WYSIGING VAN HUWELIKSGOEDEREBEDELING

WYSIGING VAN HUWELIKSGOEDEREBEDELING

In Suid Afrika was dit vir baie jare die sosiale- en kulturele norm dat huweliksmaats binne gemeenskap van goedere trou want “….hulle wil mekaar nie bedonner nie…”. Ongelukkig het hulle mekaar toe eintlik bevark presies omdat hulle toe binne gemeenskap van goed getrou het.

Vergeet nou asseblief van tradisie en doen wat nodig is om jouself en jou huweliksmaat te beskerm

Algemene Bespreking

Indien u binne gemeenskap van goedere getrou is, is altwee huweliksmaats aanspreeklik vir mekaar se skulde, maak nie saak of jy “daarvoor geteken” het of nie.

Oor baie jare heen het ons meer gereeld as wat ons regtig wou gesien hoe een van die huweliksmaats (gewoonlik die vrou) gesekwestreer word as gevolg daarvan dat die ander huweliksmaat skuld aangegaan het.

Finansiele moeilikheid wag partykeer nie om opgesoek te word nie – hy kom soek jou sommer self op. Jy kan jou werk verloor, siek word, jou besigheidskontrakte verloor en nog legio ander goed kan jou tref. Indien so ‘n insident een van die huweliksmaats tref en die ander een moet ook daaronder ly is dit soos ‘n dubbele gatslag.

Om binne gemeenskap van goedere getroud te wees is net soos die hoender en die vark wat op die plaas gewoon het en die rumour gehoor het dat die boer die volgende oggend “bacon en egg” vir ontbyt wil hê. Toe die hoender vir die vark vra hoekom hy so stress, sê die vark vir hom: “just remember…. you are involved, I am committed!”.

Veral wanneer ‘n mens in besigheid is, is die finansiele risiko baie groter en word dit noodsaaklik dat jy jou huweliksbedeling moet verander na “buite gemeenskap van goedere” as dit “binne gemeenskap van goedere” is.

Binne gemeenskap van goedere getroud?

2 maniere om dit te verander na buite gemeenskap van goedere

Egskeiding

Die eerste opsie is om te skei en dan weer weer te trou met ‘n huweliks kontrak in plek. Om te kan skei moet jy die hof oortuig dat jou huwelik “onherstelbaar verbrokkel het”. As jy dan skei met die doel om weer buite gemeenskap te trou, moet jy vir die hof gaan lieg oor die rede vir jou egskeiding.

Hofaansoek

Die tweede opsie is om ‘n aansoek in die Hooggeregshof te bring waarin jy vir die hof dat jou huweliksbedeling verander word.Ons stel voor dat die hierdie die regte opsie is.

Wat van die aanwas-bedeling?

Die vraag is altyd of ‘n mens (indien jy ‘n buite gemeenskap van goedere huweliksbedeling kies) die sogenaamde “aanwas” bedeling van toepassing moet maak, of nie. Dit is ‘n kort vraag met ‘n lang antwoord.

Ons sal u hieroor kan adviseer en u kan help om ‘n aansoek om wysiging van u huweliksbedeling te bring.