familie trusts

‘n Leke definisie van ‘n familie trust

‘n Trust is’ n fonds wat gestig is deur ‘n “Oprigter” of “Donateur”. Hy stel Trustees aan wat beheer moet uitoefen oor die bates van die trust. Die trust bates moet beheer en bestuur word tot voordeel van die begunstigdes (of te wel bevoordeeldes) wat aangewys is deur die Oprigter. Die reëls van die beheer oor die trust (of fonds) word uiteengesit in ‘n dokument wat die Trustakte genoem word.

H
Hoekom moet ek ‘n trust hê?

Die lewe is ‘n redelike onvoorspelbare gebeurtenis. As jy ‘n sakeman is, moet jy beslis oorweeg om jou persoonlike en korporatiewe struktuur met ‘n prokureur wat spesialiseer in korporatiewe strukturering en Trustreg, te bespreek.

D
Wat is die hoofdoel van ‘n trust?

Die hoof funksie is om jou bates te beskerm teen onvoorsiene omstandighede, insolvensie, egskeiding, boedelbelasting, ens. Om sekere of al jou bates te skei van jou persoon terwyl jy nog steeds volle beheer oor die bates het.

W
Die waarde van ‘n Trust

Die belangrikste waarde van ‘n trust is dat, indien daar sekere basiese regsreëls nagekom is, dan vorm die trust se bates ‘n aparte en ge-isoleerde kategorie bates wat beveilig is teen die moontlike toekomstige finansiele teëspoed van die Oprigter en die trustees.

Ek is insolvent. Kan ek ‘n trustee van ’n trust wees?

Daar is ‘n populêre bygeloof dat ‘n insolvent nie die Trustee van ‘n trust kan wees nie. Dit is onwaar. Ons sal u adviseer hieroor.

Ja!

Verskille: Familie Trust, Diskresionêre Trust, Bewind Trust en Besigheids Trust?

  • n Familie trust verwys normaalweg na die feit dat die partye in die trust nou verwant is aan mekaar. ‘n familie trust kan óf ‘n diskresionêre trust of ‘n vestigende (bewinds) trust wees.
  • ‘n Diskresionêre trust verwys na die feit dat die Trustee van die trust die diskresie het om die trust se bates “toe te ken” (uit te deel).
  • ‘n Bewind of Vestigende trust is ‘n trust waar die bates in die trust, alternatiewelik ‘n belang in die bates setel in die begunstigdes. Dit is vergelykbaar met die belang in ‘n Beslote Korporasie wat in die lid vestig.
  • ‘n Besigheids (bedryfs) Trust is ‘n voertuig soos ‘n Maatskappy of Bk waarin jy sake doen. Die reëls met wat betrekking het op ‘n Bedryfs trust is baie soos die reël van ‘n Bk.

Gereelde Vrae: Trusts

  • Aanspreeklikheid van Trustees

    Die blote feit dat jy optree as trustee van die trust, maak die trust nie aanspreeklik vir jou eie persoonlike skuld nie. Jy is ook nie outomaties verantwoordelik vir die trust se skulde (as daar is) nie. As jy vir jou trust borg geteken het of andersom, ontstaan daar aanspreeklikheid.

  • Wie is die Oprigter?

    Die Oprigter is bloot die persoon wat die trust oprig. Hy maak ook, binne die raamwerk van die reg die reëls van die Trust. Die reëls moet in ooreenstemming wees met die Wet op die Beheer van Trustgoed.

  • Wat is die funksie van die trustees?

    Die trustees is, in leketaal, die bestuurders van die trust. Hul posisie is vergelykbaar met dié van ‘n lid van ‘n beslote korporasie of ‘n direkteur van ‘n Maatskappy. Hulle besit nie die trustbates nie. Hulle het eenvoudig beheer daaroor en bestuur die bates volgens die reëls soos uiteengesit in die Trustakte.

  • Wat is die posisie van ‘n begunstigde van ‘n trust?

    Die begunstigdes is die persone wat voordeel sal trek uit die trustfonds. Die oprigter stel gewoonlik diegene aan wat van hom sal erf as die begunstigdes.

  • Moet ‘n trust ‘n bankrekening oopmaak?

    In terme van die Wet op Beheer oor Trustgoed, moet die trustees onmiddellik na registrasie van die trust ‘n bankrekening oopmaak. My raad is om net ‘n bankrekening te open indien die trust kontant hanteer. Indien die trust slegs bates hou, en geen kontant nie, is dit nie in die belang van die trust om ‘n bankrekening oop te maak nie, want die trust sal net onnodig bankkostes betaal. Ek dink nie enige hof sal die trustees hieroor verkwalik nie.

  • Moet ek my trust registreer as ‘n belastingbetaler?

    Ja inderdaad. Selfs indien die trust geen inkomste het nie, en dus geen belasting aanspreeklikheid opdoen nie, moet dit geregistreer word as ‘n belastingbetaler by Jan Taks. Moenie vergeet om die trust se jaarlikse belastingopgawes in te stuur nie, selfs al is dit nul-opgawes!

  • Wat is die rol van die Meester van die Hooggeregshof (deesdae genoem “die Hoë Hof”) by trusts?

    Die Meester van die Hooggeregshof is die “Groot-Pa” van alle insolvente persone, kinders, trusts, weeskinders, insolvente- en bestorwe boedels. In praktiese terme moet die Meester van die Hooggeregshof die trust registreer en ‘n registrasienommer toeken. Die Meester is nie betrokke by die dag-tot-dag bestuur van die trust nie. Elke trustee moet egter, indien die meester hom versoek, aan die meester verslag doen oor die trust se sake.

  • Kan ek net ‘n trust opstel en al my bates oordrae aan die trust?

    Nee, hierdie is ‘n ingewikkelde proses. Wanneer ons jou adviseer aangaande die oordrag van jou bates na trust, moet ons onderandere die volgende oorweeg:

    • Of jy solvent / insolvent is ten tye van die oordrag;
    • Of jy steeds solvent sal wees nadat die oordrag van die bates plasgevind het;
    • Of daar is ‘n behoorlike quid pro quo (behoorlike teenwaarde) gegee is vir die bates wat oorgedra is na die trust;
    • Skenkings belasting betaalbaar op so ‘n transaksie;
    • Hereregte betaalbaar op so ‘n transaksie;
    • Die doel van die oordrag van bates;
    • Borgskappe wat jy in die verlede onderteken het, al klink dit total irrelevant tot die transaksie;
    • Jy huwelikstatus;
    • Die mate van die beheer wat jy wil uit te oefen oor die trust se bates;
    • Die mate van beheer wat jy sal toelaat dat ander trustees (nadat jy te stewe gekom het) mag uitoefen;
    • Die doel en doelwitte van die trust;
    • Of jy die Trust wil te gebruik as ‘n “opgaarpot” of jy sake wil doen in die trust;
    • Belasting op toegevoegde waarde;
    • Inkomste belasting;
    • Ensovoorts…
  • Het ek meer as een trust nodig?

    Dit sal afhang van jou persoonlike wense en omstandighed, die doel van die trust, of dit ‘n besigheidstrust is of alternatief ‘n familietrust. Dit hang verder af daarvan of die trust/s sogenaamde bewinds- of diskresionêrer trust/s is. Dit moet in ag geneem word of die trust/s jou familie moet dien, en of daar “buite” persone betrokke sal wees in jou trust. Ons raai gewoonlik mense nie bates wat op die risiko saam met die risiko vrye bates in trust te sit nie.

  • Watter bates moet ek eerder in trust hou as in my eie naam?

    Al jou bates! Die ideaal is dat al jou bates in trust gehou word, of in maatskappye waarvan die aandele deur die trust gehou word, maar dit is nie altyd haalbaar nie, as gevolg van die feit dat jy jou stille vennoot, Jan Taks se pond vleis in berekening moet bring. Somtyds (as gevolg van sekere belastings wat veroorsaak word deur die oordrag van bates na ‘n trust, is daar nie ‘n ander keuse nie as om die oordrag gestruktureerd te doen. Hierdie aspek is gekompliseerd.

    Ons wil nie hê dat u moet dink ons dink u is te dom om dit te verstaan indien ons die hele kwessie volledig bespreek nie. Ons wil dit eerder met u persoonlik bespreek. In ‘n openbare forum soos hierdie webwerf loop ons die risiko dat ons opponente ons webwerf mag gebruik as ‘n “handboek” as ons nie oppas nie.

  • Hoekom kan ek nie net my bates op my kinders se name sit nie?

    As jou kind sommer net die eienaar van jou bates, jy skep ‘n Pandora’s Box. Jou kind kan gesekwestreer word, en dan jou bates in sy insolvente boedel val. Jou kind kan byvoorbeeld nie, tot hy mondig is, die onroerende eiendom weer verkoop en die geld vir jou teruggee nie – dit kan net met die toestemming van die hof gebeur.

    Indien u kind byvoorbeeld roerende eiendom wil verkoop, moet hy toestemming kry van die Meester van die Hooggeregshof.

    As jou kind byvoorbeeld skei, kan sy / haar gade se eis “jou” eiendom betrek. As jou kind deur sy skuldeisers gedagvaar en hulle neem vonnis teen hom, kan die balju ook “jou” bates verkoop want dit is nie meer “jou” bates nie.

    Indien jou kind op ‘n dag verlief raak op die pragtige meisie met die groot boobies en die klein bikini lyn, kan sy hom dalk oortuig om hom te vergeet dat die bates eintlik sy pa s’n is.

    ‘n Verdere probleem daarmee is dat ons reg nie daarvan hou dat ‘n mens op twee stoele probeer sit nie. Volgens die reëls van estoppel; as dit vir jou gerieflik is om voor te gee dat jou bates eintlik jou kind se bates is, en jy vind later dat dit ongerieflik is om te hou by hierdie voorwendsel, dan word die fiksie wat jy tot jou nadeel geskep het gehandhaaf

  • Hoe gebruik ek my trust in allerdaagse handel en wandel?

    Ons sal leiding gee in die praktiese gebruik van jou trust. Ons sien baie mense wat met ‘n hele hoop trusts sit. As hulle met ons kom konsulteer hoor ons gereeld die opmerking: “Ek het toe die trusts laat oprig, maar ek weet nie hoe om dit te gebruik nie”.

    As my kantoor is te warm ek roep ek ‘n Air-conditioning maatskappy wat ‘n lugversorger moet installeer en my wys my hoe die remote werk. Dit is nie nodig vir my om ‘n lugversorger tegnikus te word nie. Ek wil net koel lug in my kantoor.

    Die “remote controll” wat ons vir ons kliente gee is ‘n stel dokumente wat u van ons webwerf kan aflaai. Dit is ‘n “monkey-see-monkey-do” stel dokumente wat die gebruik van jou trust so vereenvoudig dat selfs ‘n parlementslid dit sou kon gebruik.

  • Kan ek nie eenvoudige sjabloon (mooi woord vir “templet”) gebruik en my eie trust registreer nie?

    Ongelukkig is baie mense wat kliënte help met die opstel van Trusts slegs “copy-en-paste” boffins. Hulle het eenvoudig ‘n kopie van ‘n Trust dokument op hul rekenaar, dan verander hulle nie name van die oprigter, trustees en begunstigdes en siedaar! … ‘n splinternuwe trust is in skande gebore. So ook is daar vir die arme klient dalk splinternuwe moelikheid gebore. Ons het uiteraard al baie gesien wat die gevolge is van ‘n “swak trust”.

    Die sjabloons wat algemeen gebruik word is so alom bekend dat dit baie keer vir ons herkenbaar is wie die outeur is wat die oer kopie opgestel het.

    Dit is nie die manier waarop ons sake doen nie. As spesialiste is dit ons strewe en plig om om trusts gereeld te hersien.

    Ons het met jare se opgradreing van ons trusts daarin geslaag om die grootste en mees algemene talle probleme wat in die meeste trusts voorkom te oorbrug.

  • Sal “hulle” in staat wees om die oordrag van bates na my Trust tersyde te stel?

    Ons sal vir u behoorlik kan advieseer ten opsigte van die oordrag van bates en die moontlikheid van tersydestelling van sodanige oordragte. As ons ons werk behoorlik gedoen het en u volg ons advies behoorlik sal oordragte van bates na u trust nie ter syde gestel kan word nie.

    Baie trustees van trusts hou nie behoorlike rekord van die transaksies van die trust nie. As jy nie behoorlik rekord hou nie, kan nie bewys watter bates die trust s’n is en watter joune is nie – dan byt dit jou in die stert. Dan gaan sien jy ‘n prokureur en jy word kwaad vir hom omdat hy nie wonderwerke kan doen nie.

    Daar is ‘n eenvoudige beginsel by die bestuur van ‘n trust; daar moet altyd ‘n geld spoor en ‘n stawende dokument spoor van die trust se transaksies wees.

  • Wanneer moet ek / my Trust skenkingsbelasting betaal?

    Enige belastingbetaler wat meer as R100, 000.00 in ‘n enkele belasting jaar aan enige persoon skenk, is aanspreeklik om 20% skenkingsbelasting te betaal op die bedrag bo R100,000.00. Die parlement pas hierdie plafon van tyd tot tyd aan. Daar is egter uitsonderings op skenkingsbelastingpligtigheid.

    Jy en jou eggenoot is aparte belastingbetalers.

  • As ek kontant aan my Trust geskenk het, watse papierwerk moet in plek wees?
    • Akte van skenking
    • Resolusie
    • ‘n kwitansie deur die trustees
    • Bewys van die bank-transaksie
    • Onthou om ook die IB40 vorm (Verklaring van ‘n skenking ontvang) aan die SAID te lewer.
  • As ek roerende bates aan my Trust geskenk het, watse papierwerk moet in plek wees?
    • ‘n Skenkingsakte
    • ‘n Skedule van die bates wat geskenk word
    • ‘n kwitansie deur die trustees waarin hulle erken hulle het die bates in ontvangs geneem het
    • ‘n Baie belangrike aspek, wat oor die algemeen deur baie belastingbetalers verontagsaam word is, is die IB40 belasting vorm. Die IB40 moet indgedien word aan die SAID deur enige persoon, trust, maatskappy of beslote korporasie wat ‘n skenking ontvang het. ‘n Byvoordeel van die indiening van die IB40 is dat, indien jy in die toekoms bewys nodig het dat die skenking inderdaad gemaak gemaak is, en jy het dit aan SARS verklaar is dit ‘n dodelike bewys. Hierdie vorm moet saam met die jaarlikse belastingopgawes ingedien word.
  • Wanneer iemand anders bates skenk aan my Trust, watse papierwerk moet in plek wees?
    • Akte van Roerende Bate Skenking
    • Ontvangserkenning
    • Bateregister
    • die IB40 vorm (Verklaring van ‘n skenking ontvang)
  • Watter dokumentasie moet in plek wees as my Trust roerende bates koop?
    • Koop-ooreenkoms
    • ‘n Skedule van die bates wat aangekoop word
    • Resolusie
    • Ontvangserkennig deur trustees
    • Bateregister
    • Bewys van die bank-transaksie
    • Onthou om die aankoop van die bates op u jaarlikse belastingopgawe te verklaar.