prosesse word in die Suid-Afrikaanse reg gebruik om iemand te sekwestreer?

In die eerste plek is daar die sogenaamde boedeloorgawe prosedure. Hierdie prosedure is meer bekend as ‘n vrywillige sekwestrasie. In terme van hierdie prosedure nader die Applikant self die hof. My advies is dat hierdie die aangewese manier is om te sekwestreer. ‘n Tweede wyse van sekwestrasie is ‘n sogenaamde “vriendskaplike sekwestrasie”. Hierdie is ‘n proses waar ‘n vriend of familielid ‘n aansoek om sekwestrasie teen jou bring. Dit is ook duidelik uit die hofstukke dat dit nie ‘n vyandige proses is nie. Hierdie prosedure is al telke male in ons howe veroordeel as die verkeerde prosedure aangesien mense wat wil sekwestreer hierdie proses gebruik om sekere inligting te verdoesel. Die derde proses is ‘n sogenaamde “gedwonge sekwestrasie”. ‘n Gedwonge of vyandige sekwestrasie is waar een of meer van jou krediteure by die hof aansoek doen om jou sekwestrasie. Dit is ook duidelik in die hofstukke dat dit ‘n vyandige sekwestrasie aansoek is, want daar word baie maal bewerings gemaak dat jy oneerlik is en dat jy poog om betaling aan jou krediteure te ontwyk of dat jy jou bates wegsteek.

Wanneer mag ‘n skuldeiser aansoek doen vir my Gedwonge Sekewestrasie?

Artikel 8 van die Insolvensiewet bepaal dat indien u een van die onderstaande handelinge verrig, iemand anders kan aansoek doen vir u sekwestrasie:

art 8(a) – “Afwesigheid uit die RSA of van u woning met die bedoeling om skuldbetaling te ontduik”.

art 8(b) – Nie voldoening van vonnis: Dus `n “nulle bona relaas”. Dit beteken dat u geen goed het waarop die balju kan beslag lê in uitvoering van `n vonnis nie.

art 8(c) – “Vervreemding van goed op so `n wyse dat skuldeisers benadeel word”. Die uitwerking van die vervreemding moet wees dat hulle benadeel word. Indien u in die moeilikheid is en u verkoop goed teen minder as die markwaarde daarvan dan vind benadeling wel plaas – ook waar een skuldeiser bo ander bevoordeel word.

art 8(d) – “Verwydering van goed met bedoeling om skuldeisers te benadeel”. Die skuldenaar se bedoeling is belangrik – soos heimlike verwydering, of verwydering na buiteland.

art 8(e) – “Aangaan van ooreenkoms met enige skuldeisers, of voorstel aan hulle dat hulle u skuld geheel of gedeeltelik kwytskeld”. Dit is egter nie `n daad van insolvensie indien u nie wil betaal nie, omdat u die skuld in geheel of gedeeltelik ontken. Dit is ook nie `n daad van insolvensie nie, waar u `n gedeelte van die skuld onmiddellik betaal en uitstel vra vir die res.

art 8(f) – Tensy daar behoorlik voortgegaan word met `n hofaansoek om te sekwestreer, na kennisgewing van voorneme van boedeloorgawe, of die kennisgewing behoorlik teruggetrek word, is dit `n daad van insolvensie”.

art 8(g) – “Kennisgewing aan iemand dat u nie u skuld kan betaal nie”. Die kennisgewing moet lui dat u nie in staat is daartoe nie – en nie dat u onwillig is nie. In Union Bank of SA v Fainman sê die hof dat die kennisgewing skriftelik moet wees, en word vertolk volgens die betekenis wat die handelslui daaraan sou heg.

art 8(h) – Kennisgewing deur handelaar i.g. Art 34(1) van die oordrag van sy besigheid, en sy daaropvolgende onvermoë om sy skuld te kan betaal. (Sien Art 34 hierin later)

 

Wat is die uitwerking daarvan indien my prokureurs ‘n publikasie in die Staatskoerant plaas waarin ek my voorneme bekend maak om my boedel oor te gee?

Wanneer jou prokureurs jou voorneme om te sekwestreer in die Staatskoerant publiseer het dit feitelik die uitwerking van ‘n voorlopige sekwestrasiebevel. Die rede waarom die wetgewer die wet so geskryf het, is om te keer dat jou skuldeisers al die bates vat gedurende die sekwestrasie proses en wanneer jy dan uiteindelik gesekwestreer is, is daar niks meer in jou boedel oor vir ander krediteure nie. In die praktyk sal opponent-prokureurs, wanneer ons jou voorneme om te sekwestreer in die Staatskoerant publiseer verdere regstappe teen jou terughou ten einde ons die geleentheid te gee om die aansoek om sekwestrasie te bring.

 

V: Wat is die uitwerking op my as ‘n vennootskap waarin ek ‘n vennoot is gesekwestreer word?

Artikel 13As `n vennootskapsboedel gesekwestreer word, word ook die boedel van elke vennoot gesekwestreer. Indien een van die vennote onderneem om die vennootskapskulde te betaal, en sekuriteit stel – word hy nie gesekwestreer nie.

 

Wat is die uitwerking van die sekwestrasiebevel op my goed?

Artikel 20 – Uitwerking van sekwestrasie op die insolvent se goed

1(a) dit hou op om aan jou te behoort, gaan oor op Meester en as die kurator aangestel word, dan gaan dit oor op hom.

1(b) Siviele geding teen jou staak tot kurator aangestel is – dan moet, wie ookal verder wil gaan met sy saak, teen die kurator aangaan.

1(c) Uitwinning (m.a.w. jou goed vat en verkoop) teen eiendom staak sodra die balju te hore kom van die sekwestrasie. Die hof kan egter beveel dat voortgegaan word met die verkoping van ‘n insolvent se goed, en die opbrengs gaan dan na die kurator.

2(b) Jou goed bestaan uit alles wat jy besit op datum van sekwestrasie, asook dit wat jy daarna verkry, totdat `n akkoord aangegaan word, of jy gerehabiliteer word.

 

Wat is die rol van my Kurator in my lewe nadat ek gesekwestreer is?

U is nou gesekwestreer, en u kry `n nuwe familielid by – die kurator.

Die kurator is nie geïnteresseerd om betrokke te wees in jou lewe nie. Hy het ‘n werk om te doen en dat die taak is om die bates wat in jou insolvente boedel val, te realiseer waarna’ n dividend onder die krediteure versprei word. Voordat die dividend verdeel kan word onder die krediteure, moet die Meester van die Hoë Hof die verdeling goedkeur.

Wat is my verhouding met my Kurator nadat ek gesekwestreer is?

Ons raad is dat jy moet jou Kurator (“Big Brother”) jou volle samewerking gee. Die kurator is in ‘n posisie van vertroue ten opsigte van sy verhouding met die Meester van die Hooggeregshof en hy is ook in’ n fidusiêre posisie ten opsigte van die skuldeisers. As jy jou volle samewerking gee aan die kurator, daar is geen rede vir die kurator om jou teenstander te word nie. Ons advies is dat u altyd oop kaarte met die kurator moet speel, en met hom moet saamwerk. Die meeste kurators sal u waar moontlik help indien u sy werk vergemaklik. Die kurator sal, totdat jy gerehabiliteer word, `n belangrike rol in jou lewe speel. ‘n Insolvent raak beperk handelingsonbevoeg en moet sy kurator se toestemming kry vir sekere regshandelinge.

Wat is die uitwerking van my sekwestrasie op my eggenoot?

In terme van Artikel 21 van die Insolvensiewet val jou solvente eggenoot se bates ook onder beheer van ju kurator. Die kurator mag nie die bates vermeng nie. Jou solvente eggenoot se bates word beskou as ‘n aparte kategorie bates en die trustee moet hierdie bates teruggee aan die eggenoot wat nie gesekwestreer is nie as hy/sy (in hoofsaak) bewys dat hierdie bates nie verkry is met kapitaal of inkomste wat afkomstig is van jou nie. Die reëls is egter nie heeltemal eenvoudig nie – sien die verdere bespreking hieronder, In die praktyk gebeur dit dat, by die eerste konsultasie met die kurator, en nadat die kurator behoorlik ingelig is oor die wyse van verkryging van hierdie bates deur jou eggenoot, hy die bates direk vrystel. Indien die trustee nie jou gade se bates vrystel nie, moet ‘n hof aansoek gebring word vir die vrystelling van die bates. Die vrystelling van die solvente eggenoot se bates is byna nooit omstrede nie.

Artikel 21 van die Insolvensiewet hanteer hierdie aspek:

  1. Alle goed (waar man en vrou nie geskei leef kragtens `n egskeidingsbevel nie), gaan oor op die kurator. M.a.w. alles wat aan beide man en vrou behoort, al is een van hulle nie gesekwestreer nie.
  2. Die Kurator moet dan aan die solvente eggenoot vrystel, alles waarvan bewys kan word dat;
  3. a) dit die solvente eggenoot s`n was voor of op 1 Oktober 1926;
  4. b) die solvente eggenoot dit verkry het kragtens `n huweliksvoorwaardekontrak;
  5. c) dit verkry is kragtens titel wat regsgeldig is teenoor die skuldeisers van die Insolvent.

In terme van die Huweliksgoederewet kan man en vrou onbeperkte skenkings aan mekaar maak – indien so `n skenking egter voldoen aan die vereistes van artikel 26 van die Insolvensiewet kan dit moontlik as vervreemding sonder teenwaarde (Art 26) tot niet gemaak word.

In die hofsaak Snyman v Rheeder sê die hof die skenking moet bona fide gewees het om regsgeldige titel te wees. Gesimuleerde skenkings is waar daar voorgegee word dat `n skenking gedoen is, en is nie geldig ingevolge Art 22 van die Wet op Huweliksgoedere nie.

  1. d) Sekere polisse word beskerm ingevolge die Versekeringswet van 1923, asook dit wat verkry is met voorgemelde geld, of inkomste daaruit.

Die solvente eggenoot kan by die hof aansoek doen om vrygawe van haar goed as die kurator weier.

 

Ek het van een of twee krediteure vergeet en ek het hulle nie in my Aansoek om Sekwestrasie genoem nie. Sal ek aanspreeklik gehou word om hulle te betaal?

In terme van Artikel 4 van die Insolvensie Wet moet jy al jou bekende skuldeisers aan die hof openbaar. Dit is nie ‘n wesenlike probleem indien jy ‘n klein skuldeiser vergeet het nie en dit ‘n bona fide fout is nie. Dit sal egter ‘n probleem wees as jy ‘n skuldeiser aan wie jy argumentsonthalwe ‘n miljoen rand skuld “vergeet”. Indien so ‘n skuldeiser uitvind dat jy van hom vergeet het, mag hy die hof nader om ‘n bevel in terme waarvan jou sekwestrasie tersyde gestel word. Jyself mag dalk nodig hê om die hof te nader en ‘n bevel te vra dat jy oorgesien word vir jou fout.

Mag ek ‘n kredietkaart of tjekrekening gebruik nadat ek gesekwestreer is?

Ja. Baie mense (selfs likwidateurs, kurators en prokureurs) glo dat jy nie ‘n kredietkaart of ‘n tjekrekening mag gebruik terwyl jy onder sekwestrasie is nie. Dit is inderdaad nie waar nie. Indien jy ‘n tjekrekening of kredietkaart het of bekom na sekwestrasie is die vereiste dat jy nie in debiet mag gaan nie. Jy mag dit steeds gebruik vir soverre jy slegs jou eie geld gebruik. Indien jy jou kredietkaart of tjekrekening gebruik nadat jy gesekwestreer is, moet jy altyd sorg dat die balans in die groen is.

Sal die bank my toelaat om ‘n kredietkaart of tjekrekening te open terwyl ek onder sekwestrasie is?

Bitter onwaarskynlik! Dit is eintlik meer waarskynlik die hemel sal val en almal op aarde daarna blou hare sal hê.

 

Ek het vir baie jare by dieselfde bank gebank, en ek het altyd ‘n goeie kredietrekord gehad. Sal my bank my bystaan?

Mag ek aanhou om ‘n skuldeiser te betaal nadat ek gesekwestreer is?

Nee. Jy mag nie een skuldeiser bo ‘n ander bevoordeel (betaal) nadat jy besluit het om te sekwestreer nie. In die praktyk gaan die insolvensiereg terug na ‘n periode van ses maande voor sekwestrasie om hierdie vraag te antwoord. Pasop – hierdie is ‘n enkele opmerking – die kwessie van bevoordeling van een skuldeiser bo ‘n ander voor sekwestrasie word hierin later baie meer volledig bespreek.

Moet ek aanhou om my munisipale heffings te betaal nadat ek my prokureur opdrag gegee het om my te sekwestreer?

Nee – nadat jy die besluit geneem het om te sekwestreer mag jy nie een skuldeiser bo ‘n ander bevoordeel nie.

Moet ek aanhou om my water en ligte te betaal nadat ek my prokureur opdrag gegee het om my te sekwestreer?

Dit is raadsaam om aan te hou om die water en ligte rekening te betaal, tensy jy van kerslig en kouer water hou.

Ek het ‘n dagvaarding ontvang om in die Hof te verskyn. Moet ek steeds in die Hof verskyn nadat my prokureur opdrag ontvang het om my te sekwestreer?

Ja. Slegs die landdros kan jou verskoon daarvan om in die hof te verskyn. In die praktyk egter laat sekere Landdroste toe dat die partye se prokureurs onderling ooreenkom dat ‘n skuldenaar nie verskyn nie. Sekere Landroste laat dit glad nie toe dat die partye se prokureurs onderling ooreenkom dat ‘n skuldenaar nie verskyn nie en hulle trek hul kuite styf op as ‘n skuldenaar nie verskyn nie, en dan reik hulle ‘n lasbrief vir inhegtenisname uit. Ons advies is dat u eerder maar moet verskyn.

Wat is die posisie ten opsigte van bates of skuld wat ek in ander lande as Suid-Afrika besit?

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het op 15 ste Desember 1997 ‘n resolusie, wat ook gesteun is deur Suid-Afrika, aangeneem, waarna die Suid-Afrikaanse Parlement die resolusie opgeneem het in die “Crossborder Insolvency Act” (No 42 van 2000). Die kern van hierdie Oorgrens Insolvensie wetgewing is dat, as jy skuld in ‘n land buite Suid Afrika het, jy die oorsese krediteure in kennis moet te stel indien jy aansoek doen vir die sekwestrasie. Hulle het dan het dieselfde regte om te eis teen jou boedel as die Suid-Afrikaanse skuldeisers. Bates wat jy in ‘n ander land hou, vorm deel van jou insolvente boedel en jou kurator / likwidateur kan aansoek doen by die bevoegde hof in die daardie land dat jou sekwestrasiebevel uitgebrei word na die betrokke land. Dit geld ook vir maatskappye.

Wat is die uitsluitings in die Internasionale Insolvensie Verdrag, ten opsigte van ander lande as Suid-Afrika?

In sekere lande, byvoorbeeld die Verenigde Arabiese Emirate, word die nie-betaling van jou skuld geag om ‘n kriminele oortreding te wees en jy kan tronk toe gestuur word as jy in daardie lande nie jou skuld betaal nie. Ons het al baie van hierdie sake hanteer. Ons kan u behoorlike advies gee in hierdie verband.

Wat is my regte en verpligtinge gedurende die sekwestrasie?

Jy is in wese verplig om die volgende te doen of nie te doen nie:

  • Woon ‘n ontmoeting (wat ons sal reël) met jou kurator by. Ons sal teenwoordig wees by hierdie vergadering om jou te help – ons weet nie van enige ander prokureursfirma wat hul kliënte verteenwoordig wanneer hulle met die kurator vergader nie.
  • Woon die twee vergaderings van skuldeisers wat óf by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof of by jou plaaslike landdroshof gehou word by. Hou in gedagte dat die krediteure-vergaderings eenvoudig vergaderings is. Die doel daarvan is om te bepaal wie die skuldeisers is, hoe groot hul eise is en of hulle eise teen jou boedel gaan bewys. Dit beteken nie dat jy iemand jou noodwendig “vyandig” sal ondervra nie. Indien ‘n ondervraging gebeur, sal jy die geleentheid gegun word om regsverteenwoordiging te kry. Dit gebeur baie selde. Een van die redes waarom jy die vergaderings moet bywoon is, omdat jy eerstehandse kennis het van die bedrae wat aan krediteure verskuldig is, en jy kan die kurator help om vals eise teen jou insolvente boedel te identifiseer.
  • Gedurende jou sekwestrasie moet jy jou Kurator op hoogte hou van jou werk-, pos-, woonadres asook van jou kontakbesonderhede.
  • Jy moet gewoonlik vir ‘n tydperk van 6 tot 12 maande ‘n maandelikse inkomste- en uitgawestaat byhou en maandeliks aan jou kurator stuur. Sommige Kurators vereis dat jy jou inkomste en uitgawestate aan hulle vir ‘n langer periode stuur.
  • Maak seker dat jou prokureur ‘n spesialis is in insolvensiereg. Insolvensiereg is gespesialiseerde terrein van die reg. ‘n Interessante feit is dat die Insolvensiereg in baie gevalle drasties verskil van “normale” reg. ‘n Voorbeeld hiervan is dat indien jy in normale litigasie betrokke is, ‘n skikkingvoorstel aan die teenkant nie teen jou gebruik word mag word in dieselfde saak nie. Die teendeel gebeur in die geval in die Insolvensiereg. As jy ‘n skikkingsvoorstel maak kan dit teen jou gebruik word in ‘n insolvensie-saak.
  • Die feit dat die insolvent `n kontrak aangaan, maak nie afbreuk aan die geldigheid van die kontrak nie, mits hy nie voorgee om goed van sy insolvente boedel te vervreem nie. Hy moet egter die kurator se toestemming verkry indien dit sy boedel kan benadeel.
  • Die insolvent mag enige professie of beroep beoefen, behalwe die van handelaar of fabrikant. (In die praktyk gee die kurator feitlik sonder uitsondering toestemming as die insolvent enige besigheid wil bedryf). Met die kurator se toestemming kan hy dus enige besigheid bedryf.
  • U moet uitvoerig boekhou van bates uit welke bron ookal u dit ontvang.
  • Indien u `n surplus het van inkomste bo uitgawes is die kurator geregtig daarop. Die reg hieraangaande is ingewikkeld en ons sal u daaroor kan adviseer.
  • U kan in eie naam aanspreek /aangespreek word insake enige saak m.b.t. sy status of `n reg – vir sover sy boedel nie daarmee bemoei word nie.
  • U mag egter nie u verdienste sedeer nie.
  • U kan pensioengelde self invorder – die kurator is nie geregtig daarop nie.
  • U kan vergoeding vir pyn, persoonlike letsel, belastering, verlies aan inkomste (medies) tot u eie voordeel invorder, maar nie skadevergoeding vir bv. kontrakbreuk nie.
  • U mag vir uself behou wat u verdien. Die kurator is egter geregtig om beslag te lê op daardie deel van u inkomste wat nie nodig is vir die onderhoud van uself en u gesin nie. (In die praktyk is dit my ondervinding dat die kurator nie beslag sal lê op u inkomste indien dit in die omgewing van R75,000.00 per maand is nie. Indien u inkomste meer is, stel ek voor dat u met u prokureur daaroor praat.
  • U kan in eie naam aangespreek word vir delik begaan na sekwestrasie van u boedel. ‘n Delik is ‘n onregmatige daad teen ‘n ander persoon.
  • U moet die kurator help om voor die tweede vergadering van skuldeisers bymekaar te maak wat aan die boedel behoort, indien die kurator u versoek. U is dan geregtig op `n toelaag soos deur die Meester bepaal.

Mag ek ‘n trustee van ‘n trust wees gedurende my sekwestrasie?

In teenstelling met die populêre mening hieroor, kan jy ‘n trustee wees onder sekere omstandighede. Die antwoord op hierdie vraag is ingewikkeld en ons sal u hieroor kan adviseer.

Mag ek die lid van ‘n Beslote Korporasie wees terwyl ek onder sekwestrasie is?

In terme van die Wet op Beslote Korporasie word ‘n insolvent nie toegelaat word om die “besturende lid” van die beslote korporasie te wees nie. Niemand weet regtig wat dit beteken nie. Dit kan beteken dit dat jy nie toegelaat word om die meerderheid ledebelang in die beslote korporasie te hê nie, of dalk beteken dit dat jy die meerderheid lede belang mag hou, maar jy word verbied om die Hoof Uitvoerende Beampte van die Beslote Korporasie te wees Ons weet nie. In terme van die nuwe Maatskappywet van 2008, wat op 1 Mei 2011 van krag geword het, kan geen nuwe Beslote Korporasie geregistreer word na 1 Mei 2011. Bestaande Beslote Korporasies sal nie geraak word nie nie.

Die probleem is egter dat, indien u ‘n lid is, is u terselfdetyd ook ‘n belanghouer en die belang val dan in u insolvente boedel. Dit is problematies en ons sal u behoorlik kan adviseer hieroor.

Kan ek ‘n Direkteur van ‘n maatskappy wees terwyl ek onder sekwestrasie is?

Ongelukkig nie. ‘n Tussentydse weergawe van die nuwe Maatskappye Wet het ‘n insolvent toegelaat om ‘n direkteur van ‘n maatskappy te wees. Kort voor die nuwe Maatskappywet in werking getree het, is die Wet gewysig en is ons terug by die posisie soos dit was in die ou Maatskappye Wet.

Wat is die posisie van mense wat vir my gewerk het voordat ek gesekwestreer is?

Jou sekwestrasie beëindig hul dienskontrakte. Die werknemers is egter in rangorde tweede na skuldeisers wat sekuriteit hou (verbandhouers, ens), en selfs voor SARS. Dit is belangrik om in ag te neem dat die posisie van werknemers van ‘n maatskappy die van ‘n natuurlike persoon wat gelikwideer wesenlik verskil. . Kliek hier vir ‘n uiteensetting.

Word ek toegelaat word om te immigreer / emigreer gedurende sekwestrasie?

Omdat insolvensie is ‘n siviele saak is, sal die sekwestrasie jou nie diskwalifiseer vir n visum nie, en immigrasie sowel as emmigrasie is wettig.

Is ek aanspreeklik vir die skulde van my maatskappy, beslote korporasie of trust?

Daar is ‘n wanopvatting dat die blote feit dat u ‘n Direkteur van ‘n maatskappy of lid van ‘n beslote korporasie of trustee van ‘n trust is u aanspreeklik maak vir die skuld van daardie entiteit. U sal slegs aanspreeklik vir die skuld van u maatskappy / beslote korporasie / trust as u het borg geteken vir daardie entiteit se skuld. Indien u grof nalatig of bedrieglike gehandel het in u hoedanigheid as direkteur, lid of trustee, kan die korporatiewe sluier tussen u en u besigheid by wyse van ‘n hofbevel gelig word en kan u persoonlik aanspreeklik gehou word vir die entiteit se skuld. Slegs die hof kan ’n bevel gee dat die korporatiewe sluier gelig word.

Wat gebeur met skuld wat ek aangaan of wat ontstaan na datum van my sekwestrasie?

Daar bestaan ‘n algemene wanopvatting dat, wanneer iemand gesekwestreer word, hy onmiddelik “‘n nuwe boedel” begin opbou. Dit is ‘n mite. In terme van Artikel 20 (2) (b) van die Insolvensiewet, vorm alle bates deur ‘n insolvent verkry na sekwestrasie deel van sy insolvente boedel. As jy egter skuld aangegaan na sekwestrasie het die skuldeiser ‘n eis teen sy “nuwe” boedel. Dit word dus geag dat die insolvent vir doeleindes van so ‘n eis teen hom ‘n “nuwe” boedel opgebou het.

Artikel 24 (2) van die Insolvensiewet bepaal dat indien so ‘n skuldeiser ‘n eis teen jou instel, en hy slaag, jou nuwe bates uitgewin kan word.

Indien jy ‘n krediet-ooreenkoms aangegaan het en jy nie die skuldeiser meegedeel het dat jy insolvent is nie, kan hy ‘n kriminele klag teen jou lê. As jy skuldig bevind word, kan jy tronkstraf van maksimum van twee jaar opgelê word.

Indien jy skuld opdoen sonder om ‘n kredietooreenkoms aan te gaan, waar jy byvoorbeeld aanspreeklik word vir betaling in ‘n motorongeluk, word sodanige skuld nie geag ‘n skuld wat jy aangegaan het nie, en kan jy nie hiervoor krimineel aanspreeklikheid word nie. Dit word ‘n “toevallige skuld” genoem.

Sal ek my besigheid verloor as ek gesekwestreer word?

Of jy jou besigheid verloor of nie sal hoofsaaklik afhang van:

  • Hoe jou korporatiewe struktuur opgestel is;
  • Of die besigheid self (as dit in ‘n afsonderlike regspersoon van jouself opgestel is) winsgewend is, en;
  • Of jou maatskappy, beslote korporasie of Trust vir jou borg geteken het, en tot watter mate.
  • Ons sal u behoorlik kan adviseer.

Moet ek ‘n besigheid op iemand anders se naam begin?

Nee! Die grootste probleem is dat indien jou onderneming op iemand anders se naam is, en daardie persoon draai teen jou, of jy word gesekwestreer, of skei of jy kom te sterwe, loop jy die risiko loop om die besigheid te verloor. Ons het al male sonder tal kliënte gesien wat hul besighede op byvoorbeel hul seun se naam gesit het. Toe eendag sien hulle seun ‘n mooi meisie met groot boobies en ‘n klein bikini-line, (Cleopatra was haar naam), en toe verander alles in sy lewe en ook so sy verhouding met sy ouers. Kort voor lank gee hy toe aan Cleopatra en sy ouers is sonder ‘n besigheid.

Ons sal u inlig oor die korrekte meganisme waardeur u beheer van jou onderneming kan behou.

Wat van my goeie naam?

Indien vonnis teen u geneem word, is die vonnis by die kredietburos gelys vir ‘n tydperk van 5 jaar. Jou skuldeiser het die opsie om hierdie adverse inskrywing by kredietburo’s na die verloop van 5 jaar te hernu.

Daar is ‘n paar maniere hoe jy jou goeie naam kan terugkry.

Een is om jou skuldeiser ten volle te betaal en met hom ooreen te kom dat jou naam dan verwyder sal word van die kredietburo.

Tweedens, wanneer jy gesekwesteer word moet jou naam van die kredietburo verwyder word wanneer jy rehabiliteer. Slegs die “rehabilitasie” kennisgewing word gedra vir ‘n tydperk van vyf jaar nadat jy gerehabiliteer is.

Wat is die uitwerking van sekwestrasie op ‘n bruikhuur (lease) ooreenkoms?

Indien u ‘n eiendom gehuur het en u word daarna gesekwestreer, word die huurooreenkoms nie outomaties gekanselleer deur u sekwestrasie nie. Die kurator moet besluit of hy sal voortgaan met die huurooreenkoms, al dan nie.

In die praktyk, wanneer dit kom by residensiële eiendomme, hou u bloot aan om u huur te betaal indien u wil aanbly. Indien u die huur wil beëindig, hou u op om die huur te betaal en trek.

By kommersiële eiendomme, sowel as by residensiële eiendomme, moet die kurator ‘n skriftelike kennisgewing van beëindiging aan die verhuurder lewer. Indien die kurator nie binne drie maande na sy aanstelling kennis gee dat hy die huurkontrak voortgesit word nie, word dit geag dat die ooreenkoms beëindig is na 3 maande.

Ek is die begunstigde in my pa of eggenoot se testament. Wat gebeur met my erfenis nadat ek gesekwestreer is?

Daar bestaan ‘n wanopvatting dat sodra jy gesekwestreer is, jy onmiddellik daarna ‘n nuwe boedel begin opbou. Dit is nie waar nie. As jou prokureurs is dit is ons plig om u te adviseer oor die regte strukture sodat so ‘n erfenis wat jy kan ontvang beskerm sal wees.

Indien die regte strukture nie in plek is nie, erf jou skuldeisers.

Word ek toegelaat word om krediet aan te gaan na my sekwestrasie?

In terme van die Insolvensiewet word jy nie verbied om krediet te bekom, indien die skuldeiser wat aan jou die krediet verleen vooraf ingelig is dat jy insolvent is nie.

Mag ek binnelands verhuis nadat ek gesekwestreer is?

Omdat insolvensie nie ‘n kriminele saak is nie, is daar geen beperking op jou beweging binne of buite Suid-Afrika nie.

VERNIETIGBARE VERVREEMDINGS:

Wat word bedoel met ‘n “vervreemding” in die Insolvensiewet?

As jy “ontslae raak” van bates in jou boedel, of jy insolvent is al dan nie, het jy ‘n bate vervreem. Daar is sekere maniere waarop jy ‘n bate kan vervreem, naamlik: skenking, vernietiging, jy kan dit wegdobbel, aan iemand anders in terme van ‘n ooreenkoms oorhandig, deur die balju van die hof gevat word in terme van ‘n hofbevel of jy kan dit opgebruik. In Suid Afrika kom dit ook gereeld voor dat jy in die middernagtelike ure, onwillig afstand doen van jou bates, ten gunste van Suid-Afrikaanse gemeenskap .

Ek het êrens gehoor dat alle vervreemdings wat ek gedoen het langer as ses maande voor my sekwestrasie veilig is. Is dit waar?

Nee! Dit is ‘n “urban legend” net soos Dracula en denkende politici. Die “urban legend” lui soos volg: Jy kan enige bate vervreem, vir ‘n tydperk van ses maande wag, sekwestreer, en dan kan “hulle” dit nie vat nie. Dit is ‘n absolute en volslae snert. Daar is ‘n verdere “urban legend” wat lui dat as jy bv. tien skuldeisers het, en jy betaal net sekere skuldeisers en nie die ander (gewoonlik jou vader, broer, vrou of seun), hoef jy net ses maande te wag, waarna die skuldeisers wat bo die ander krediteure voorkeur geniet het, veilig is. Dit is ‘n sprokie. Ons handel hieronder deeglik met die kwessie.

Wat is ‘n sogenaamde vernietigbare vervreemdings?

Jippie – ek is bly u vra hierdie vraag! Sekere handelinge deur ‘n insolvent, ingevolge waarvan hy ontslae geraak het van bates voor sekwestrasie, is bekend as “vernietigbare vervreemdings”. Die woord vernietigbaar dui daarop dat die transaksie omkeerbaar is en tersyde gestel kan word.

Wat is die kategorieë “vernietbare vervreemdings”?

Daar is 5 kategorieë van vernietigbare vervreemdings, naamlik:

Vervreemdings sonder teenwaarde (Artikel 26 van die Insolvensiewet);

Vernietigbare voorkeur (Artikel 29 van die Wet);

Onbehoorlike voorkeur (Artikel 30 van die Wet) gelees met Artikel 31 van die Wet wat gaan oor samespanning. Hierdie artikel wil diegene wat jou gehelp het om jou bates weg te steek, straf.

Sekere transaksies in terme van ‘n voor-huwelikse kontrak (Artikel 27 van die Wet); en,

Vernietigbare oordrag van ‘n besigheid (Artikel 34 van die Insolvensiewet).

Skuldvergelyk voor of tydens sekwestrasie (Artikel 46 van die Insolvensiewet)

 

Wat is ‘n vervreemding sonder teenwaarde?

 

Artikel 26 – Beskikking (vervreemding) oor goed sonder teenwaarde

Sekere handelinge wat `n insolvent mag aangaan voor sy sekwestrasie kom neer op `n sogenaamde vervreemding sonder behoorlike teenwaarde. Hierdie tipe transaksies kan nietig verklaar word en die kurator kan dan die goed wat so vervreem is gaan haal by wie dit ookal is, of hy kan die waarde waarmee die ontvanger van sulke goed verryk is van hom eis.

Die kenmerk van so `n vervreemding is dat die insolvent nie `n verpligting gehad het om die vervreemding te doen nie, of dat hy geen of onvoldoende teenwaarde daarvoor ontvang het. (Teenwaarde hoef nie noodwendig materieel of rekeningkundig berekenbaar te wees nie, soos byvoorbeeld `n skenking). Die hof sê in die saak Wege v Strauss: Die doel van Art 26 is nie om insolvent te verbied om in normale verloop van die lewe transaksies te doen nie, maar verhoed verarming van boedel deur vervreemding van bates teen `n verlies.

Om tersydestelling van vervreemding sonder teenwaarde te bewerk, moet die kurator bewys:

  • Die insolvent het vrywillig goed vervreem, en;
  • dit is gedoen aan `n ander persoon, en;
  • daarvoor is geen of totaal onvoldoende teenwaarde ontvang.

Art 26 is eers van toepassing waar die vervreemding gedoen is meer as 2 jaar voor insolvensie, en die laste die bates onmiddellik na vervreemding te bowe gegaan het. .

In geval die vervreemding gedoen is minder as 2 jaar voor insolvensie moet die bevoordeelde bewys dat laste nie bates te bowe gegaan het onmiddellik daarna nie.

Wat is die uitwerking van die insolvensiereg op my voorhuwelikse kontrak?

Artikel 27 – Huweliksvoorwaardes

Daar is twee verwere teen `n Art 26 vervreemding

Huweliksvoorwaardekontrak en sekere polisse. (Soos hierin tevore bespreek)

Dit is nie goed genoeg om te sê: “Hy’t dit vir my gegee omdat hy lief is vir my nie!

By `n huweliksvoorwaardekontrak (HVK)moet die bevoordeelde die volgende kan bewys:

  • Die vervreemding in gevolge die HVK was `n onmiddellike voordeel en het geskied binne drie maande vanaf huweliksdatum, en;
  • Die vervreemding was kragtens `n behoorlike geregistreerde huweliksvoorwaardekontrak, en;
  • Die vervreemding was ter goeder trou aan eggenoot of kind uit die huwelik, en;
  • Die eggenoot se boedel is nie gesekwestreer binne twee jaar vanaf huweliksdatum nie.

As bogenoemde bewys word, was daar regtens geen vervreemding nie.

Wat beteken “vernietigbare voorkeur”?

Artikel 29 – Vernietigbare voorkeur

Indien die kurator bewys daar was `n vernietigbare voorkeur is die transaksie eenvoudig nietig.

Art 29 beoog `n eweredige verdeling van insolvent se bates onder sy skuldeisers. Dit verskil in wese met Art 26 in dat die beskikking hier aan `n skuldeiser gedoen is.

Dit is genoegsaam om Art 29 aanspreeklikheid te vestig indien die beskikking tot voordeel van die skuldeiser gedoen is, al is dit nie aan hom betaal nie, byvoorbeeld waar die insolvent iets aan die skuldeiser gesedeer het en die skuldeiser in ‘n sterker posisie geplaas het teenoor ander skuldeisers.

As die kurator wil slaag met die bewering dat daar `n vernietigbare voorkeur was, moet hy bewys;

  • daar was `n vervreemding, en;
  • vervreemding is nie meer as 6 maande voor sekwestrasie gedoen nie, en;
  • vervreemding was aan skuldeiser gedoen, en;
  • effek was dat daar voorkeur was bo ander skuldeisers, en;
  • laste het bates oorskry onmiddellik na die vervreemding.

Indien ‘n mens wil bewys dat daar nie ‘n vernietigbare voorkeur plaasgevind het nie, moet beide die volgende bewys word dat:

  1. die vervreemding plaasgevind het in die gewone verloop van besigheid, en;
  2. daar geen bedoeling was om een skuldeiser bo ‘n ander te bevoordeel nie.

As bogenoemde bewys word, was daar regtens geen vernietigbare voorkeur nie.

Wat word bedoel met ‘n “onbehoorlike voorkeur”?

Artikel 30 – Onbehoorlike voorkeur aan skuldeisers

As skuldenaar sy goed vervreem het toe laste sy bates oorskry het, en die bedoeling was om een skuldeiser bo ander te bevoordeel, kan die hof vervreemding tot niet maak. Die kurator moet egter kan bewys dat:

  • daar vervreemding was, en;
  • op die tydstip toe vervreemding plaasvind het laste bates oorskry, en;
  • vervreemding tot voordeel van `n skuldeiser gedoen is, en;
  • die skuldenaar die bedoeling gehad het om een skuldeiser te bevoordeel.

As die kurator al vier bewys, het die bevoordeelde geen verweer nie.

Anders as by Art 29 (vernietigbare voorkeur) waar `n ses maande periode van toepassing is, is hier geen tydperk ter sprake.

Die uitwerking van die vervreemding is van minder belang – die hof slaan net ag op die bedoeling hier.

Volgens die saak Pretorius NO v Stock Owner’s Co-op beteken dit dat, indien die kurator ingevolge Art 30(1) geen regstreekse bewys het van die bedoeling om onbehoorlike voorkeur aan `n skuldeiser te verleen nie, die kurator moet bewys dat die insolvent sekwestrasie oorweeg het, wat dan sal dui op `n onregstreekse bedoeling om een skuldeiser bo `n ander te bevoordeel.

 

Wat beteken “samespanning”?

Dit het niks te doen met die boeresport “toutrek” nie – ook nie as twee of meer persone saam stress oor ‘n probleem nie.

Artikel 31 van die Insolvensiewet handel daarmee – “samespanning tot beskikking oor goed voor sekwestrasie”

Die belangrikste element van Art 31 is: – Die insolvent moes met `n ander saamgespan het om goed wat aan hom behoort so te vervreem dat dit nadelig is vir sy skuldeisers. Daar moes `n geheime samewerking gewees het.

Art 31(1) bepaal …die Hof kan so regshandeling vernietig.

In die saak Gert de Jager (Edms) Bpk. v Jones NO beslis die hof dat die kurator moet bewys dat partye wat saamgespan het geweet het dat die skuldenaar insolvent was, en dat ander skuldeisers benadeel sou word, of een van hulle bevoordeel sou word.

Iemand wat betrokke was by samespanning:

  • Is aanspreeklik vir die boedel se verliese as gevolg van vervreemding.
  • Verbeur sy eis teen die boedel indien hy `n skuldeiser is.
  • Kan `n boete opgelê word wat hy aan die boedel moet betaal van nie meer as die bedrag waarmee hy bevoordeel sou word as die vervreemding nie tersyde gestel was nie.

Wat word bedoel met die “vernietigbare oordrag van ‘n besigheid”?

Artikel 34 – Vernietigbare oordrag van besigheid

Indien ‘n handelaar sy besigheid oordra, (of goedere wat deel daarvan is) ingevolge `n kontrak, behalwe in die normale verloop van daardie besigheid, en nalaat:

om sy voorneme openbaar te maak in twee uitgawes van Engelse en Afrikaanse koerante en die staatskoerant, binne `n tydperk van 30 en hoogstens 60 dae voor oordrag, dan is die verkoop nietig teenoor sy skuldeisers, en vir `n tydperk van 6 maande nietig teenoor sy kurator indien hy gesekwestreer word binne 6 maande na die transaksie.

Art 34(2): Die effek van die plasing van die bogenoemde advertensies is dat elke gelikwideerde eis wat in die toekoms deur die besigheid betaalbaar sou wees, onmiddellik opvraagbaar word.

Wat beteken “Skuldvergelyk”?

Die volgende kom dikwels voor; A skuld B sê nou maar: R100,000.00. In ‘n onverwante transaksie skuld B aan A byvoorbeeld R50,000.00. Dit is normale praktyk in die algemene handel dat die A en B hulle skuld “vergelyk”. Dit beteken dat A vir B net R50,000.00 betaal, want hy het, toe hy die betaling gemaak het, die geld afgetrek wat B hom skuld. As nie een van A of B insolvent was toe die transaksie plaasgevind het nie, was daar geen probleem nie.

Oops, toe was A insolvent terwyl hy “skuldvergelyk” teen B toegepas het.

Artikel 46 van die Insolvensiewet bepaal dat indien twee persone ‘n transaksie aangegaan het waarvan die resultaat geheel of gedeeltelike skuldvergelyk was, is die skuldvergelyk wat hulle tussen mekaar toegepas het binne 12 maande voor sekwestrasie nietig. Verder, indien die persoon ‘n eis teen ‘n ander persoon (die skuldenaar genoem), gehad het wat beweer dat hulle aan ‘n derde persoon teen wie die skuldenaar ‘n eis gehad het ten tyde van ‘n sessie, met die gevolg dat die een eis in skuldvergelyking geheel of gedeeltelik “afgespeel” is teen die ander, en die boedel van die skuldenaar gesekwestreer word binne ‘n tydperk van een jaar na die sessie, dan kan die Kurator van die gelikwideerde boedel die transaksie eerbiedig indien hy meen die transaksie was gedaan binne die normale verloop van besigheid. Die Kurator kan ook, indien hy bevind dat die transaksie nie in die gewone besigheid plaasgevind het nie, met die toestemming van die Meester, die transaksie ter syde stel en die betrokke persoon oproep om aan die insolvente boedel die skuld wat hy verskuldig sou wees te betaal as die skuldvergelyk nie plaasgevind het nie. Wanneer die skuldvergelyk-transaksie tersydegestel word, moet die persoon wat die voordeel daarvan geniet het bo ander skuldeisers, die voordeel wat hy geniet het aan die boedel terugbetaal en ‘n eis teen die boedel bewys asof geen skuldvergelyking plaasgevind het nie.

Artikel 35(b) van die Insolvensiewet vervat die reël in nog verdere detail. Ons sukkel self partymaal om lang regsinne te verstaan. Indien u nie die bogemelde verstaan nie, lees dit nog 10 keer, dit sal dit duidelik word!

 

Net interessant:

Ek voel skuldig!

Moet asb nie die bank vertel dat jy skuldig voel nie. Hulle het waarskynlik ‘n diensfooi daarvoor. As dit jou bedoeling was om skuld aan te gaan en nie te betaal nie, het jy rede om skuldig te voel. As jy byvoorbeeld ‘n klavierspeler is wat ‘n kontrak het om die klavier elke Vrydag nag in die kroeg te speel en jy verloor jou vingers, het jy eenvoudig jou vermoë om die klavier te speel verloor, ongeag of jy skuldig voel of nie. Dit is ‘n eenvoudige feit van die lewe. Jy het eenvoudig nie beheer oor elke aspek van jou lewe nie. Gedurende die tydperk 2007 tot die einde van Desember 2010 het die rentekoerse in Suid-Afrika gestyg met 5,5%. Duisende der duisende mense en maatskappye was nie in staat om hierdie las te oorkom nie en hulle het ondergegaan. Om skuldig te voel, kon nie die situasie verander nie.

 

Ek vrees die onbekende?

In die negentigerjare het ‘n speelgoed-maatskappy in Amerika ‘n ondersoek gedoen onder kinders. Hulle wou bepaal of kinders hulle idees kan gee vir ‘n unieke speelding. Hulle het verwag dat seuns sou kom met ‘n wonderlike robot wat laserstrale kan skiet waarmee hulle hul jonger susters mee kon terroriseer. Een van die vele vrae wat gevra is, was om die dier te noem waarvoor hulle die bangste was. Verbasend was dit ‘n draak! Die ergste van alles is dat ‘n draak nie eers bestaan nie! Ons leer hieruit dat mense die onbekende vrees. Ons raad is dat, indien die spoke jou in die middel van die nag jaag, maak ‘n aantekening van wat jy vrees en kry die volgende dag die antwoord by ons. In ons besigheid het ons genoeg ervaring om jou behoorlik te adviseer of jou vrees meriete dra of dalk net ‘n draak is.

Kan “hulle” my in die tronk sit indien ek nie my skuld betaal nie?

Nee, dit is interessant om te weet dat maar so onlangs as in 1923 daar uiteindelik beslis is dat insolvensie in Suid-Afrika is ‘n siviele saak is en nie ‘n kriminele saak nie. (Ex parte Pretorius).

Die Suid-Afrikaanse reg het nog nooit voorsiening gemaak daarvoor dat iemand wat nie sy skuld kan betaal nie, in die tronk gesit kan word. In die ou Suid-Afrika (voor 1994) was daar egter ‘n leemte in die wet. As ‘n skuldenaar nie sy skuld kon betaal nie, kon die skuldeiser die skuldenaar dagvaar om in die hof te verskyn sodat ‘n finansiële ondersoek gedoen kon word. Die hof kon dan beveel dat die skuldenaar ‘n sekere bedrag aan die skuldeiser betaal. As die skuldenaar versuim het om die betaling te maak, kan hy tronk toe gestuur word vir ‘n tydperk van drie maande vir minagting van die hofbevel. Dit is interessant om te weet dat die heel eerste wet wat verander is toe Nelson Mandela aan bewind gekom het, presies hierdie wet was. In die nuwe Suid Afrika kan jy nie tronk toe gestuur word nie, indien jy nie jou skuld kan betaal nie. Die res van die prosedure soos bo verduidelik bestaan steeds.

Ek het in die afgelope drie jaar nie van ‘n sekere skuldeiser gehoor nie. Is die skuld afgeskryf?

As die skuld verskuldig en betaalbaar geword het en die skuldeiser het nie dagvaarding teen jou uitgereik nie in 3 jaar, het die skuld verjaar. Die skuldeiser kan dan nie meer die skuld van jou verhaal nie. As hulle vonnis teen jou geneem het, jou naam verskyn nie meer op die kredietburo’s nie, beteken dit nie dat die skuld afgeskryf is nie.

As daar vonnis teen jou geneem is in ‘n landdroshof, is die vonnis vir 30 jaar geldig en kan die skuldeiser vir 30 jaar teen jou optree. As die vonnis geneem is in ‘n Hoë Hof, is dit geldig vir die res van jou lewe. Soms gebeur dit in die praktyk dat die prokureur wat optree vir die skuldeiser nie die skuld ingevorder kry nie, omdat die skuldenaar nie in staat is om te betaal nie en hy het geen bates wat verkoop kan word nie. Hy beveel dan sy kliënt om dit te laat vaar en sluit sy lêer. Die sluiting van die prokureur se lêer vernietig nie die vonnis nie.

Groot probleem: Die finansiele instellings verkoop dikwels hulle ou debiteureboek. Die persoon / instelling wat die debiteureboek gekoop het, kan dan teen u die vonnis uitvoer. In die praktyk gebeur dit dat mense onder die indruk is dat, omdat ‘n vonnis byvoorbeeld 15 jaar gelede teen hom geneem is, die vonnis nie meer bestaan nie en dat “hulle” verdwyn het.

Ek het nie eers geweet dat hulle vonnis teen my geneem het nie!

Sodra jy ‘n ooreenkoms onderteken en jy ‘n wettige adres gekies het (‘n sogenaamde “domicilium” adres) kan die skuldeiser die dagvaarding op die adres wat jy gekies het beteken, waarna dit regtens geag word dat jy die dagvaarding ontvang het. Die betekening was wettig en die vonnis wat geneem is, is ook wettig.

Kan ‘n vonnis teen my ter syde gestel word?

Slegs onder sekere omstandighede. As jy onbewus was daarvan dat dagvaarding teen jou uitgereik is en daar word (sonder dat jy daarvan bewus is ‘n vonnis teen jou geneem) moet jy binne 21 dae nadat jy kennis geneem het dat die vonnis teen jou geneem is, hofstukke uitreik waarin jy vra die hof om die vonnis tersyde te stel. Jy moet in wese aan die hof bewys dat jy ‘n geldige verweer wat sterk genoeg is sodat daar ‘n goeie kans is dat, as jy bewus was van die dagvaarding en dit sou verdedig, sou jy geslaag het. Dit is byna onmoontlik om die dagvaarding te verdedig as jy gedagvaar word omdat jy nie hou by die betaling van jou motor, toerusting of eiendom nie. Die feite voor die Hof is eenvoudig – Jy hou nie by die ooreenkoms nie, daarom wil die skuldeiser die ooreenkoms kanselleer en sy regte uitoefen deur onder andere die goedere terug te neem.

My bank het, nadat ek insolvent verklaar is aan my ‘n oortrokke fasiliteit en ‘n kredietkaart gegee. Mag ek dit gebruik?

Enige “nuwe skuldeiser” (dws ‘n skuldeiser wat jou na sekwestrasie krediet gee) kan in sy eie diskresie aan jou krediet gee maar jy is verplig om bekend te maak dat jy insolvent is voor opneem (dus die gebruik van) die kredietfasiliteit. Indien die skuldeiser bewus is van die feit dat jy insolvent is en steeds krediet aan jou gee , is die ooreenkoms is wettig en bindend op beide partye.

Ek het ‘n koper wat graag my eiendom uit my insolvente boedel wil koop – mag ek dit doen?

Sodra jy begin met die sekwestrasieproses mag jy nie meer goed uit jou boedel vervreem nie. Selfs as jy ‘n aanbod op jou eiendom ontvang het en jy die aanbod aanvaar, mag jy nie die eiendom verkoop nie. Na sekwestrasie kan die kurator wat aangestel is, kies of hy wil voortgaan en die eiendom volgens die aanbod wil verkoop of nie. Indien die kurator besluit om die koopaanbod te aanvaar, sal hy die betrokke verbandhouer om toestemming te vra. Indien die skuldeiser instem moet verdere toestemming moet verkry word van die Meester van die Hooggeregshof. Sodra die tweede vergadering van Krediteure gehou is, is die Kurator gemagtig om die bates te verkoop sonder toestemming van die Meester van die Hooggeregshof.

Ek besit ‘n half onverdeelde aandeel in ‘n onroerende eiendom. Een van die eienaars word gesekwestreer. Wat is die regsposisie?

Sit eers jou glasie wyn neer en konsentreer nou mooi. Baie prokureurs sukkel om hierdie saak mooi te verstaan, wat wou ‘n krediteur!

Die basiese beginsel is dat indien jy gesekwestreer word, die aandeel wat setel in jou naam deel vorm van jou insolvente boedel na jou sekwestrasie. Kom ons verwys na dit as die “insolvent se onverdeelde aandeel” in kort “jou aandeel“. Die kurator moet die “jou aandeel” aan iemand verkoop. In praktiese terme is die persoon wat die ander onverdeelde aandeel (“ander deel”) in die onroerende eiendom besit, is gewoonlik die “natuurlike” koper. Die persoon / persone wat die “ander deel” in die eiendom besit staar ‘n groot probleem in die gesig (nee ons verwys nie na jou skoonma nie). Die probleem is naamlik dat daardie persoon gewoonlik borg geteken het vir die volle uitstaande verband saam met jou.

Omdat die Insolvensiewet voorskryf dat alle eiendom wat aan jou behoort in jou boedel moet verkoop word, kan die persoon wat die “ander deel” in die eiendom besit nie net jou deel “oorneem” nie. Die betaling van jou aandeel is die ander ou se probleem as jy nie betaal nie, tensy hy/sy ook gesekwesteer is. As die ander ou ophou om te betaal gaan die bank op hom spring soos ‘n verwoede leeu met nuwe implantate en ‘n vars manicure. Dit beteken dat die ander persoon ‘n verband moet bekom jou aandeel. Ek hoor al hoe sê jy “maar hy het mos reeds ‘n verband – hoekom moet hy nog een kry?”. Die probleem is dat jou aandeel “gekoop” moet word en die geld uit die verkoop in jou insolvente boedel inbetaal moet word.

Die insolvensiereg is nie daaroor gepla dat die ander ou reeds die volle verantwoordelikheid dra (as borg) vir betaling van die volle eiendom nie. Die wet sê die geld moet in jou boedel inbetaal word. Die bank kan op sy beurt nie verstaan dat koopprys van jou onverdeelde aandeel moet betaal word en in jou boedel rekening inbetaal moet word nie.

Kom ons sê argumentsonthalwe dat ons nou by hierdie “comedy of errors and misunderstanding” verbygekom het en jou mede-eienaar (die ander ou) betaal die waarde van jou onverdeelde halwe aandeel in jou boedelrekening in. Dan trek die Kurator sy fooie, die administratiewe koste, belasting en nog baie ander gelde van die geld wat in die rekening lê af en hy verdeel die res onder jou skuldeisers (Gewoonlik net aan die verbandhouer). in jou boedel van die bedrag wat in die trustees se rekening betaal is, en hy betaal dan die res van die koopprys aan die verbandhouer sodra die boedel finaal gelikwideer en die Meester van die Hoë Hof het die die Trustee se verspreiding rekening.

Ons advies aan kliënte wat ‘n onverdeelde aandeel in ‘n insolvente boedel besit is gewoonlik om ‘n verband vir die volle waarde van die eiendom te bekom by ‘n ander finansiële instelling as die bank wat die verband in die eerste plek hou. Ons gee hierdie advies vir praktiese redes; die bankinstelling wat, in die eerste plek die verband toegestaan het word gewoonlik totaal verward en dan volg daar ‘n gesukkel want “hulle” moet toestemming kry by “hoofkantoor”. Hoofkantoor laat weet dan dat “hulle” dit nie goedgekeur het nie, want “hulle” verstaan nie dat die ander ou eers die geld in die boedel moet inbetaal nie en ons kan dit nie bekostig om nog ‘n bankamptenaar verder te verwar nie. Ons het genoeg verwardes in die staat en ander hoë posisies.

Indien die solvente persoon wat die ander onverdeelde aandeel besit weier om die insolvent se aandeel te koop, kan die kurator die insolvent se onverdeelde aandeel in teorie verkoop aan ‘n derde party vir ‘n nominale bedrag byvoorbeeld R1.00. Dit skep ‘n groot probleem vir die solvente persoon wat die onverdeelde aandeel hou, want die derde persoon besit nou byvoorbeeld een helfte van die eiendom, terwyl hy is nie wetlik verantwoordelik is om die verband te betaal nie.

Die wetlike en praktiese modderpoel eindig nie hier nie. Die solvente persoon wat die “ander onverdeelde aandeel” besit en wat normaalweg die borg en mede-hoofskuldenaar is vir die skuld van die insolvent is, is in terme van sy ooreenkoms met die finansiële instelling aanspreeklik is om die volle verband te betaal. Die derde persoon wat die onverdeelde aandeel gekoop het vir ‘n nominale bedrag (byvoorbeeld R1.00) kan nou aanspreeklik gehou word deur die ander eienaar vir uitgawes deur hom aangegaan op die gemeenskaplike eiendom, soos die betaling van die verband. Indien u dink dit klink dalk verwarrend is u reg. My raad is om behoorlike regsadvies in te win in hierdie verband.

Wat gebeur by Jan Taks (SAID) met my inkomstebelasting nadat ek gesekwestreer is?

SAID is ‘n preferente skuldeiser in jou insolvente boedel. SAID se eis rangorde vestig in volgorde van voorkeur na jou skuldeisers wat sekuriteit hou, en ook na werknemers wat eise teen jou insolvente boedel mag hê. Nadat jy gesekwestreer is, moet SAID jou ‘n nuwe belastingnommer gee. Met hierdie nuwe belastingnommer begin jy op ‘n skoon blaadjie met Jan Taks. Alle krediete en debiete waarvan die ontstaansoorsaak voor die datum van sekwestrasie is, val in jou insolvente boedel. Alle bedrae verskuldig deur of aan SAID, en wat ontstaan na sekwestrasie, val in jou “nuwe” boedel. BTW is egter ‘n perd van ‘n ander kleur en word hieronder bespreek.

Nadat ek gesekwestreer is het ek BTW aan SAID (die Suid Afrikaanse Inkomste Diens) geskuld!

BTW is ‘n ernstige probleem. SAID het ‘n preferente eis in jou insolvente boedel ten opsigte van alle belasting. Dit beteken dat die SAID betaal word voor jou konkurrente skuldeisers (daardie skuldeisers wat geen sekuriteit hou nie). Wanneer jy by die hof aansoek doen om jou sekwestrasie, moet jy die Hof oortuig dat jou preferente eise ten volle betaal sal kan word. Egter, in die praktyk word die tekort op jou verskuldigde BTW afgeskryf. Daar is egter baie streng bepalings in die BTW Wet wat SAID toelaat om kriminele klagtes teen jou te in te stel. Die tegniese aspekte ten opsigte van BTW is ingewikkeld en ons raai dat u ‘n bevoegde prokureur wat ervaring het in BTW sake moet raadpleeg. Onsself het al ongeveer 1000 dergelyke sake hanteer. Jan Taks het in hierdie verband baie skerp tande. Ons wil nie graag ons besigheidsgeheime hier uitlaat en ons kompetisie oplei nie. Ons volstaan deur te sê dat ons suksessyfer in hierdie sake baie hoog is.

Kan ek nie maar eenvoudig my bates wegsteek en sê dat ek moedeloos was en by Monte Casino gaan dobbel het en alles verloor het nie?

In terme van Artikel 135 (3) (b) van die Insolvensiewet is dit ‘n kriminele oortreding as jy op ‘n tydstip wanneer jou laste jou bates oorskry (dus insolvent is) dobbel of spekulatiewe beleggings maak.

Wie stel die Kurator aan en hoe word hy aangestel?

Die kurator word aangestel deur die Meester van die Hooggeregshof. Die Meester het ‘n absolute diskresie by die aanstelling van ‘n kurator. Normaalweg word die kurator wat deur krediteure gesteun is, aangestel op die basis dat hy gesteun is deur die meerderheid van krediteure in aantal en waarde. Dit beteken dat as jy byvoorbeeld tien skuldeisers het en ‘n sekere kurator word gesteun deur, sê byvoorbeeld ses skuldeisers, hy sal aangestel sal word. Indien die skuldeiser ‘n ander kurator in waarde steun, sê byvoorbeeld jou totale skuld is R100, 000.00 en die kurator het die steun van skuldeisers wie se eis R50,001,00 beloop, sal die daardie kurator mede-aangestel word. As ‘n enkele kurator dus die meerderheid steun in waarde en getal kry, sal hy alleen aangestel word. Die Meester sal ook altyd ‘n BEE (voorheen benadeelde persoon) saam aanstel. Hierdie BEE kurator neem normaalweg nie deel aan die dag-tot-dag administrasie van die insolvente boedel nie. Hy neem gewoonlik net deel aan die fooie van die boedel.

Onder watter omstandighede kan my Kurator kriminele klagtes teen my lê?

Jy kan strafregtelik aangekla word as jy die volgende handelinge pleeg, naamlik;

  • Bates of besigheidsboeke vir jou kurator wegsteek – (Artikel 132);
  • Binne 2 jaar voor sekwestrasie, skulde verberg het of gelieg oor jou bates met die doel om krediet te verkry – (Artikel 133);
  • Versuim het om behoorlike boeke en rekords van jou besigheid te hou – (Artikel 134);
  • Skuld aangegaan skuld sonder die redelike verwagting dat jy die skuld kan betaal – (artikel 135);
  • Versuim of weier om inligting, bates of dokumente op sy versoek aan jou kurator te oorhandig – (artikel 136);
  • Krediet tydens sekwestrasie verkry sonder om te openbaar dat jy insolvent is – (artikel 137);
  • Versuim om ‘n vergadering, wat bedoel is om ‘n ondersoek na jou insolvente boedel te doen, by te woon – (Artikel 139)

Wat is ‘n Insolvensie Ondervraging?

Artikel 65 van die Insolvensiewet bepaal dat jou trustee (in opdrag van een of meer skuldeisers) ‘n insolvensie-ondervraging kan hou. Die doel van ‘n insolvensie-ondersoek / ondervraging is om inligting oor jou insolvente boedel te bekom. Dit gebeur gewoonlik as die kurator meen dat jy nie jou boedelsake ten volle ge-openbaar het nie of as daar vermoed word dat jy bates weggesteek het.

Die Wet magtig die kurator om jouself te dagvaar, jou familie, jou werknemers sowel as enige persoon wat inligting oor jou insolvente boedel mag hê. As jy gedagvaar word om in ‘n insolvensie-ondervraging te verskyn en jy weier of versuim om die ondersoek by te woon, kan jy krimineel aangekla word. As jy of enigiemand anders wat gedagvaar is om by die ondersoek te verskyn, versuim of weier om ten volle te openbaar wat hulle angaande jou sake weet, kan hulle ook krimineel aangekla word.

Die goue reël is: speel oop kaarte. As jy stout was en bang is om ten volle te openbaar, kry regsadvies. Jou prokureur kan nie die dinge wat jy gedoen het ongedaan maak nie, maar hy weet dalk hoe om te skik sodat jy met die minste skade wegstap.

Wat is ‘n “bankmandaat” en waarom is dit belangrik?

As jy krediet opneem by ‘n finansiële instelling, of selfs as jy net ‘n bankrekening open, laat hulle jou ‘n berg dokumente onderteken. Onder hierdie dokumente is gewoonlik borgstellings, toestemming aan die bank om skuldvergelyking toe te pas indien een jou rekeninge word in die groen is en ‘n ander in die rooi. Dit is belangrik om, sodra jy jou skuld by die bank betaal het, te eis dat borgstellings gekanselleer word. Die blote feit dat jou besigheid waarvoor jy borg geteken het, het sy skuld afbetaal het beteken nie dat die borgstelling gekanselleer is nie. Die kansellasie van die borgstelling deur die bank moet op skrif wees.

Hoe lank neem dit om my insolvente boedel af te handel?

Die proses duur gewoonlik tussen ses maande tot agtien maande. In ingewikkelde boedels, waar die kurator byvoorbeeld regstappe teen debiteure moet neem, kan dit baie jare neem. Die proses van afhandeling van die boedel betrek jou persoonlik omtrent glad nie.

 

Watter boedel kan gesekwestreer word?

Nie regspersone soos maatskappye, beslote korporasies ens. wat onder die Maatskappye wet val nie – hulle word “gelikwideer”.

Dus natuurlike persone, verenigings (wat nie regspersone is nie) word “gesekwestreer”.

Dit sluit in:

  • Boedels wat reeds gesekwestreer is – Miller v Janks
  • Bestorwe boedels – Art 34 van Boedelwet.
  • Boedel van gesekwestreerde eggenoot (indien die gades binne gemeenskap van goed getroud is) – Acar v Pierce.
  • Vennootskapsboedels – Art 13(1) As een vennoot gesekwestreer word vir skulde van die vennootskap, word die ander vennoot/e ook gesekwestreer. Indien een van die vennote egter `n maatskappy is, word hy nie ook gesekwestreer nie.
  • Trustboedels – In die saak Magnum Financial Holdings (Pty) Ltd (In Liquidation) v Summerly another NNO beslis die hof dat `n trust nie `n regspersoon is volgens die Maatskappyewet nie, en kan dit dus gesekwestreer word, en die gelikwideer

SEKWESTRASIE DEUR DIE EEUE!

Sekwestrasie is bykans so oud soos die mensdom self. In die Ou Testament reeds word daar verwys na `n genadejaar – die sewende jaar. Indien iemand in Israel iets aan `n ander geskuld het vir enige tydperk langer as sewe jaar, moes die skuldeiser alles wat aan hom verskuldig was, afskryf in hierdie genadejaar. Dit is waarskynlik die eerste vorm van beskaafde insolvensie.

Hierdie manier van skuldkwytskelding het waarskynlik ook maar sekere voor- en nadele vir beide partye ingehou, maar ten minste het dit op `n redelike beskaafde manier plaasgevind. Die ou Romeine was egter `n rowwe klomp. Die skuldinvorderingskultuur van die tyd was ongesofistikeerd en wreed.

In die vroeë Romeinse tyd het die reg snaaks gewerk. Die “pater familias” (hoof van die huishouding) was `n absolute heerser oor sy familie en goedere. ‘n Slaaf was beskou as “goedere” en die familie hoof kon met hom doen wat hy wou. Hy kon hom doodmaak as hy lus gekry het daarvoor. ‘n Skuldenaar was as slaaf oorhandig aan sy skuldeiser. As die skuldenaar nie sy skuld kon vereffen nie, kon die skuldeiser hom as slaaf laat werk of hom doodmaak.

Dit het later meer populêr geword om die skuldenaar dood te maak en dan sy liggaam fisies te verdeel onder die skuldeisers. Elke skuldeiser het letterlik `n arm, `n been, `n oor, of ‘n ander ledemaat gekry. Met hierdie ledemate het die skuldeisers dan na die familie van die skuldenaar toe gegaan, en dit aan hulle verkoop vir die bedrag wat aan hulle verskuldig was. `n Meer grusame manier om skuld in te vorder kan `n mens jou kwalik indink. Die rede waarom hierdie drakoniese metode gevolg is, was gesetel in die geloof van die tyd. Die Romeine was baie bygelowig. Hulle het geglo dat, indien ‘n gestorwe persoon se beendere nie rustig in een graf rus nie, sou die rustelose dooie sy agtergeblewe familie kom teister totdat hulle sy liggaam volledig begrawe het. Die gevolg was dat die familie maar ‘n plan gemaak het om geld bymekaar te kry sodat hulle die gestorwe se beendere kon opkoop en in een graf begrawe.

Seker maar ‘n oortrokke fasiliteit geneem by Die Eerste Nasionale Bank van Rome, waar ‘n klient netgebank het en die standaard was dat hy absalute lae voordele geniet het.

Die ellende het egter nie hier geëindig nie. Volgens Romeinse erfreg het ‘n erfgenaam beide die bates sowel as die skuld van die erflater geerf. Wanneer `n Romein dus te sterwe gekom het, en sy boedel was bankrot, het sy erfgenaam dikwels nie genoeg eie bates gehad om die erflater se skuld te kan betaal nie. So het baie erfgename sélf bankrot geraak, sonder dat hulle enigsins betrokke was by die afgestorwene se sake. Die skuldeisers was egter nie bekommerd oor wie die skuld veroorsaak het nie – die reg het sy loop geneem, en die erfgename van die skuld was aan die skuldeisers oorgelewer – slaaf – doodgemaak – opgesny – ledemate verkoop.

Die Romeine het egter ‘n “loophole” in die wet gevind. Om sy kinders heelhuids te hou, het die insolvent in sy testament `n slaaf vrygemaak, en dan die slaaf aangewys as sy enigste erfgenaam. Die arme slaaf was sopas vry, dan word hy slaaf – doodgemaak – opgesny – ledemate verkoop.

Nodeloos om te sê dat slawe nie familie gehad het nie, of indien hulle wel familie gehad het, het die familie nie geld gehad nie.

Gelukkig het hierdie praktyk om skuldenaars dood te maak na jare in onbruik verval. Latere Romeinse reg het bepaal dat die skuldenaar slegs as slaaf verkoop kon word.

In die Romeins-Hollandse reg was die doel van sekwestrasie om die skuldeisers te beskerm teen die onverantwoordelike handelinge van die skuldenaar. Die beskerming het plaasgevind deurdat die skuldenaar uit die handelsverkeer verwyder is. Sy goed was dan pro-rata verdeel onder die skuldeisers. Die doel was onder andere om die insolvent te straf.

In die moderne reg is die hoofdoel van sekwestrasie om te sorg dat die skuldeisers nie verdere skade lei nie, en het dit verder ten doel dat die skuldeisers pro-rata bevoordeling ontvang uit die insolvent se boedel. Bestraffing is nie meer ter sprake nie. Hierdie beginsel is dan ook die wese van die Suid Afrikaanse insolvensiereg.

In sekere lande, soos die Emirate word insolvensie steeds geag ‘n kriminele oortreding te wees, met tronkstraf en de lot wat volg.

Sekere belangrike Wetsartikels

MISDRYWE : ARTIKELS 132 TOT 145

Neem kennis van die inhoud van sekere artikels van die Insolvensiewet – Artikels 132 tot 145 (Die oortreding hiervan stel die insolvent krimineel aanspreeklik indien dit teen hom bewys word).

  1. Verberging of vernietiging van boeke of bate. –

’n Insolvent is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens drie jaar as hy te eniger tyd voor of na die sekwestrasie van sy boedel een van die volgende handelings begaan, tensy bewys word dat hy geen bedoeling gehad het om te bedrieg nie; naamlik as hy-

(a) in ’n boek of geskrif wat betrekking het op sy besigheid, goedere of sake – verberg, van die hand sit, vernietig, vermink, vervals of ’n valse aantekening daarin maak of iets daarin uitwis of toelaat dat iemand anders so ’n handeling met betrekking tot so ’n boek of geskrif begaan; of

(b) bate wat ter beskikking van die kurator behoort gestel te word, verberg of hulle verberging toelaat; of

(c) goed wat hy op krediet verkry en waarvoor hy nie betaal het nie, op ’n ander wyse as ’n gewone besigheidswyse vervreem of toelaat dat iemand anders dit doen; of

(d) op ’n ander wyse as ’n gewone besigheidswyse bate in sy boedel vernietig, beskadig, verwyder of vervreem of toelaat dat iemand anders dit doen as daardie vernietiging, beskadiging, verwydering of vervreemding sy skuldeisers benadeel het of sou kan benadeel:

Met dien verstande dat-

(i) wanneer in ’n geding weens ’n oortreding van paragraaf (a), bewys word dat ’n handeling, in daardie paragraaf bedoel, begaan is met betrekking tot ’n boek of geskrif wat betrekking het op die besigheid, goedere of sake van die insolvent, dan vermoed word dat hy daardie handeling begaan of toegelaat het, tensy bewys word dat hy dit nie begaan het en ook nie die begaan daarvan kon verhoed het nie;

(ii) in ’n geding weens ’n oortreding van paragraaf (c) of (d), elke vervreemding, vernietiging, beskadiging of verwydering van bate wat bewys word begaan te wees, vermeld word op ’n ander wyse as ’n gewone besigheidswyse begaan te wees, tensy die teendeel bewys word;

(iii) as blyk uit ’n boek of geskrif wat betrekking het op die besigheid, goedere of sake van die insolvent of as op watter ander wyse ook bewys word dat daar minstens tien persent meer bate in die boedel aan die kurator beskikbaar behoort te wees dan die bate wat werklik aan hom beskikbaar is, vermoed word dat die insolvent, in stryd met paragraaf (d), bate van ’n waarde gelyk aan die verskil tussen die waarde van bate wat beskikbaar behoort te wees en die waarde van die bate wat werklik beskikbaar is, verwyder of vervreem het, tensy hy ten volle en juis rekenskap gee van die tekort of dit verklaar en bewys dat die tekort nie deur sy toedoen veroorsaak is nie en dat hy dit nie kon verhoed het nie.

  1. Verberging van skulde of voorwending dat daar bate is. –

’n Insolvent is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens drie jaar, as hy, binne die twee jaar wat aan die sekwestrasie van sy boedel onmiddellik voorafgaan, hy ’n mondelinge of skriftelike meedeling omtrent sy besighied, goedere of sake, aan iemand wat toe sy skuldeiser was of aan iemand wat sy skuldeiser geword het nadat hy op daardie meedeling vertrou het, ’n teenswoordige of toekomstige, sekere of voorwaardelike skuld wat hy mag aangegaan het, verberg het of versuim het om die volle omvang van sy skuld te openbaar of ’n reg of goed wat op die betrokke tydstip geen bate was nie, vermeld het asof dit wel bate was of voorgegee het dat hy meer bate had as wat hy werklik had of ’n valse bewering gemaak het omtrent die bedrag, hoedanigheid of waarde van sy bate of op watter wyse ook ’n verlies wat hy gely het, verberg of verbloem het of gepoog het om dit te verberg of te verbloem, of ‘n onjuiste bedrag daarvan opgegee het, tensy bewys word dat hy ’n gegronde rede had om te glo dat die bedoelde meedeling in elke opsig juis was en hy nie ’n feit van belang verberg of nie openhaar of verbloem het nie.

  1. Versuim om behoorlik boek te hou. –

134(1) ’n Insolvent is skuldig aan ’n misdryf en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens een jaar as sy beroep of regshandelings voor die sekwestrasie van sy boedel van die aard was dat dit redelikerwys van hom verwag kon word dat hy van sy regshandelings aantekening sou hou en hy versuim het om van sy regshandelings behoorlik aantekening te hou in die Engelse of die Afrikaanse taal of, in die geval van ’n insolvent wie se boedel deur ’n order van die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika in Suidwes-Afrika gesekwestreer is, die Duitse taal en die aantekenings gedurende ’n tydperk van nie minder as drie jaar te bewaar.

134(2) By die toepassing van hiedie artikel omvat ’n behoorlike aantekening van regshandelings alle aantekeninge, waarin duidelik die aard van elke regshandeling van bedoelde persoon vermeld staan, wat hy met inbegrip van sy beroep, redelikerwys verwag kon word om te hou. Van ’n handelaar word vermoed dat hy nie behoorlik aantekening van sy regshandelings gehou het nie, tensy hy aantekenings gehou het wat omvat-

(a) gespesifiseerde voorraad state waarin moet aangegee word die kosprys van elke artikel voorhande op die datum van voorraadopname en wat die handelaar vir sy besigheid gekoop het) en balansstate, opgemaak vir elkeen van die drie boek- of besigheidsjare wat aan die sekwestrasie van die handelaar se boedel onmiddellik voorafgaan of as hy minder as drie jaar voor die sekwestrasie sy besigheid begin het, opgemaak aan die begin van sy besigheid en daarna vir elke boek- of besigheidsjaar wat aan die sekwestrasie voorafgaan;

(b) aantekenings, waarin onderstaande besonderhede voorkom oor die tydperk sedert die begin van besigheid of sedert die begin van die boek- of besigheidsjaar wat voorafgaan aan die boek- of besigheidsjaar voor die boek- of besigheidsjaar waarin die handelaar se boedel gesekwestreer is (na gelang die een of die ander tydperk korter is), naamlik-

alle goedere in die loop van die besigheid gekoop, behoorlik gestaaf deur die oorspronklike fakture;

alle ontvangste en uitgawes in kontant en die datums daarvan;

daaglikse aantekenings van alle op krediet verkoopte goedere en sulke deurlopende aantekenings van alle regshandelings as wat ’n handelaar verwag kan word te maak in die gewone loop van sy besigheid;

die naam van elke persoon wat aan die handelaar iets skuld en van elke persoon aan wie die handelaar iets skuld en die adres van elke sodanige persoon op die tydstip toe die skuld ontstaan het of te eniger tyd daarna;

(c) ’n aantekening van alle tjeks, gedurende die tydperk bedoel in paragraaf (b) getrek, en die kontrablaaie van daardie tjeks, met duidelike aangifte by elke tjek en op elke kontrablad, van die naam van die nemer, die bedrag van die tjek en die datum van die tjek: Met dien verstande dat ’n handelaar wat bewys dat sy omset gedurende die twee jaar wat aan die sekwestrasie van sy boedel onmiddellik voorafgaan of sedert die begin van die besigheid (na gelang die een of die ander tydperk korter is) minder beloop het as tweeduisend Rand per jaar, vermoed word behoorlik aantekening te gehou het as die hof wat die betrokke saak behandel, van oordeel is dat hy met die oog op die aard en omstandighede van sy besigheid, van sy regshandelings voldoende aantekening gehou het, en dat die aantekening voldoen aan die vereistes van sub-paragraaf (iv) van paragraaf (b).

  1. Onbehoorlike voorkeur, aangaan van skulde sonder vooruitsig van vermoë om te betaal, ens. –

135(1) ’n Insolvent is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens een jaar as hy voor die sekwestrasie van sy boedel ’n deel van sy goedere vervreem het met die bedoeling om aan een of meer van sy skuldeisers voorkeur te verleen bo die andere of bo ’n ander indien ten tyde van daardie vervreemding sy skulde meer as die waarde van sy bate bedra het: Met dien verstande dat so ’n vervreemding wat die verlenging van voorkeur aan een of meer skuldeisers bo die andere of bo ‘n ander ten gevolge gehad het of kon gehad het, behoudens teenbewys, vermoed word te geskied het met die bedoeling om aan daardie skuldeiser of skuldeisers voorkeur te verleen bo die andere of ’n ander: Met dien verstande voorts dat as die insovent se boedel binne ’n tydperk van ses maande vanaf die dag waarop so ’n vervreemding plaasgevind het, gesekwestreer word, behoudens teenbewys, vermoed word dat ten tyde van die vervreemding sy skulde die waarde van sy bate te bo gegaan het.

135(2) In sub-artikel (1) omvat die uitdrukking ”skuldeiser” ’n borg van die insolvent en ook iemand wat regtens ’n posisie inneem wat van gelyke aard is as die van ’n borg.

135(3) ’n Insolvent is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens twee jaar as hy voor die sekwestrasie van sy boedel-

(a) ’n skuld van dertig Rand of meer of skulde van gesamentlik honderd Rand of meer aangegaan het, sonder dat hy ’n redelike verwagting had dat hy daardie skuld of skulde sal kan vereffen; of

(b) te eniger tyd wanneer sy skulde meer as sy bate bedra het of gedurende die tydperk van ses maande wat aan die sekwestrasie van sy boedel onmiddellik voorafgaan, sy bate verminder het deur dobbelary, weddenskappe, gewaagde spekulasies of uitgawe wat nie redelikerwys nodig was nie in verband met sy besigheid of heroep of tot onderhoud van homself en van diegenes wat van hom afhanklik is, of, synde ’n handelaar ’n besigheid wat aan hom behoort of die klandisie van so ’n besigheid of goedere of eiendom wat ‘n deel daarvan is vervreem het, nie in die gewone loop van daardie besigheid nie, sonder om ’n kennisgewing van sy voorneme om aldus te vervreem in die Staatskoerant en in ‘n nuusblad ooreenkomstig die bepalings van sub-artikel (1) van artikel vier-en-dertig te publiseer: Met dien verstande dat in ’n geding weens ’n oortreding van paragraaf (a) die insolvent, behoudens teenbewys, vermoed word die skuld of skulde aan te gegaan het sonder dat hy ’n redelike verwagting gehad het dat hy hom of hulle sal kan vereffen, as die skuld of skulde aangegaan is-

(i) op ’n tydstip toe sy skulde meer as sy bate bedra het; of

(ii) binne die tydperk van ses maande wat aan die sekwestrasie van sy boedel onmiddellik voorafgegaan het.

  1. Versuim om inligtings te verstrek, of om bate, boeke, ens, te oorhandig. –

’n Insolvent is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens drie jaar-

(a) as hy te eniger tyd gedurende die sekwestrasie van sy boedel, wanneer hy weet of vermoed dat iemand ’n valse vordering teen sy boedel bewys het of wil bewys, versuim om binne sewe dae vanaf die dag waarop hy daardie kennis verkry het waarop daardie vermoede by hom verwek is, die Meester en die kurator van sy boedel van daardie wete of vermoede skriftelik in kennis te stel;

(b) as hy versuim om binne veertien dae vanaf die aanstelling van die kurator van sy boedel-

(i) goed van watter aard ook al wat tot sy boedel behoort en wat in sy besit of bewaring of onder sy beheer mag wees, aan die kurator of volgens skriftelike opdrag van die kurator te oorhandig; of

(ii) die kurator in kennis te stel van die bestaan van enige tot die boedel behorende goed (behalwe goed bedoel in sub-pargraaf (i) wat nie ten volle aangegee is nie in sy vermoëstaat bedoel in artikel vier of sestien of wat nie reeds in besit van die kurator is nie, en waar daardie goed is; of

(iii) alle boeke en geskrifte in sy besit of bewaring of onder sy beheer, wat op sy sake betrekking het, aan die kurator of onderbalju of volgens voorskrif van die een of ander van hulle te oorhandig; of

(iv) die kurator in kennis te stel van die bestaan van so ’n boek of geskrif wat nie in sy besit of bewaring of onder sy beheer is nie, as dit nie reeds in die kurator se besit is nie, en waar daardie boek of geskrif is, tensy hy in elke sodanige geval bewys dat hy ’n redelike verontskuldiging vir die versuim had;

(c) as hy te eniger tyd na die sekwestrasie van sy boedel versuim om op versoek van die kurator volledige en ware inligting te verstrek omtrent enige goed wat te eniger tyd in sy besit of bewaring of onder sy beheer was of omtrent die tyd wanneer of die wyse waarop of die omstandighede waarin hy daardie goed van die hand gesit het of opgehou het om dit in sy besit of bewaring of onder sy beheer te hê, tensy hy bewys dat hy ’n redelike verontskuldiging vir die versuim had.

  1. Verkry van krediet gedurende insolvensie, aanbod van sekere vergoeding, ens. –

Enigeen is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens een jaar-

(a) as hy gedurende die sekwestrasie van sy boedel krediet verkry vir ’n bedrag van meer as twintig Rand sonder om voorheen aan die persoon van wie hy krediet verkry, mee te deel dat hy ’n insolvent is, tensy hy bewys dat daardie persoon dit geweet het; of

(b) as hy enige vergoeding hoegenaamd verleen, belowe of aanbied om te bewerkstellig dat ’n skuldeiser ’n aanbod van ’n akkoord aanneem of om verset teen ’n rehabilitasie te voorkom of om gedurende die sekwestrasie van ’n boedel iemand te beweeg om die ondersoek van ’n saak aangaande daardie boedel agterweë te laat of gegewens met betrekking daartoe te verswyg; of

(c) as hy die bepalings van artikel sestien of van sub-artikel (3), (4) of (12) van artikel drie-en-twintig oortree of verontagsaam, tensy hy bewys dat hy ’n redelike verontskuldiging vir daardie oortreding of verontagsaming had; of

(d) as hy ’n valse verklaring maak in die vermoëstaat bedoel in artikel vier of sestien of in die staat bedoel in sub-artikel (4) van artikel drie-en-twintig.

 

  1. Versuim om byeenkomste van skuldeisers by te woon of sekere inligting te verstrek. –

’n Insolvent is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens ses maande-

(a) ….. (Geskrap)

(b) as hy versuim om, op skriftelik aansegging van die kurator van sy boedel, ’n ware, duidelike en gespesifiseerde uitleg van sy insolvensie te gee of versuim om juiste en gespesifiseerde rekenskap te gee van die feit dat sy skulde sy bate te bowe gaan; of

(c) as hy op ’n byeenkoms van die skuldeisers van sy boedel, wanneer die kurator of die voorsittende amptenaar of ’n skuldeiser of die verteenwoordiger van een van hulle dit van hom verlang, versuim om rekenskap te gee of mee te deel wat geword het van goed wat so onlangs in sy besit was dat hy in die gewone loop van sake daarvan behoort rekenskap te kan gee; of

(d) as hy versuim om te voldoen aan die vereistes van sub-artikel (13) van artikel drie-en-twintig.

138 bis. Vermoede in geval van vervolging vir versuim om kennis te gee van adresverandering. –

Indien daar in enige vervolging vir ’n oortreding van paragraaf (d) van artikel honderd agt-en-dertig bewys word dat die insolvent van woon- of posadres verander het, word dit geag, tensy die teendeel bewys word, dat hy versuim het om die kurator van daardie verandering in kennis te stel.

  1. Versuim om te verskyn of getuienis af te lê of aflegging van valse getuienis. –

139(1) Enigeen is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met ’n boete van hoogstens honderd rand of met gevangenisstraf van hoogstens ses maande, sonder keuse van ’n boete as hy skuldig is aan ’n handeling of versuim waarvoor hy volgens sub-artikel (2) of (3) van artikel 66 wettig na die gevangenis verwys is of verwys kon geword het.

139(2) Enigeen is skuldig aan ’n misdryf en strafbaar met die straf waarmee iemand regtens weens meineed strafbaar is, as hy, wanneer hy kragtens hierdie Wet onder eed ondervra word, met betrekking tot die onderwerp in verband waarmee hy ondervra word, opsetlik enige bewering hoegenaamd maak, waarvan hy weet dat dit vals is of waarvan hy nie weet of glo dat dit waar is nie.

  1. Versuim van insolvent of eggenote of eggenoot om te verskyn om getuienis af te lê. –

’n Insolvent of die eggenote of eggenoot van ’n insolvent is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens ses maande, as hy of sy, wanneer hy of sy gedagvaar is om getuienis af te lê in ’n geding deur of teen die kurator van die insolvent se boedel ingestel, homself of haarself verberg of die Republiek verlaat of sonder redelike verontskuldiging versuim om daardie geding hy te woon of weier om ’n vraag te beantwoord wat aan hom of haar in die loop van daardie geding wettig gestel mag word.

  1. Aanname van vergoeding vir sekere onwettige handelings of versuim. –

Enigeen is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met ’n boete van hoogstens vyfhonderd Rand of met gevangenisstraf van hoogstens ses maande sonder keuse van ’n boete as hy een of ander voordeel of die belofte of aanbod van ‘n voordeel aanneem as vergoeding daarvoor dat hy ’n geding tot sekwestrasie van ’n boedel agterwee gelaat of gestaak het of dat hy hom verbind het om so ’n geding agterwee te laat of te staak, of dat hy tot ’n akkoord in ’n insolvente boedel of tot die rehabilitasie van ’n insolvent toegestem of hom nie daarteen verset het nie of dat hy hom verbind het om tot so ’n akkoord of rehabilitasie toe te stem of hom nie daarteen te verset nie, of dat hy die ondersoek van ’n saak betreffende ’n insolvent of ’n insolvente boedel agterweë gelaat het of hom verbind het om dit agterweë te laat of dat hy ggegewens betreffende ’n insolvente of ’n insolvente boedel verswyg het of hom verbind het om dit te verswyg.

  1. Verwydering of verberging van goed om beslaglegging te verydel of versuim om goed te openbaar. –

142(1) enigeen is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met gevangenisstraf van hoogstens drie jaar as hy of voor of na die sekwestrasie van ’n boedel, bate wat tot daardie boedel behoort, verwyder, verlberg, wegmaak, daaroor beskik of ontvang met die bedoeling om ’n beslaglegging kragtens ’n sekwestrasie-order te verydel of met die bedoeling om die skuldeisers van daardie boedel te benadeel: Met dien verstande dat in ’n geding weens ’n misdryf volgens hierdie sub-artikel so ’n verwydering, verberging, wegmaking, beskikking of ontvangs van bate, wat die verydeling van so ’n beslaglegging ten gevolge gehad het of wat so ’n beslaglegging kon verydel het of wat die skuldeisers van daardie boedel benadeel het of kon benadeel het, behoudens teenbewys vermoed word begaan te wees met die bedoeling om, al na die geval, die beslaglegging te verydel of daardie skuldeisers te benadeel.

142(2) Enigeen wat goed, wat tot ’n insolvente boedel behoort, in sy besit of bewaring of onder sy beheer het, en wat weet dat die Iboedel gesekwestreer is en dat die goed daartoe behoort, is aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met ’n boete van hoogstens Rl 000-00 of met gevangenisstraf van hoogstens een jaar, sonder die keuse van ’n boete as hy versuim om so gou moontlik die kurator van die boedel kennis te gee van die bestaan van die goed en waar dit is en om dit aan die kurator te oorhandig of dit tot sy beskikking te stel, dog behoudens die bepalings van artikel drie-en-tagtig.

142(3) Die bepalings van sub-artikel (1) en (2) is nie van toepassing nie op ’n insolvent met betrekking tot goed wat tot sy eie insolvente boedel behoort.

142(4) ’n Versekerde skuldeiser van ’n insolvente boedel wat sy sekuriteit te gelde gemaak het volgens artikel drie-en-tagtig, en wat versuim het om na skriftelike aansegging die opbrengs van daardie tegeldemaking oor te betaal volgens voorskrif van sub-artikel (10) van daardie artikel is, afgesien van enige ander misdryf wat hy in verband met daardie opbrengs mog begaan het, aan ’n misdryf skuldig en strafbaar met die strawwe vermeld in sub-artikel (2).

  1. Belemmering van kurator. –

lemand wat ’n kragtens hierdie Wet aangestelde curator bonis of ’n kurator of ’n verteenwoordiger van die een of ander by die verrigting van sy werksaamhede as sodanig belemmer of hinder, is aan ’n misdryf skuldig en stralbaar met ’n boete van hoogstens R500-00 of met gevangenisstraf van hoogstens ses maande sonder keuse van ’n boete.

———- einde van Misdrywe ————

Artikel 24 – Bepaling insake goed in besit van Insolvent na sekwestrasie.

Indien `n insolvent goedere bekom nadat hy gesekwestreer is en daardie goed verkoop vir die redelike markwaarde daarvan, is die transaksie geldig. U mag dus nie byvoorbeeld `n motor ter waarde van R100,000.00 bekom en dit verkoop vir R50,000.00 nie.

Indien `n insolvent goedere bekom nadat hy gesekwestreer is en die kurator eis dit op, word dit geag tot die insolvente boedel te behoort.

As die insolvent egter skuld aangegaan het nadat hy gesekwestreer is en die skuldeiser eis sy skuld op, dan word die goed of geld wat opgeëis word geag nie tot die insolvente boedel te behoort nie, tensy die teendeel bewys word.

Artikel 25 – Insolvente boedel bly onder kurator tot akkoord of rehabilitasie

Daar bestaan baie ”rumours” aangaande `n sogenaamde ”nuwe” boedel wat die insolvent opbou na sekwestrasie. Hierdie is net `n “rumour”. Artikel 25 sê uitdruklik dat die insolvent se goed aan die kurator behoort tot hy gerehabiliteer is. Dit beteken dat ook die goedere wat na sekwestrasie bekom word deel van die insolvente boedel vorm.

Daar bestaan egter meganismes om hierdie probleem te oorkom, bv. die oprigting van `n trust.

 

Artikel 37 – Uitwerking van sekwestrasie op huurkontrak.

Die insolvensie van die Huurder:

Die huurkontrak word nie outomaties deur insolvensie van die huurder beëindig nie – die kurator kan dit skriftelik beëindig.

  • As kurator nie binne 3 maande na sy aanstelling kennis gee dat die huurkontrak voortgesit word nie, word veronderstel dat dit beëindig word.
  • In beide gevalle (met ander woorde waar die kurator voortgaan met die kontrak, al dan nie) het die verhuurder `n konkurrente eis vir skadevergoeding teen die boedel.
  • Huurgeld vanaf datum van sekwestrasie tot beëindiging van die huur word as deel van die sekwestrasie koste beskou.
  • Indien die kurator die huurkontrak beëindig ontneem dit die boedel nie van `n eis vir verbeteringe aan die gehuurde eiendom nie.
  • `n Beding in huurkontrak dat dit beëindig word by sekwestrasie is nietig.

 

Artikel 40 – Eerste en tweede byeenkoms

Nadat u gesekwestreer is word `n kurator deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel. Hierdie aanstelling vind plaas op `n vergadering van krediteure. U self as insolvent moet teenwoordig wees op daardie vergaderings. Onthou, die hofverrigtinge is nou verby. U moet teenwoordig wees om hoofsaaklik die Meester en die kurator by te staan m.b.t. die eise wat teen die boedel bewys word. Dit is u plig om byvoorbeeld wanneer `n skuldeiser beweer dat die boedel hom R X skuld en u weet dat die boedel skuld hom net die helfte van X, dit uit te wys.

 

Artikel 150 – Appèl

Enige iemand wie veronreg voel deur die toestaan of nie-toestaan van `n sekwestrasiebevel kan teen so `n bevel appelleer.

Artikel 54 – Verkiesing van kurator

Dit is bekend dat sommige van die kurators baie onsimpatiek is teenoor die insolvent. Dit kan nie van die kurator verwag word om ”oorvriendelik” teenoor die insolvent te wees nie, want hy moet in die belang van skuldeisers optree, maar ek het al met gevalle gehandel waar die kurator werklik die insolvent onmenswaardig behandel het.

U kurator word aangestel deur die Meester van die Hooggeregshof indien hy `n meerderheid van bedrag en getal in steun het van krediteure. Dit beteken dat die skuldeisers op die vergaderings stem oor die aanstelling van die kurator. Indien die skuld byvoorbeeld R100,000.00 is, moet skuldeisers aan wie R50,001.00 geskuld word die kurator instem. Hierbenewens moet die meerderheid van skuldeisers hom ook instem. Dit beteken dat indien daar byvoorbeeld tien skuldeisers is, ten minste 6 vir die spesifieke kurator moet stem.

In die praktyk het u prokureur in `n groot mate beheer oor wie aangestel sal word as u kurator. `n Prokureur wat gereeld insolvensiewerk doen sal weet hoe om sekere kurators te vermy. Artikel 64 tot 66 – Insolvensieondervragings en prosedure.

U moet nie oneerlik wees m.b.t. sake rakende u insolvente boedel nie. Die meeste insolvente kry probleme a.g.v. skyntransaksies waarvolgens hulle byvoorbeeld reeds tevore goed aan iemand anders “verkoop” het, en hou daardie koper dan die goed net vir hulle sodat hulle dit later kan terugkry.

Ander gevalle wat veral voorkom is waar goed weggesteek word vir die kurator.

U moet in gedagte hou dat Art 64 en 65 van die Insolvensiewet baie wye magte aan die skuldeisers deur die kurator gee. As daar vermoed word dat u die Insolvensiewet oortree het, kan u in ondervraging geneem word. Tydens so `n ondervraging kan enige vrae aan uself of enige ander getuie, wie ookal – u eggenoot, broer, vriend, ouers, besigheidsgenoot, of enige ander persoon – gestel word. Indien vrae onbevredigend beantwoord word, kan die persoon wie onbevredigend antwoord of weier om te antwoord ter gevangenissetting verwys word, so dikwels as wat nodig is om `n eerlike antwoord te kry.

U prokureur behoort u te kan adviseer oor wat u regtens mag doen of nie doen nie om hierdie prosedure te vermy.

Artikel 67 – Wat gedoen moet word as misdryf vermoed word

Wanneer die Meester vermoed dat die insolvent `n misdryf (m.b.t. die bates in sy boedel) begaan het, moet hy die Prokureur Generaal daarvan in kennis stel, wie kriminele vervolging kan instel.

Artikel 69 – Kurator moet goed van boedel onder sy beheer neem

By u sekwestrasie moet die kurator beheer neem oor al u bates. Die meeste kurators sal nie lewensnoodsaaklike goed verwyder van u woonplek nie, maar hy sal eerder `n aanbod van u aanvaar dat u die goed teen markwaarde by die boedel terugkoop. Daar is niks sinister aan hierdie prosedure nie en die Meester keur daagliks sulke transaksies goed.

As die kurator vermoed dat u byvoorbeeld goed wegsteek, kan hy, indien hy nie daarin slaag om die goed op te spoor nie, `n lasbrief tot deursoeking laat uitreik.

Artikel 79 – Onderhoudstoelae aan insolvent en sy gesin

Die kurator kan ter enige tyd voor die tweede byeenkoms van skuldeisers (ongeveer 2 maande na sekwestrasie) aan die insolvent of sy gesin `n matige som geld of goedere toestaan soos wat na die kurator se oordeel nodig sal wees vir onderhoud van die insolvent, of diegene wie van hom afhanklik mag wees.

Uiteraard moet daar iets in die boedel wees om toe te ken. Dit kos `n klomp geld om `n boedel af te handel en in die praktyk sal die kurator ook nie `n toekenning maak as die gevolg van so `n toekenning sal wees dat die kurator self nie geld sal oorhou wat hy nodig het vir die afhandeling van die boedel nie.

Artikel 80 – Voortsetting van insolvent se besigheid

Indien u gesekwestreer word of u besigheid gelikwideer word, kan dit voordelig wees vir die skuldeisers dat die besigheid tydelik voortgesit word deur die kurator.

Die kurator kan u versoek, maar u is nie verplig nie, om hom by te staan met die voortsetting van die besigheid. In so `n geval kan u, en inteendeel, moet u met die kurator ooreenkom oor `n salaris wat die boedel aan u moet betaal.

Artikel 84 – Goed deur die insolvent op krediet gekoop

Goed wat op krediet gekoop is bly die eiendom van die kredietgewer.

Artikel 84 is baie interessant. Dit het die effek dat indien u iets in terme van `n afbetalings-verkooptransaksie gekoop het, en u sekwestreer, dan word eiendomsreg ”omgedraai”. Die boedel is nou eienaar en die kredietgewer verkry `n sogenaamde ”hipoteek” daaroor. Die hipoteek het tot gevolg dat hy `n eerste reg teenoor die kurator verkry om óf die goed terug te vra óf om voorkeur betaling te ontvang uit die opbrengs van verkoping daarvan.

Indien u goed binne een maand voor sekwestrasie aan die skuldeiser teruggegee het, kan die kurator dit weer by die skuldeiser gaan opeis. Indien die skuldeiser die goed reeds verkoop het, sal die kurator die opbrengs van die verkoping opeis.

  1. Staking van eksekusieverkoping van goed van boedel na publikasie van kennisgewing van boedeloorgawe. Aanstelling van curator bonis.

5(1) Na die publikasie in die staatskoerant, ingevolge artikel vier, van ’n kennisgewing van boedeloorgawe, mag geen goed van die betrokke boedel wat in beslag geneem is, kragtens ’n lasbrief tot eksekusie of ’n ander prosesstuk, verkoop word nie, tensy die persoon belas met die tenuitvoerlegging van die lasbrief of ander prosesstuk nie van die publikasie kon geweet het nie: Met dien verstande dat die Meester, as die waarde van sodanige goed na sy mening nie meer as R5 000 bedra nie, of die hof, as die waarde meer bedra, die verkoop van die in beslag genome goed kan gelas en kan beveel hoe die opbrengs van die verkoping bestee moet word.

5(2) Na die publikasie in die Staatskoerant van ’n kennisgewing van boedeloorgawe soos vermeld, kan die Meester ’n curator bonis oor die skuldenaar se boedel aanstel. Daarop neem die curator bonis die boedel onverwyld in sy bewaring en neem die beheer oor van elke besigheid of onderneming van die skuldenaar, asof hy die skuldenaar was, soos die Meester mog voorskryf met inbegrip van enige besigheid wat die skuldenaar gelisensieer is om te drywe ingevolge die Drankwet, 1928, maar onderworpe in elke geval, mutatis mutandis, aan die bepalings van artikel sewentig.

  1. Dade van insolvensie. – ’n Skuldenaar begaan ’n daad van insolvensie-

(a) as hy die Republiek verlaat of as hy buite die Republiek is en daaruit wegbly, of as hy van sy woning vertrek of andersins weggaan met die bedoeling om daardeur die betaling van sy skulde te ontduik of te vertraag;

(b) as ’n hof ’n vonnis teen hom gevel het en hy in gebreke bly om, op verlange van die beampte belas met die tenuitvoerlegging van die vonnis, aan die vonnis te voldoen of om aan daardie beampte vervreembare goed aan te wys wat voldoende is om aan die vonnis te voldoen of as uit die relaas van daardie beampte blyk dat hy nie genoeg vervreembare goed gevind het nie om aan die vonnis te voldoen;

(c) as hy sy goed op so ’n wyse vervreem of poog te vervreem dat sy skuldeisers daardeur benadeel word of sou word of aan een skuldeiser daardeur bo ’n ander voorkeur verleen word of sou word;

(d) as hy van sy goed wegvoer of poog weg te voer met die bedoeling om sy skuldeisers te benadeel of om een skuldeiser bo ’n ander voor te trek;

(e) as hy ’n ooreenkoms met een of meer van sy skuldeisers aangaan of so ’n ooreenkoms aan hulle voorstel dat hulle hom sy skulde geheel of gedeeltelik kwytskeld;

(f) as hy, nadat hy ’n kennisgewing van oorgawe van sy boedel gepubliseer het, wat nie volgens artikel ses of sewe verval het of ingetrek is nie, in gebreke bly om aan die vereistes van sub-artikel (3) van artikel vier te voldoen of ingevolge daardie sub-artikel ’n staat indien wat in een of ander belangrike opsig onjuis of onvolledig is, of in gebreke bly om die aanname van die oorgawe van sy boedel te versoek op die dag in voormelde kennisgewing aangegee as die dag waarop die versoek sal geskied.

(g) As hy aan enigeen van sy skuldeisers skriftelik kennis gee dat hy nie in staat is om een of ander van sy skulde te betaal nie;

(h) As hy ’n handelaar is en in die Staatskoerant volgens sub-artikel (1) van artikel vier-en-dertig kennis gee en hy daarna nie in staat is om al sy skulde te betaal nie.

Let wel: Artikel 19 (hieronder aangehaal) het betrekking op die geval wanneer ‘n persoon by wyse van die sekwestrasieprosedure (en nie by wyse van boedeloorgawe nie) gesekwestreer word. By die boedeloorgaweprosedure besoek die balju nie u perseel nie – u moet u sake in ‘n opgawe (‘n vermoënstaat) aan die kurator openbaar.

  1. Beslaglegging op goed deur onderbalju –

19(1) Sodra ’n onderbalju ’n sekwestrasie-order ontvang het, moet hy volgens onderstaande voorskrifte beslag lê op, en ’n inventaris maak van die roerende goed van die insolvente boedel wat in sy distrik is en vatbaar is vir lewering van hand tot hand en nie in besit is nie van iemand wat beweer dat hy geregtig is om dit te behou kragtens ’n pandreg of ’n retensiereg of deur ’n geregsbode in beslag geneem is nie, naamlik-

  1. a) hy moet in sy eie bewaring neem alle rekeningstukke, fakture, bewysstukke, besigheidskorrespondensie en enige ander stukke wat op die insolvent se sake betrekking het, kontantgeld, aandeelsertifikate, verbande, wissels, promesses en ander sekuriteit en daardie kontantgeld aan die Meester stuur;
  2. b) hy moet roerende goed buiten diere, in ’n vertrek of ander geskikte plek behoorlik verseël laat of ‘n geskikte persoon aanstel om enige roerende goed in sy bewaring te hou;
  3. c) hy moet aan die aldus aangestelde persoon ’n afskrif oorhandig van die inventaris met ’n kennisgewing dat die goed kragtens ’n sekwestrasie-order in beslag geneem is. Die kennisgewing moet melding maak van die misdryf tot stand gebring deur artikel honderd-twee-en-veertig en die daaropgestelde straf;
  4. d) hy moet ‘n gespesifeseerde lys van alle sodanige boeke en stukke opstel en daarop enige verduideliking van die insolvent ten opsigte daarvan of ten opsigte van enige boeke of stukke wat op sy sake betrekking het en wat die insolvent nie kan voorlê nie, aanteken;
  5. e) indien die insolvent teenwoordig is, moet hy hom vra of die in paragraaf (d) bedoelde lys, ’n volledige lys is van die boeke en stukke wat op sy sake betrekking het en sy antwoord daarop aanteken;

19(1) bis. Indien ’n insolvent in antwoord op die onderbalju se navraag aangedui het dat die in paragraaf (d) van sub-artikel (1) bedoelde lys, ‘n volledige lys is van die boeke en stukke wat op sy sake betrekking het, word die boeke en stukke in daardie lys genoem in enige strafgeding teen hom ingestel ingevolge hierdie Wet, tensy die teendeel bewys word, geag die enigste boeke en stukke deur hom gehou te wees.

19(2) Enigeen wat belang het hy die insolvente boedel of hy die in beslag genome goed mag teenwoordig wees of mag iemand anders magtig om teenwoordig te wees wanneer die onderbalju die inventaris opmaak.

19(3) Die onderbalju moet –

(a) onmiddellik nadat die beslaglegging gedoen is, skriftelik aan die Meester verslag doen dat die beslaglegging gedoen is en moet in sy verslag enige goed wat volgens sy wete in die wettige besit is van ’n pandhouer of van iemand wat geregtig is om sodanige goed kragtens ’n retensiereg te behou, vermeld en moet ’n afskrif van die inventaris wat kragtens sub-artikel (1) deur hom gemaak is saam met sodanige verslag stuur;

(b) so spoedig doenlik na die aanstelling van die kurator ’n afskrif van sodanige inventaris aan hom stuur.

19(4) ’n Geregsbode moet aan die Meester onverwyld ’n inventaris instuur van alle goedere wat hy in beslag geneem het en waarvan hy weet dat hulle aan ’n insolvente boedel behoort.

19(5) Die onderbalju is geregtig op fooie deur die Meester getakseer volgens tarief A in die Tweede Bylaag tot hierdie Wet en die reëls vir die toepassing van daardie tarief.

Die Minister van Justisie kan bedoelde tarief A en reëls by proklamasie in die Staatskoerant wysig.

20 Uitwerking van sekwestrasie op die insolvent se goedere.

20(1) Die sekwestrasie van die boedel van ’n insolvent het ten gevolge-

(a) dat die insolvent se boedel ophou om aan hom te behoort en oorgaan op die Meester totdat ’n kurator aangestel is, en na aanstelling van ’n kurator, op hom;

(b) dat elke siviele geding, deur of teen die insoivent ingestel, gestaak word, behalwe ’n geding wat kragtens artikel drie-en-twintig deur die insolvent tot sy eie voordeel ingestel of teen die insolvent ingestel mag word: Met dien verstande dat wanneer ’n vordering, op grond waarvan ’n geding wat aldus gestaak is, teen die insolvent ingestel was, ingevolge artikel vier-en-veertig of agt-en-sewentig teen die insolvent se boedel bewys en erken is, die eiser ook ’n vordering vir sy getakseerde koste in verband met daardie geding gemaak voor die sekwestrasie van die insolvent se boedel, teen die boedel kan bewys;

(c) dat, tensy die hof anders gelas, die tenuitvoerlegging van ’n vonnis teen die insolvent gevel, gestaak word, sodra die balju of geregsbode wat met daardie tenuitvoertegging belas is, van die sekwestrasie van die insolvent se boedel te wete kom;

  1. d) dat die insolvent, as hy weens skuld in die gevangenis is, bevoeg word om die hof om sy ontslag te versoek, na kennisgewing aan die skuldeiser wat hom in die gevangenis laat sit het en dat die hof hevoeg word om sy ontslag te gelas, en wel op die voorwaardes wat die hof wenslik ag.

20(2) By die toepassing van sub-artikel (1) omvat die boedel van ’n insolvent-

(a) alle goedere van die insolvent op die dag van die sekwestrasie, met inbegrip van goedere of die opbrengs daarvan, wat op grond van ’n lasbrief tot beslaglegging in hande van ’n balju of geregsbode is;

(b) alle goedere wat gedurende die sekwestrasie deur die insolvent verkry mag word of aan hom mag verval, vir sover artikel drie-en-twintig nie anders bepaal nie.

  1. Uitwerking van sekwestrasie op goedere van insolvent se vrou of man. –

21(1) Die sekwestrasie van die afsonderlike boedel van een van twee eggenote wat nie geskeie leef nie kragtens ’n regterlike skeidingsbhevel, het verder ten gevolge dat alle goedere (met inbegrip van goedere of die opbrengs daarvan, wat op grond van ’n lasbrief tot beslaglegging in hande van ’n balju of geregsbode is) van die eggenoot wie se boedel nie gesekwestreer is nie (hieronder die solvente eggenoot genoem) oorgaan op die Meester totdat ’n kurator aangestel is en na aanstelling van ’n kurator, op hom, asof dit goedere van die gesekwestreerde boedel was, en dat die Meester of kurator bevoeg word om met daardie goedere dienooreenkomstig te handel, behoudends die volgende bepalings van hierdie artikel.

21(2) Die kurator moet alle goedere van die solvente eggenoot vrygee waarvan bewys word-

(a) dat hulle die eiendom van daardie eggenoot was onmiddellik voor haar of sy huwelik met die insolvent of voor die eerste dag van Oktober 1926; of

(b) dat hulle deur daardie eggenoot verkry is kragtens ’n huwelikskontrak; of

(c) dat hulle deur daardie eggenoot gedurende die huwelik met die insolvent verkry is kragtens ’n titel wat regsgeldig is teenoor die skuldeisers van die insolvent; of

(d) dat hulle ten behoewe van daardie eggenoot gevrywaar is deur artikel agt-en-twintig van hierdie Wet of deur die ”Verzekeringswet, 1923” (Wet No. 37 van 1923), of deur die Versekekerings-Ordonnansie, 1927 (Ordonnansie No. 12 van 1927) van die Gebied; of

(e) dat hulle met sodanige goedere as voormeld, of met die inkomste of opbrengs daarvan verkry is.

21(3) As die solvente eggenoot in die Republiek is en die kurator in staat is om sy of haar adres te verkry mag die kurator nie sonder verlof van die hof goedere, wat blykbaar aan die solvente eggenoot behoort het te gelde maak nie binne ses weke na skriftelike kennisgewing aan daardie eggenoot van sy voorneme om dit te doen. Bedoelde kennisgewing moet ook gepubliseer word in die Staatskoerant en in ’n nuusblad in omloop in die distrik waarin die solvente eggenoot woon of besigheid dryf, en daarin moet alle afsonderlike skuldeisers vir waarde van daardie eggenoot uitgenodig word om hulle vorderings volgens voorskrif van sub-artikel (5) te bewys.

21(4) Die solvente eggenoot kan die hof versoek om ’n order tot vrygawe van goed wat kragtens sub-artikel (1) op die kurator van die insolvente boedel oorgegaan het of om ’n order tot opskorting van die verkoping van sodanige goed of as dit reeds verkoop maar die opbrengs daarvan nog nie onder skuldeisers verdeel is nie, om ’n order waarin verklaar word dat die versoeker op daardie opbrengs geregtig is, en die hof kan na aanleiding van daardie versoek die order uitvaardig wat hy billik ag.

2l(5) Behoudens ’n kragtens sub-artikel (4) uitgevaardigde order, kom ’n eweredige deel van die koste van die sekwestrasie ten laste van die solvente eggenoot se goed wat deur die kurator te gelde gemaak is, asof dit goed van die insolvente boedel was, dog die afsonderlike skuldeisers vir waarde van die solvente eggenoot met vorderings wat teen die boedel van daardie eggenoot sou kon bewys geword het as dit die gesekwestreerde boedel gewees het, is geregtig om hulle vorderings teen die boedeI van die insolvent te bewys op dieselfde wyse en hulle het (behalwe vir sover hierdie Wet anders bepaal) dieselfde regte, regsmiddels en verpligtings asof hulle skuldeisers van die insolvente boedel was; en die skuldeisers, wat aldus vorderings bewys het, is geregtig om te deel in die opbrengs van die aldus te gelde gemaakte goed volgens hulle wetlike reg van voorrang onderling en met voorrang bo die afsonderlike skuldeisers van die insolvente boedel, dog hulle is nie geregtig om te deel nie in die afsonderlike bate van die insolvente boedel.

21(6) Wanneer ander goedere van die solvente eggenoot as goedere vermeld in paragraaf (d) van sub-artikel (2) kragtens sub-artikel (2) o( (4) vrygegee is, dan is die afsonderlike skuldeisers van daardie eggenoot geregtig om te deel in die opbrengs van goedere van die solvente eggenoot wat deur die kurator te gelde gemaak is, slegs nadat die aldus vrygegewe goedere en goedere van daardie eggenoot wat sy of hy sedert die sekwestrasie verkry het, uitgewin is.

21(7) Alvorens aan so ’n skuldeiser ’n deel in bedoelde opbrengs toe te ken, kan die kurator van hom verlang dat hy binne ’n deur die Meester vas te stelle termyn by die kurator moet indien ’n beëdigde verklaring, gestaaf deur sodanige bewyse as wat beskikbaar mag wees, waarin die uitslag van bedoelde uitwinning meegedeel en die oorskot van sy vordering, wat nie betaal is nie, aangegee word. Hy is dan geregtig om slegs ten opgigte van daardie oorskot, soos vermeld, te deel: Met dien verstande dat ’n skuldeiser wat koste gemaak het by die uitwinning van die afsonderlike goedere van die solvente eggenoot, en wat daardie koste nie op die opbrengs van daardie goedere kon verhaal nie, geregtig is om die bedrag van daardie koste te voeg hy die bedrag van sy vordering soos bewese.

21(8) As so ’n skuldeiser in gebreke gebly het om gedurende die termyn deur die Meester vasgestel het so ’n heedigde verklaring as voormeld by die kurator in te dien, of om enige afsonderlike goed van die solvente eggenoot wat tot voldoening van sy vordering beskikbaar is, uit te win, dan word hy, tensy die hof anders gelas, van voormelde verdeling uitgesluit.

21(9) ’n Skuldeiser van die solvente eggenoot, wat volgens voorskrif van sub-artikel (5) ’n vordering bewys het, is nie verplig om volgens artikel honderd-en-ses in te betaal nie en is nie geregtig om te stem nie op ’n byeenkoms van die skuldeisers van die insolvente boedel, gehou volgens artikel veertig, een-en-veertig of twee-en-veertig; maar as die skuldeisers van die insolvente boedel iets beveel wat inbreuk maak op die regte van so ’n eersbedoelde skuldeiser, dan kan die hof op sy aansoek die bevel vernietig.

2l(10) As die solvente eggenoot afgesonder van die insolvent as handelaar besigheid dryf, of as aan die hof blyk dat die solvente eggenoot deur onmiddellike oorgang van haar of sy goedere op die Meester of kurator, waarskynlik ernstig benadeel sal word, en die hof is in beide gevalle oortuig dat die solvente eggenoot gewillig en by magte is om te reël dat die belange van die insolvente boedel by voormelde goedere sonder ‘n sodanige oorgang gevrywaar sal word, dan kan die hof, hetsy wanneer hy die sekwestrasie-order uitvaardig, hetsy op ’n latere dag, dog mits voormelde reëling onmiddellik uitgevoer word, daardie goedere of ’n deel daarvan van die gevolge van die order uitsluit, en wel vir solank as wat die hof raadsaam ag. Gedurende daardie tydperk moet die solvente eggenoot die beskikbare bewyse tot stawing van haar of sy aanspraak op bedoelde goedere aan die kurator voorlê en binne daardie tydperk moet die kurator aan die solvente eggenoot skriftelik meedeel of hy wel aldan nie daardie goedere ingevolge sub-artikel (2) sal vrygee. As die goedere nie aldus vrygegee is nie, dan gaan hulle na verstryking van bedoelde tydperk op die Meester of kurator oor, dog behoudens die bepalings van hierdie artikel.

21(11) As die hof versoek word om die boedel van die solvente eggenoot te sekwestreer op grond van ’n daad van insolvensie deur daardie eggenoot begaan sedert die oorgang van haar of sy goedere op die Meester of op die kurator van die insolvente boedel en die hof oortuig is dat die daad van insolvensie wat in daardie versoek aangevoer word, aan daardie oorgang te wyte is, dan kan die hof, as blyk-

(a) dat kragtens sub-artikel (4) ’n versoek gedaan word of indien nodig gedaan sal word, om vrygawe van goedere van die solvente eggenoot; of

(b) dat goedere van die solvente eggenoot sedert die uitvaardiging van die sekwestrasie-order vrygegee is en dat die solvente eggenoot nou in staat is om haar of sy skulde te delg, die verhoor van bedoelde versoek uitstel of na aanleiding daarvan so ’n tussentydse order uitvaardig as wat hy billik ag.

21(12) As die kurator volgens die voorgaande bepalings van hierdie artikel goed, wat beweer word aan die solvente eggenoot te behoort, vrygegee het, dan belet dit hom nie om te bewys dat dit aan die insolvente boedel behoort en om dit dienooreenkomstig op te vorder.

21(13) In hierdie artikel beteken ”eggenoot” nie alleen ’n eggenote of eggenoot in die wettige sin nie maar ook ’n eggenoot of eggenote kragtens ’n huwelik volgens enige regstelsel of gebruik en ook ’n vrou wat met ’n man as sy eggenote Ieef of ’n man wat met ’n vrou as haar eggenoot leef, hoewel hulle nie met mekaar getroud is nie.

  1. Betaling van skulde na sekwestrasie. –

As ’n verbintenis waarvan die vervulling verskuldig was of waarvan die oorsaak ontstaan het voor die sekwestrasie van die skuldeiser se boedel, na die sekwestrasie geheel of ten dele aan die insolvent voldaan word, dan is die voldoening ongeldig, tensy die skuldenaar bewys dat dit te goeder trou geskied het en sonder kennis van die sekwestrasie.

  1. Bepalings omtrent goedere in besit van insolvent na die sekwestrasie. –

24(1) As ’n insolvent voorgee om teen vergoeding van waarde, sonder toestemming van die kurator van sy boedel, goed wat hy na die sekwestrasie van sy boedel verkry het (en wat deur daardie verkryging deel van sy gesekwestreerde boedel geword het) of ’n reg op sodanige goed te vervreem aan iemand wat bewys dat hy nie geweet het en geen rede gehad het om te vermoed dat die boedel van die insolvent onder sekwestrasie was nie, dan is die vervreemding desnietemin regsgeldig.

24(2) Wanneer ’n insolvent die besit van enige goed verkry het, dan word daardie goed, as die kurator van die insolvent se boedel dit opeis, geag tot daardie boedel te behoort, tensy die teendeel bewys word; maar as iemand wat die skuldeiser van die insolvent geword het na die sekwestrasie van sy boedel, beweer (hetsy teenoor die kurator of teenoor die insolvent) dat sodanige goed nie tot bedoelde boedel behoort nie en aanspraak maak op een of ander reg daartoe, dan word die goed geag nie tot die boedel te behoort nie, tensy die teendeel bewys word.

  1. Insolvente boedel bly onder kurator tot akkoord of rehabilitasie.

25(1) Die boedel van ’n insolvent bly onder die beheer van die kurator totdat dit weer op die insolvent oorgaan ingevolge ’n akkoord volgens die bepalings van artikel 119, of totdat die insolvent gerehabiliteer word volgens artikel 127 of 127A: Met dien verstande dat alle goedere wat onmiddellik voor die rehabilitasie onder beheer van die kurator val, na die rehabilitasie onder sy beheer bly om te gelde gemaak en verdeel te word.

25(2) Wanneer ’n kurator sy amp ontruim het of afgesit is of afgetree het of oorlede is, dan gaan die boedel oor op die orige kurator, as daar een is; anders gaan dit op die Meester oor tot dat ’n ander kurator aangestel is.

  1. Beskikking oor goed sonder teenwaarde. –

26(1) Elke vervreemding van goed sonder teenwaarde kan deur die hof tot niet gemaak word as daardie vervreemding gedaan is deur ’n insolvent-

(a) meer as twee jaar voor die sekwestrasie van sy boedel en bewys gelewer word dat onmiddellik na die vervreemding die skulde van die insolvent sy bate te bo gegaan het;

(b) binne twee jaar voor die sekwestrasie van sy boedel en die persoon wat kragtens die vervreemding ’n vordering inbring of wat daardeur bevoordeel is, nie kan bewys nie dat onmiddellik na die vervreemding die bate van die insolvent sy skulde te bo gegaan het:

Met dien verstande dat as bewys word dat die skulde van die insolvent te eniger tyd na die vervreemding sy bate te bo gegaan het met minder as die waarde van die vervreemde goed, die vervreemding slegs tot die hoogte van daardie oorskot tot niet gemaak kan word.

26(2) ’n Vevreemding van goed sonder teenwaarde wat kragtens sub-artikel (1) tot niet gemaak is of wat nie deur die insolvent volvoer is nie, gee aan die bevoordeelde nie die reg om met die skuldeisers van die insolvent se boedel te konkurreer nie: Met dien verstande dat in die geval van ’n vervreemding van goed sonder teenwaarde wat nie deur die insolvent volvoer is nie, en wat-

(a) by wyse van borgstelling, waarlborg of skadeloosstelling gedoen is; en

(b) nie kragtens sub-artikel (1) tot niet gemaak is nie,

die betrokke bevoordeelde met die skuldeisers van die insolvent se boedel kan konkurreer vir ’n bedrag wat nie meer is nie as die bedrag waarmee die waarde van die bate van die insolvent onmiddellik voor daardie vervreemding sy skulde te bowe gegaan het.

  1. Huweliksvoorwaardes.–

27(1) Geen onmiddellike bevoordeling kragtens behoorlik geregistreerde huweliksvoorwaardes deur ’n man aan sy vrou of aan ’n kind wat uit die huwelik gebore sal word, te goeder trou verleen, word as ’n vervreemding sonder teenwaarde tot niet gemaak nie, tensy daardie man se boedel gesekwestreer is binne twee jaar na registrasie van daardie huweliksvoorwaardes.

27(2) In sub-artikel (1) beteken die uitdrukking ”onmiddellike bevoordeling” ’n bevoordeling verleen deur transport, oordrag, betaling, sessie verpanding of verlenging van ’n spesiale verband op goed wat voltooi is voor die verloop van ’n tydperk van drie maande vanaf die dag van die huwelik.

  1. Vernietigbare voorkeur.–

29(1) Elke vervreemding van sy goed, deur ’n skuldenaar nie meer as ses maande voor die sekwestrasie van sy boedel, of, indien hy oorlede en sy boedel insolvent is, voor sy dood, gedaan, waarvan die gevolg is dat aan een van sy skuldeisers bo ’n ander voorkeur verleen is, kan deur die hof vernietig word, as die skulde van die skuldenaar onmiddellik na die vervreemding die waarde van sy bate te bo gegaan het, tensy die persoon ten bate van wie die vervreemding gedaan is, bewys dat die vervreemding in die gewone loop van besigheid gedaan is en dat daarmee nie bedoel was om aan een skuldeiser bo ’n ander voorkeur te verleen nie.

29(2) ………..

29(3) Elke vervreemding van goed kragtens ’n prokurasie, hetsy herroepbaar of onherroepbaar, word hy die toepassing van hierdie artikel en artikel dertig geag gedaan te word op die tydstip wanneer die transport of lewering of beswaring met verband van daardie goed plaasvind.

29(4) By die toepassing van hierdie artikel word ’n tydperk gedurende welke die bepalings van sub-artikel (1) van artikel elf van die Boere-bystandswet, 1935 (Wet No. 48 van 1935), van toepassing was ten opsigte van ’n skuldenaar as ’n applikant ingevolge genoemde Wet, nie in aanmerking geneem nie by die berekening van ’n tydperk van ses maande.

  1. Onbehoorlike voorkeur aan skuldeisers. –

30(1) As ’n skuldenaar sy goed vervreem het op ’n tydstip toe sy skulde sy bate te bo gegaan het, met die bedoeling om aan een van sy skuldeisers bo ’n ander voorkeur te verleen en sy boedel word daarna gesekwestreer, dan kan die hof die vervreemding tot niet maak.

30(2) By die toepassing van hierdie artikel en van artikel negen-en-twintig word ’n borg vir die skuldenaar en iemand wat ’n posisie inneem wat regtens van gelyke aard is as die van ’n borg, beskou as ’n skuldeiser van die betrokke skuldenaar.

  1. Samespanning tot beskikking oor goed voor sekwestrasie. –

31(1) Na die sekwestrasie van ’n skuldenaar se boedel kan die hof ’n regshandeling tot niet maak, wat die skuldenaar voor die sekwestrasie van sy boedel aangegaan het, waardeur hy met ’n ander saamgespan het om goed, wat aan hom behoort te vervreem op ’n wyse wat benadeling van sy skuldeisers of verlening van voorkeur aan een skuldeiser bo ’n ander ten gevolge gehad het.

3l(2) Iemand wat aan die samespanning deelgeneem het, is verplig om alle verlies wat die betrokke insolvente boedel daardeur gely het, te vergoed en hy moet as ’n boete ten bate van die boedel so ’n bedrag beltaal as wat die hof mog bepaal, dog nie meer as die bedrag waarmee hy bevoordeel sou geword het as die vervreemding nie tot niet gemaak was nie, en as hy ’n skuldeiser is, verbeur hy ook sy vordering teen die boedel.

3l(3) Bedoelde skadevergoeding en boete kan ingevorder word in ’n aksie tot vernietiging van die betrokke regshandeling.

  1. Vernietigbare verkoop van besigheid. –

34(1) Indien ’n handelaar ’n besigheid wat aan hom behoort, (of die klandisie van so ’n besigheid, of goedere of eiendom wat ’n deel daarvan is, oordra ingevolge ’n kontrak (behalwe in die gewone loop van daardie besigheid of tot versekering van die hetaling van ’n skuld), en so ’n handelaar het nie ’n kennisgewing van so ’n voorgenome oordrag in die Staatskoerant, en in twee uitgawes van ’n Afrikaanse en twee uitgawes van ’n Engelse nuusblad in omloop in die distrik waarin daardie besigheid gedryf word, binne ’n tydperk van minstens dertig en hoogstens sestig dae voor die datum van so ’n oordrag gepubliseer nie, dan is so ’n oordrag teenoor sy skuldeisers nietig vir ’n tydperk van ses maande na so ’n vervreemding en nietig teenoor die kurator van sy boedel indien sy boedel te eniger tyd binne bedoelde tydperk gesekwestreer word.

34(2) Sodra so ’n kennisgewing gepubliseer word, dan word elke gelikwideerde skuld van bedoelde handelaar in verband met bedoelde besigheid, wat op ’n toekomstige dag invorderbaar sou word, dadelik invorderbaar as die betrokke skuldeiser betaling van die skuld eis: Met dien verstande dat ; as daardie skuld geen rente dra nie, die bedrag van daardie skuld, wat op daardie toekomstige dag verskuldig sou gewees het as voormelde eis van betaling nie ingestel was nie, verminder word met agt persent per jaar van daardie bedrag vir die tydperk tussen die dag waarop die betaling geskied en daardie toekomstige dag.

34(3) As iemand wat ’n vordering teen bedoelde handelaar in verband met bedoelde besigheid het, voor daardie oordrag, ten einde betaling van sy vordering te verkry, ’n regsgeding teen bedoelde handelaar ingestel het-

(a) in enige geregshof, en die persoon aan wie bedoelde besigheid oorgedra is, ten tyde van die oordrag geweet het dat daardie regsgeding ingestel was; of

(b) in ’n afdeling van die Hooggeregshof wat bevoeg is in die distrik waarin bedoelde besigheid gedrywe word, of in die magistraatshof van daardie distrik, dan is die oordrag teenoor hom nietig sover as nodig is om sy vordering te laat geld.

34(4) By die toepassing van hierdie artikel beteken ’oordrag’ ook die werklike of fiktiewe oordrag van besit, en het ’oordra’ ’n ooreenstemmende betekenis.

  1. Die kontrak word beëindig deur insolvensie van werkgewer.

Die sekwestrasie van die boedel van ’n werkgewer beëindig die dienskontrak tussen hom en sy werknemers, dog ’n werknemer wie se dienskontrak aldus beëindig geword is, is geregtig om van die insolvente boedel van sy vorige werkgewer vergoeding te eis van enige verlies wat hy mog gely het as gevolg van die beëindiging van sy dienskontrak voordat dit afgeloop het.

  1. Insolvent en ander persone moet byeenkomste van skuldeisers bywoon. –

64(1) ’n Insolvent moet die eerste en tweede byeenkomste van sy skuldeisers en elke verdaagde eerste en tweede byeenkoms bywoon, tensy hy van die amptenaar wat op daardie byeenkoms sal voorsit of voorsit vooraf skriltelike verlof ontvang het, verleen na beraadslaging met die kurator, om weg te gaan of weg te bly. Die insolvent moet ook elke volgende byeenkoms van skuldeisers bywoon as die kurator van sy insolvente boedel hom skriftelik kennis gegee het om so ’n byeenkoms by te woon.

64(2) Die amptenaar wat op ’n byeenkoms van skuldeisers sal voorsit of voorsit, kan iemand van wie bekend is of om gegronde redes vermoed word dat hy in besit is of was van goed wat aan die insovent behoort het voor die sekwestrasie van sy boedel of wat aan die insolvente boedel of aan die eggenote of eggenoot van die insolvent behoort of behoort het, of dat hy aan die boedel iets skuld of enigeen (met inbegrip van die insolvent se eggenote of eggenoot) wat volgens bedoelde amptenaar se oordeel in staat mag wees om inligting van belang te verstrek omtrent die insolvent of sy sake (hetsy voor of na die sekwestrasie van sy boedel) of omtrent goed wat tot die boedel behoort of omtrent die besigheid, sake of goed van die eggenote of eggenoot van die insolvent, dagvaar om op daardie byeenkoms of op ’n verdaagde byeenkoms te verskyn, ten einde kragtens artikel vyf-en-sestig ondervra te word.

64(3) Bedoelde amptenaar kan ook iemand, van wie bekend is of om gegronde redes vermoed word dat hy in besit of bewaring is van, of seggenskap het het oor ’n boek of geskrif wat inligtings, soos bedoel in sub-artikel (2) bevat, dagvaar om daardie boek of stuk of ’n uittreksel daarvan op so ’n byeenkoms van skuldeisers voor te lê.

  1. Ondervraging van insolvent en ander getuies. –

65(1) Op ’n byeenkoms van die skuldeisers van ’n insolvente boedel kan die amptenaar wat daarop voorsit die insolvent en enige ander op die byeenkoms aanwesige persoon wat kragtens sub-artikel (2) van artikel vier-en-sestig gedagvaar is of kon gedagvaar geword het, oproep en aan hom die eed oplê en bedoelde amptenaar, die kurator en elke skuldeiser wat ’n vordering teen die boedel bewys het of die verteenwoordiger van een van hulle kan ’n aldus opgeroepe en beëgde persoon ondervra omtrent alle aangeleenthede wat betrekking het op die insolvent of sy besigheid of sake, hetsy voor of na die sekwestrasie van sy boedel en omtrent alle goed wat tot sy boedel behoort en omtrent die besigheid, sake of goed van sy eggenote of haar eggenooot: Met dien verstande dat die voorsittende amptenaar ’n vraag moet belet, wat onrelivant is en ’n vraag kan belet wat die ondervraging onnodig sou verleng.

65(2) In verband met voorlegging van ’n boek of geskrif volgens voorskrif van ’n dagvaardiging uitgvaardig kragtens sub-artikel (3) van artikel vier-en-sestig of by ondervraging van iemand kragtens sub-artikel (1) van hierdie artikel, is die regsreels betreffende privilegie, soos toepaslik op ’n getuie wat gedagvaar is om ’n boek of geskrif oor te lê of om getuienis af lê in ’n geregshof van toepassing: Met dien verstande dat ’n bankier op wie se bank die betrokke insolvent of sy egenote of haar eggenoot ’n rekening aanhou of te eniger tyd aangehou het verplig is om, indien hy kragtens sub-artikel (3) van artikel vier-en-sestig daartoe gedagvaar word, oor te lê enige tjek wat in sy besit is en wat die insolvent of sy eggenote of haar eggenoot getrek het binne een jaar voor die sekwestrasie van die insolvent se boedel, of as ’n aldus getrokke tjek nie beskikhaar is nie, dan enige aantekening van die betaling, datum van betaling en bedrag van daardie tjek, waaroor hy beskik, of ’n afskrif van so ’n aantekening, en om, indien daartoe opgevorder, alle ander inligting waaroor hy beskik in verband met so ’n tjek of die rekening van die insolvent of sy eggenote of haar eggenoot, te verstrek; en met dien verstande voorts dat ’n kragtens sub-artikel (1) ondervraagde persoon nie geregtig is om hy die ondervraging te weier om ’n vraag te beantwoord nie om rede dat die antwoord hom sou kan inkrimineer of omrede dat hy op ’n strafregtelike aanklag sal moet teregstaan en by die verhoor deur sy antwoord benadeel sou kan word.

(2A)(a) Waar iemand ingevolge die bepalings van hierdie artikel getuienis aflê en verplig is om vrae te beantwoord wat hom kan inkrimineer of, waar hy op ’n strafregtelike aanklag moet teregstaan, hom kan benadeel by so ’n verhoor, moet die voorsittende amptenaar, ondanks die bepalings van artikel 39(6), gelas dat sodanige deel van die verrigtinge agter geslote deure gehou word en dat geen inligting betreffende sodanige vrae en antwoorde op enige wyse hoegenaamd gepubliseer mag word nie.

(b) Geen getuienis betreffende enige vrae en antwoorde beoog in paragraaf (a) is toelaatbaar hy enige strafregtelike verrigtinge nie, behalwe by strafregtelike verrigtinge waar die betrokke persoon teregstaan op ’n aanklag betreffende die oplê of aflê van ’n eed of die oplê of doen van ’n bevestiging of die aflê van ’n valse verklaring in verband met sodanige vrae en antwoorde, en by strafregtelike verrigtinge beoog in artikel 139(1) met betrekking tot ’n versuim om wettige vrae volledig en bevredigend te beantwoord.

(c) lemand wat ’n bepaling van ’n lasgewing beoog in paragraaf (a) oortree, is skuldig aan ’n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met die straf vermeld in subartikel (5) van artikel 154 van die Strafproseswet, 1977 (Wet 5l van 1977).

65(3) Die voorsittende amptenaar moet die verklaring van iemand wat ingevolge hierdie artikel getuienis aflê, notuleer of laat notuleer op die wyse voorgeskryf deur die reëls van die hof vir die notulering van getuienis in ’n siviele saak voor ’n magistraatshof: Met dien verstande dat, as iemand wat kragtens hierdie artikel sou verplig kon word om getuienis af te lê, teenoor die kurator of sy verteenwoordiger ’n verklaring afgelê het wat op skrif gestel is of ’n skriftelike verklaring aan die kurator of sy verteenwoordiger oorhandig het, dit oorgelees kan word deur of voorgelees kan word aan bedoelde persoon wanneer hy kragtens hierdie artikel as getuie opgeroep word, en dat as hy dit dan bevestig, dit aangemerk word as getuienis wat ingevolge hierdie artikel afgelê is.

65(4) By so ’n ondervraging moet van die insolvent verlang word dat hy ’n verklaring aflê dat hy al sy sake volledig en na waarheid bekend gemaak het.

65(5) Alle getuienis ingevolge hierdie artikel afgelê kan behoudens die bepalings van sub-artikel (2A) in enige geding teen die persoon wat die getuienis afgelê het, aangevoer word.

65(6) Iemand wat kragtens hierdie artikel opgeroep word om getuienis af te lê, kan by sy ondervraging bygestaan word deur ’n advokaat, prokureur of wetsagent.

65(7) lemand wat gedagvaar is tot bywoning van ’n byeenkoms van skuldeisers of kragtens hierdie artikel ondervra te word (behalwe die insolvent en sy eggenote of haar eggenoot) is geregtig op die getuieloon (wat uit die boedel betaal moet word) waarop hy geregtig sou wees as hy ’n getuie was in ’n siviele geding in ’n geregshof.

65(8) As die insolvent of sy eggenote of haar eggenoot opgeroep word om ’n byeenkoms van skuldeisers na die tweede byeenkoms of ’n verdaagde tweede byeenkoms by te woon, dan is hy of sy geregtig op ’n toelae uit die insolvente boedel tot dekking van sy of haar nodige onkoste in verband met daardie bywoning.

  1. Dwanguitoefening tot gehoorsaming van dagvaardings en aflegging van getuienis. –

66(1) As ’n kragtens artikel vier-en-sestig gedagvaarde persoon in gebreke bly om op ’n byeenkoms van skuldeisers volgens voorskrif van die dagvaarding te verskyn, of as ’n insolvent versuim om ’n byeenkoms van skuldeisers ingevolge suf-artikel (1) van artikel vier-en-sestig by te woon, of in gebreke bly om op daardie byeenkoms aanwesig te bly, dan kan die amptenaar wat op daardie byeenkoms voorsit, ’n lasbrief uitreik wat elke lid van die polisiemag magtig om die gedagvaarde of die insolvent, na gelang van die geval, in hegtenis te neem en hom voor bedoelde amptenaar te bring.

66(2) Tensy die gedagvaarde persoon of die insolvent, na gelang van geval, bedoelde amptenaar oortuig dat hy ’n redelike verontskuldiging had vir sy versuim om by bedoelde byeenkoms te verskyn of bedoelde byeenkoms by te woon of om die byeenkoms te verlaat, kan bedoelde amptenaar hom verwys na ’n gevangenis om daar aangehou te word tot op ’n tydstip wat bedoelde amptenaar mag bepaal en die amptenaar aan die hoof van die gevangenis waarna bedoelde persoon of insolvent verwys is, moet hom aanhou en uitlewer op die tyd en plek wat eersbedoelde amptenaar vir sy uitlewering bepaal het.

66(3) As ’n soos voormeld gedagvaarde persoon volgens voorskrif van die dagvaarding verskyn dog in gebreke bly om ’n boek of stuk oor te Iê tot oorlegging waarvan hy gedagvaar is, of as iemand wat kragtens sub-artikel (1) van artikel vyf-en-sestig op ’n byeenkoms van skuldeisers ondervra kan word, weier om ingesweer te word deur die amptenaar wat voorsit op ’n byeenkoms van skuldeisers waarop hy opgeroep word om getuienis af te lê of weier om te antwoord op ’n vraag wat aan hom kragtens voormelde artikel wettig gestel is of die vraag nie volledig en bevredigend beantwoord nie, dan kan die amptenaar ’n lasbrief uitvaardig wat bedoelde persoon verwys na die gevangenis waar hy aangehou word totdat hy belowe het om te doen wat van hom verlang word, dog behoudens die bepalings van sub-artikel (5).

66(4) As iemand wat uit die gevangenis ontslaan is nadat hy volgens sub-artikel (3) belowe het om te doen wat van hom verlang word, in gebreke bly om sy belofte gestand te doen, dan kan bedoelde amptenaar hom na die gevangenis verwys so dikwels as wat nodig mag wees om hom te dwing om te doen wat van hom verlang word.

66(5) lemand wat kragtens hierdie artikel na die gevangenis verwys is kan die hof om sy ontslag uit hegtenis versoek en die hof kan sy ontslag gelas as dit bevind dat hy onregmatig na die gevangenis verwys is of onregmatig aangehou word.

66(6) In verband met die gevangeneming van iemand of met die verwysing van iemand na die gevangenis, kragtens hierdie artikel, kom aan die amptenaar wat die lasbrief tot gevangeneming of tot verwysing na die gevangenis uitgevaardig het, dieselfde vrydom van aanspreeklikheid toe as wat toekom aan ’n regterlike amptenaar in verband met ’n handeling wat hy ampshalwe verrig het.

  1. Wat gedoen moet word as ’n misdryf vermoed word. –

67(1) As uit ’n verklaring, afgelê by ’n ondervraging kragtens artikel vyf-en-sestig, blyk dat daar gegronde redes bestaan om te vermoed dat enige persooon ’n misdryf begaan het, dan moet die Meester bedoelde verklaring of ’n gesertifiseerde afskrif daarvan en alle nodige stukke instuur aan die Prokureur-generaal in wie se regsgebied die ondervraging plaasgevind het of die misdryf vermoed word begaan te gewees het om hom in staat te stel om te beslis of ’n strafgeding in die saak ingestel moet word.

67(2) Wanneer so ’n verklaring afgelê is op ’n byeenkoms waarop ’n ander amptenaar as die Meester voorgesit het, dan moet die voorsittende amptenaar, wanneer hy die notule van die byeenkoms aan die Meester instuur volgens sub-artikel (3) van artikel negen-en-dertig, die Meester se aandag vestig op wat aan hom voorkom as gegronde redes om die insolvent te verdink van ’n oortreding van hierdie Wet.

67(3) By die toepassing van hierdie artikel en van artikels vier-en-sestig en vyf-en-sestig word iemand wat voor die sekwestrasie van ’n boedel ’n eksekuteur, kurator of beheerder van daardie boedel was, na die sekwestrasie van daardie boedel geag ’n insolvent te wees met betrekking tot daardie boedel.

Nota: Die onderstaande artikels (80 bis. tot 82), is belangrik om van kennis te neem indien u deur u eggenote, prokureur of sakevennoot poog om bates uit u beodel terug te koop.

 

80 bis. Verkoop van roerende of onroerende goed kragtens magtiging deur die meester.

80bis (1) Te eniger tyd voor die tweede byeenkoms van skuldeisers moet die kurator, as hy oortuig is dat enige roerende of onroerende goed in die boedel sonder versuim verkoop behoort te word, skriftelik aan die meester aldus ’n aanbeveling doen, met daarby sy redes daarvoor.

80(2) Die Meester kan daarna die verkoop van bedoelde goed of van enige gedeelte daarvan magtig, op die voorwaardes en op die wyse deur hom bepaal: Met dien verstande dat, indien die Meester kennis dra dat sodanige goed of ’n gedeelte daarvan onderworpe is aan ’n preferente reg, hy nie die verkoop van sodanige goed of sodanige gedeelte mag magtig nie, tensy die persoon wat geregtig is op bedoelde preferente reg skriftelik sy toestemming daartoe gegee het, of die kurator gewaarborg het dat bedoelde persoon nie deur die verkoop verlies sal ly nie.

  1. Kurator se verslag aan skuldeisers

81(1) ’n Kurator moet die sake en regshandelings van die betrokke insolvent voor die sekwestrasie van sy boedel ondersoek en op die tweede byeenkoms of, met die skriftelike toestemming van die Meester voor die tweede byeenkoms verkry, op die verdaagde tweede byeenkoms van die skuldeisers van daardie boedel, of, indien ’n akkoord deur die skuldeisers ingevolge artikel honderd-en-negentien aangeneem is, binne een maand na die aanname van so ’n akkoord, ’n volledige skriftelike verslag indien oor die sake en regshandelings en oor elke aangeleentheid van belang wat op die insolvent of die boedel betrekking het en vernaamlik omtrent-

(a) die bate en skulde van die boedel;

(b) die oorsaak en redes van die skuldenaar se insolvensie;

(c) die boeke wat op die insolvent se sake betrekking het en die vraag of die insolvent blykbaar van sy regshandelings behoorlik boek gehou het en so nie, in watter opsig die boekhouding onvoldoende, gebrekkig of onjuis is;

(d) die vraag of die insolvent blykbaar hiedie Wet ootree of ’n ander misdryf begaan het;

(e) wat hy volgens artikel nege-en-sewentig aan die insolvent mag toegestaan het en die rede daarvoor;

(f) enige besigheid wat hy namens die boedel mag gedryf het, die goedere wat hy vir daardie besigheid mag gekoop het en die gevolge van die drywe van daardie besigheid;

(g) elke regsgeding deur of teen die insolvent ingestel, wat deur die sekwestrasie van sy boedeI opgeskort is of wat teen die boedel aanhangig is of dreig;

(h) elke aangeleenthied vermeld in artikel vyf-en-dertig of sewe-en-dertig;

(i) elke aangeleentheid aangaande die beheer of tegeldemaking van die boedel wat die voorskrifte van die skuldeisers vereis.

81(1)bis. (a) Die kurator moet minstens veertien dae voor die in die kennisgewing in die Staatskoerant bepaalde datum vir die hou van die byeenkoms waarby die in sub-artikel (1) bedoelde verslag ingedien moet word, per geregistreerde pos aan elke skuldeiser van die boedel wie se naam en adres aan hom bekend is, ’n afskrif van sodanige verslag en van die inventaris wat deur die onderhalju kragtens artikel (19) aan hom gestuur is en van die waardasie wat deur hom kragtens artikel (69) aan die Meester voorsien is, stuur en moet daarby enige aanbeveling ten opsigte van enige besluit of opdrag wat na sy oordeel by daardie byeenkoms geneem of gegee behoort te word, voorlê.

(b) Die kurator moet minstens vier-en-twintig uur voor die tyd wat vir die begin van die in paragraaf (a) bedoelde byeenknms geadverteer is, aan die amptenaar wat op daardie byeenkoms sal voorsit ’n beëdigde verklaring voorlê wat die name en adresse vermeld van die skuldeisers aan wie afskrifte van die verslag, inventaris en waardasie ingevolge bedoelde paragraaf gestuur is en wat volledige besonderhede bevat van elke besluit en opdrag wat deur hom ingevolge bedoelde paragraaf by die skuldeisers aanbeveel is.

81(2) Vir ’n ondersoek vermeld in sub-artikel (1), moet die Kommissaris van Binnelandse Inkomste en die amptenare wat onder hom staan (ondanks die bepalings van die wet op inkomstebelasting) aan die kurator insae verleen van elke opgawe wat deur of namens die betrokke insolvent in verband met inkomstebelasting aan die Kommissaris gedaan is en moet aan die kurator toestaan om ’n afskrif van so ’n opgawe te maak. Op versoek van die kurator moet bedoelde Kommissaris of ’n amptenaar onder hom, in wie se bewaring so ’n opgawe is, so ’n afskrif wat juis is, as juis waarmerk, en as ’n aantekening in so ’n opgaaf relevant is in een of ander geding, hetsy siviel of krimineel, waarby die insolvente boedel of die insolvent hetrokke is, dan kan daardie opgawe of ’n afskrif daarvan wat voorgee om soos voormeld gewaarmerk te wees, in daardie geding as getuienis aangevoer word hy blote voorlegging deur wie ook al en so ’n gewaarmerkte afskrif het dieselfde regskrag as die oorspronklike opgawe.

81(3)(a) Die skuldeisers kan hy die betrokke byeenkoms opdrag gee watter stappe deur die kurator gedoen moet word ten opsigte van enige aangeleentheid waaroor kragtens paragraaf (e), (f), (g), (h) of (i) aan hulle verslag gedoen is.

(b) Indien geen opdragte deur die skuldeisers hy die tweede byeenkoms van skuldeisers gegee is nie, word enige besluit of opdrag wat in die in paragraaf (a) van sub-artikel (1) bis bedoelde beëdigde verklaring beweer word by die skuldeisers van die boedel aanbeveel te gewees het en wat wettiglik deur die skuldeisers by sodanige byeenkoms aangeneem of gegee kon gewees het, indien die Meester aldus goedkeur, geag deur die skuldeisers by sodanige byeenkoms geneem of gegee, na gelang van geval, te gewees het.

(c) Behoudens die bepalings van hierdie Wet, kan die Meester, indien geen opdragte deur die skuldeisers by die tweede byeenkoms van skuldeisers gegee is nie, benewens enige deur hom kragtens paragraaf (b) goedgekeurde besluit of opdrag of indien geen sodanige besluit of opdrag aldus goedgekeur is nie, sodanige opdragte betreffende enige aangeleentheid waaroor kragtens sub-artikel (1) aan die skuldeisers verslag gedoen is of administrasie of tegeldemaking van die boedel gee as wat hy goedvind.

(d) Ondanks die bepalings van sub-artikel (3) van artikel drie-en-vyftig, is enige kragtens paragraaf (b) goedgekeurde besluit of opdrag en enige opdrag deur die Meester kragtens paragraaf (c) gegee, bindend op die kurator.

81(4) Die in sub-artikel (1) bedoelde verslag moet volledige besonderhede bevat van alle feite betreffende enige beweerde oortreding van hierdie Wet deur die insolvent of die beweerde pleging deur hom van enige misdryf waaroor ingevolge paragraaf (d) van daardie sub-artikel verslag gedoen is, en die kurator verstrek sodanige verdere besonderhede in verband daarmee as wat die Meester of die Prokureur-generaal vereis.

  1. Verkoop van goedere na tweede byeenkoms en wyse van verkoping. –

82(1) Behoudens die bepalings van artikels drie-en-tagtig en negentig moet die kurator van ’n insolvente boedel sodra hy daartoe gemagtig word op die tweede byeenkoms van die skuldeisers van daardie boedel, al die goedere in daardie boedel verkoop en wel op die wyse en voorwaardes wat die skuldeisers mag voorskrywe: Met dien verstande dat as bate in daardie boedel bestaan uit regte, kragtens ’n huur, lisensie, koop of toekenning van grond van die Staat verkry, die kurator by sy bereddering van die boedel moet handel volgens die bepalings (as daar bestaan) wat deur die wet, uit kragte waarvan die regte verkry is, verklaar word van toepassing te wees in geval die boedel van die persoon, wat daardie regte verkry het, gesekwestreer word: Met dien verstande dat, as die skuldeisers voor die finale sluiting van die tweede vergadering van skuldeisers van daardie boedel geen instruksies gegee het nie, die kurator die goedere hy openbare veiling of openbare inskrywing moet verkoop. As goed by openbare veiling of openbare inskrywing verkoop word, moet daarvan vooraf kennis gegee word in die Staatskoerant en op sodanige ander wyse as wat die Meester mag voorskrywe en as die skuldeisers geen verkoopsvoorwaardes voorgeskrywe het nie, moet die goed verkoop word op die wyse wat die meester mag voorskrywe.

82(2) Wanneer goed by openbare inskrywing verkoop word, moet elkeen wat inskrywe sy inskrwying in tweevoud in ’n veseëlde koevert stuur aan die Meester of as die Meester dit gelas het, aan ’n magistraat deur hom aangegee. Die Meester of bedoelde magistraat moet elke inskrywing ongeopen hou totdat die termyn van inskrywing verstryk is. Dan moet hy die verseëlde koeverte open en as dit die Meester betref, een eksemplaar van elke inskrywing bewaar of as dit die magistraat betref, een eksemplaar van die inskrywing aan die Meester stuur. Die Meester of die magistraat (al na die geval) moet onverwyld die ander eksemplaar van elke inskrywing aan die kurator stuur. Die kurator of sy verteenwoordiger het die reg om teenwoordig te wees wanneer die Meester of die magistraat die inskrvwings open.

82(3) …..

82(4) …..

82(5) Na die opening van die inskrywings word geen verdere aanbod vir die betrokke goed in aanmerking geneem nie en tensy die skuldeisers anders gelas het of as hulle geen voorskrifte gegee het nie, tensy die Meester anders gelas het, moet die kurator die beste inskrywing aanneem of alle inskrywings afwys en die goed by publieke veiling verkoop.

82(6) Van die verkoping van die roeerende goed word uitgesluit die klere en beddegoed van die insolvent en al sy huisraad en gereedskap en ander noodsaaklike middele van bestaan of soveel daarvan as wat die skuldeisers, of as geen skuldeiser ’n vordering teen die boedel bewys het nie, die Meester mag bepaal, en die insolvent mag alle goed wat aldus van die verkoping uitgesluit is, vir sy eie gebruik behou.

82(7) Die kurator of ’n afslaer wat belas is met die verkoping van goed van die betrokke boedel, of die eggenote of eggenoot, vennoot, werkgewer, werknemer of verteenwoordiger van die kurator of afslaer, mag geen goed van die boedle verkry nie tensy die verkryging deur ’n order van die hof bekragtig word.

82(8) As iemand anders as ’n persoon bedoel in sub-artikel (7) te goeder trou goed uit ’n insolvente boedel gekoop het, wat in stryd met hierdie artikel aan hom verkoop is, of as iemand te goeder trou en vir waarde van ’n persoon bedoel in sub-artikel (7) goed verkry het, wat laasbedoelde persoon in stryd met daardie sub-artikel uit ’n insolvente boedel verkry het, dan is die koop of ander verkryging desnietemin geldig, dog die peroon wat die goed verkoop of andersins van die hand gesit het is teenoor die boedel aanspreeklik tot vergoeding van tweemaal die bedrag van die verlies wat die boedel mag gely het as gevolg van die beskikking oor die goed in stryd met hierdie artikel.

Artikel 119 – Akkoord (Sogenaamde statutêre akkoord) – (Opsie 4)

Die insolvent kan te enige tyd na eerste vergadering van skuldeisers `n skriftelike akkoord aanbod aan sy kurator aanbied, maar eers nadat `n kurator aangestel is, dus eers na eerste vergadering.

Indien die kurator meen dat skuldeisers die ooreenkoms sal aanvaar, stuur die kurator `n afskrif daarvan aan elke skuldeiser wat eis bewys het.

Indien die kurator die aanbod as onaanneemlik beskou, moet hy die insolvent verwittig. Die insolvent kan hom dan op Meester beroep as hy voel hy is onbillik behandel.

Indien die Meester van oordeel is dat die skuldeisers die aanbod kan aanvaar, kan die Meester die kurator gelas om die aanbod deur te stuur na die skuldeisers.

Die insolvent kan dit nie `n akkoord voorwaarde maak dat hy rehabilitasie verkry nie. Dit sal die akkoord voorstel nietig maak.

Hy kan wel voorstel dat sy eiendom aan hom teruggegee word.

Hy mag ook nie `n geheime ooreenkoms met individuele skuldeisers sluit nie. (Dit is teen die kontraktereg en goeie trou).

`n Geheime ooreenkoms is nietig indien bewys word dat beide;

  • daar ongelyke behandeling van skuldeisers was, en;
  • daar onkunde aan die kant van ander skuldeisers is aangaande dit wat aan die betrokke skuldeiser beloof is.

Die kurator (of skuldeiser indien die kurator versuim), kan sekere invorderings teen `n bevoordeelde skuldeiser doen, nl;

  • `n Som gelyk aan die vordering wat hy teen die boedel bewys het,
  • Die bedrag van elke verdeelde of verleende voordeel,
  • Die bedrag wat volgens akkoord aan hom uit betaal is of beloof is.

Driekwart van stemme van skuldeisers is nodig vir aanvaarding van akkoord volgens waarde en getal – die saak Prinsloo en ander v Van Zyl NO het hierdie beginsel vasgelê.

Artikel 120 – Gevolge van akkoord

Akkoord is `n soort statutêre skuldvernuwing.

Akkoord is kontraktueel van aard.

Die bedoeling van die wetgewer met Art 120 is gelykheid vir skuldeisers.

  • Al die skuldeisers (nie verseker of preferent) en insolvent word deur akkoord gebind. (Gebind deur 75% stemme van skuldeisers)
  • Die regte van versekerde- en preferente skuldeisers word nie benadeel nie.
  • Indien so ooreengekom gaan die eiendom van die insolvent vanaf die kurator weer oor op hom.
  • Indien die insolvent `n sertifikaat van die Meester ontvang waaruit blyk dat hy minstens 50c in die rand betaal het, kan hy onmiddellik aansoek doen om rehabilitasie.
  • Die gedagte agter `n akkoord is dat daar `n voordeel in moet wees vir skuldeisers

128 Vennootskap kan nie gerehabiliteer word nie. –

’n Vennootskap wie se boedel gesekwestreer is, kan nie gerehabiliteer word nie.

  1. Appèl –

150(1) lemand wat homself verongelyk ag deur ’n finale sekwestrasie-order of deur ’n order wat ’n order van voorlopige sekwestrasie vernietig, kan teen daardie order appeleer.

150(2) So ’n appèl moet aangeteken en voortgesit word asof dit ’n appèl was van ’n vonnis of order in ’n siviele geding uitgevaardig deur die hof wat daardie finale order uitgevaardig of daardie voorlopige order vernietig het en alle reëls wat op laasbedoelde appèl van toepassing is, is mutatis mutandis dog hehoudens die bepalings van sub-artikel (3), van toepassing op ’n appel kragtens hierdie artikel.

150(3) Wanneer ’n appèl aangeteken is (onverskillig of kragtens hierdie artikel of ingevolge ’n ander regsbepaling) teen ’n finale sekwestrasie-order, dan is die bepalings van hierdie Wet nogtans van toepassing asof geen appèl aangeteken was nie: Met dien verstande dat geen goed wat tot die gesekwestreerde boedel behoort, te gelde gemaak kan word nie, sonder skriftelike toestemming van die betrokke insolvent.

150(4) As ’n appèl teen ’n finale sekwestrasie-order toegestaan word, kan die hof wat die appèl toestaan, die respondent veroordeel tot betaling van die koste van die sekwestrasie en bereddering van die boedel.

150(5) Behalwe soos in hierdie artikel bepaal, is daar geen reg van appèl teen enige order uitgereik deur die hof ingvolge hierdie Wet nie.

  1. Versekeraar verplig tot betaling van vordering van derde party teen insolvent. –

Wanneer iemand (hieronder die versekeraar genoem) verplig is om iemand anders (hieronder die versekerde genoem) skadeloos te stel weens een of ander aanspreeklikheid wat die versekerde teenoor ’n derde party opgeloop het, dan is laasbedoelde by sekwestrasie van die boedel van die versekerde geregtig om van die versekeraar in te vorder die bedrag van die aanspreeklikheid van die versekerde teenoor die derde party, dog nie meer as die maksimum-bedrag waarvoor die versekeraar homself tot skadeloosstelling van die versekerde verbind het.

Weet ek nou alles van sekwestrasie?

Nee, maar u is nou definitief beter ingelig as die gemiddelde persoon in Suid Afrika.