Bate beskerming

BATE BESKERMING

DEFINISIE

Bate Beskerming (ook genoem “Korporatiewe Strukturering” is ‘n regsproses waardeur bates op ‘n wettige wyse oorgedra word na toepaslike regs-entiteite waarin hierdie bates beskerming geniet teen onvoorsiene gebeure waardeur daardie bate verloor sou word teen die verlies daarvan deur onvoorsienne finansiele teëspoed soos ernstige siekte, verlies aan betaal vermoeë, egskeiding, likwidasie, sekwestrasie, uitvoering van lasbriewe deur die balju, kruis borgstellings en ander onvoorsiene omstandighede.

0
In alles wat ons doen!

GEVALLESTUDIE – KLIENTE

Agtergrond

Kliënt A en B kom konsulteer met ons. A en B deel ons mee dat hulle diep in die moelikheid is. By die ontleding van hul korporatiewe struktuur het die volgende duidelik geword;

  • A en B was getroud buite gemeenskap van goedere met hul eggenotes C & D.
  • Hulle het nooit toegelaat hul vrouens C & D enige borgskappe teken nie.
  • A en B bedryg ‘n besigheid wat as maatskappy X bedryf word.
  • Maatskappy X het ‘n perseel gehuur by maatskappy E, “hul eie” eiendom.
  • E se aandele was ook 50/50 gehou in F & G die aandeletrusts van onderskeidelik A & B se gesinne.
  • Die aandele in maatskappy X was 50/50 gehou in twee onderskeie aandeletrusts: F & G, die aandeletrusts van onderskeidelik A & B se gesinne.
  • A & B het ‘n tweede besigheid Y bedryf.
  • Besigheid Y was bedryf as ‘n maatskapy. Y het ‘n perseel gehuur by maatskappy H, ook “hul eie” eiendom. Y se aandele was ook 50/50 gehou in F& G, die aandeletrusts van onderskeidelik A & B se gesinne.
  • Maatskappy H se aandele, is ook deur die twee aandeletrusts F & G besit – 50/50.
  • Elkeen van die vennote (en hul eggenotes) het in ‘n multimiljoen rand-eiendom gewoon wat geregistreer was in die name van verdere trusts I & J, die “eiendoms trusts” van die onderskeie gesinne.
  • Skulde; Daar was bankverbande oor beide die woonhuise. Daar was bankverbande oor die twee besigheidspersele E & H.
  • A & B se voertuie, meubels sowel as die versekeringspolisse was in “privaat” trusts, L & M.
  • In alle gevalle was die mans en vroue die trustees van hul onderskeie trusts en die mans was die direkteure van die die maatskappye.
  • Maatskappy H wat die kommersiele gebou besit het kry toe probleme, aangesien die maatskappy Y (die huurder) nie die huur kon betaal nie en hule kon ook nie ‘n ander huurder vind nie. Die gebou was op ‘n verkeerde plek en die gebied waarin die gebou geleë was het agteruitgegaan, met die gevolg dat hulle ook nie die gebou kon verkoop nie. Natuurlik het die mans borg gestaan vir die verband. Die verband was hoog en hulle kon dit nie bekostig om die verband vanuit hul persoonlike inkomste te betaal nie. Hulle het vir ‘n ruk lank probeer om die paaiemente uit hul ander besigheid Y te betaal, waarvan die gevolg was dat besigheid Y bankrot geraak het.
  • Daar was gee ander keuse nie, en ons het maatskappy Y gelikwideer.
  • Ons het die twee mans te gekwestreer.
  • Maatskappy H (wat die perseel besit het) is ook gelikwideer.

Resultaat

 Nadat alles gesê en gedaan was, was die status soos volg

Ons kliente het, nadat hulle gesekwestreer is en die twee maatskappye met probleme gelikwideer is, die volgende bates oorgehou:

hul huise, meubels, Een kommersiële gebou, versekeringspolisse, ‘n suksesvolle besigheid, besigheidsbates (masjiene, rekenaars, gereedskap, ens.

Hulle het hul karre verloor, want dit was in hul persoonlike name gefinansier en het dus in hul insolvente boedels geval. Hulle het maar weer ‘n plan gemaak om voertuie in die hande te kry.

GEVALLESTUDIE – DANIE POTGIETER 1991

Agtergrond

In 1991 het Danie se boedel bestaan ​​uit hoofsaaklik die volgende kategorieë bates, naamlik; – sy private boedel; bestaande ​​uit ‘n privaat woning, voertuie, beleggings, en meubels.

Hy was die besturende lid van ‘n beslote korporasie wat een van die grootste onafhanklike versekeringsmakelaars huise in Suid-Afrika was;

Hy het ‘n Motorvoertuig handelaar in ‘n beslote korporasie berdryf waarvan waarvan hy die besturende lid was.

‘n Paar Verkeerde Besluite

Nadat Danie ‘n paar verkeerde sakebesluite geneem is die Bk wat die versekeringsmakelary bedryf het gelikwideer. Omdat hy in sy persoonlike hoedanigheid borg geteken het vir die Bk se skuld, is hyself gesekwestreer. Aangesien die ander Bk wat die motorhandelaar besit het se lede belang in sy persoonlike naam was, het die ledebelang in sy insolvente boedel gevestig en is die motorhandelaar ook gelikwideer.

Omdat hy binne gemeenskap van goedere getroud was, was ook sy vrou in haar hoedanigheid as “innocent bystander” gesekwestreer.

Danie het alles verloor; sy sake 2 ondernemings, eiendom, beleggings en voertuie. Dit was, soos die jonger geslag sê: “a Total Wipe out!”

Gevolgtrekking

Weens slegte korporatiewe strukturering en bate beskerming het Danie se besigheide met moeilikheid die gesonde besighede opgeeet. Hy is ook persoonlik gesekwestreer.

Did kon helemal vermy geword het deur ‘n ordentlike gestruktureerde, risiko bestuurde, korporatiewe struktuur en strategie vir sy besighede sowel as vir homself gehad het.

Moenie dat jou ouditeur / boekhouer vir jou sommer net ‘n struktuur oprig en dink dit gaan goed genoeg wees nie. Kry asb regs-advies hieromtrent.

Konsulteer eerder nou as wanneer dit te laat is!

Dit is uiters belangrik dat u in gedagte moet hou dat ons kliënte se korporatiewe struktuur in plek was lank voordat die moeilikheid gekom het. Wanneer die moeilikheid aan jou voordeur klop, kan die te laat wees om jou goed te berkerm.

IS JOU BATES IN STRUKTURE WAT BESKERMD IS

Meeste gevalle wat ons sien is dit nie so nie

Gereelde Vrae - Bate Beskerming

  • Watter faktore moet in ag geneem word indien ek stukture wil opstel om my bates te beskerm?
    • Aard van Besigheid
    • Belastingimplikasies;
    • Koste van die oordrag van bates na ander strukture;
    • Implikasie van oordrag van bates;
    • Likwiditeit;
    • Aard van bates wat oorgedra / beskerm moet word;
    • Regte wat derdes oor die bates hou;
    • Bates;
    • Laste;
    • Huurkope;
    • Territoriale faktore;
    • Huweliksgoedere bedeling wat van toepassing is;
    • Eksterne aandeelhouers;
    • Bestaande korporatiewe struktuur;
    • Immateriële Goederereg;
    • Hangende litigasie / likwidasie / sekwestrasie;
    • Missie van die maatskappy (soos byvoorbeeld ‘n begeerte om op die beurs te lys);
    • Menslike hulpbronne;
    • Koste van die struktuur;
    • “Vendors Listings”;
    • Ens, ens….

    ‘n Redelik ingewikkeld proses!

  • Is daar positiewe veranderinge in die nuwe Maatskappye Wet?

    Ja, inderdaad.

    • Wanneer die nuwe Maatskappywet in werking tree, kan geen nuwe Beslote Korporasies geregistreer word – jippie! (Bk’s was van die begin af ‘n slegte idee).
    • Slegs maatskappye geregistreer kan word vanaf die datum.
    • Private maatskappye waarvan die aandele “naby” gehou word, met ander woorde, deur die direkteur, sy familie of trust, is nie nodig om ‘n jaarlikse oudit te ondergaan nie.
  • Wat is ‘n SME (Small medium enterprise)?

    As jy die eienaar van slegs een besigheid is, en daardie besigheid word in ‘n maatskappy beddryf waarvan jy is die enigste direkteur is, en jy hou die aandele in jou persoonlike naam, en die omset per jaar beloop minder as Rxxxxx, kan jy die maatskappy as ‘n SME by SARS registreer. Die voordeel is dat jou maatskappy dan nie die normale maatskappy belasting koers van 28% betaal nie maar slegs 15%. Dit is ‘n geweldige voordeel wat oorweeg moet word wanneer jy jou korporatiewe struktuur beplan.

    Die grootste nadeel van ‘n SME is dat jy besigheid geen bekerming geniet nie.

  • Wat is die rol van my ouditeur wanneer ek my koperatiëwe strukture opstel?

    As jy ‘n klein en eenvoudige struktuur nodig het, stel ons die struktuur saam sonder om jou ouditeur te raadpleeg. Dit is meer die norm as die uitsondering dat ons die ouditeur in die proses behels, want bate beskerming en belasting strategie stamp soms koppe.

    Ongelukkig is sommige boekhouers en ouditeure slegs “kolom-balanseerders” wat geen insig het in belastingstrategie of behoorlike strukture wat jou kan beskerm nie. Waar nodig stel ons voor dat ons saam met u konsulteer met ouditeure wat buitengewone kennis het van belastingstrategie.

  • Sal ek steeds beheer hê oor my bates en my besigheid?

    Ja. Ons glo vas dat ‘n sakeman persoonlike en volle beheer oor sy besigheid en bates. moet behou. Indien u nie in volle beheer is nie, is dit die sekerste manier om die afskeid te neem van bates en jou besigheid.

  • Watter rol speel trust in beveiliging van my bates en koperatiewe struktuur?

    n Groot rol!

    Kliek op ons webwerf op Trusts.

  • Kan krediteure my koperatiewe struktuur ter syde stel en my goed vat?

    ‘n Essensiele deel van die proses van korporatiewe strukturering is om die tersydestelbaarheid van oordrag van bates te toets. Die Suid-Afrikaanse reg is baie duidelik wanneer die kom by die toetse of bates wat tevore oorgedra is na ander persone of entiteite ter syde gestel kan word. Ons het grondige kennis van hierdie toetse wat reeds in die Romeise tyd ontstaan het. Ons kan u behoorlik hieroor inlig.

  • Indien ek binne gemeenskap van goedere getroud is, moet ek van my eggenoot skei en daarna buite gemeenskap van goedere trou?

    Dit is nie nodig om te skei nie (tensy jy alternatiewe motiewe het). Ons kan jou help om ‘n aansoek by die Hoë Hof te bring waardeur jou huweliksgoederebedeling verander word vanaf ‘n bedeling van “binne gemeenskap van goedere” na “buite gemeenskap van goedere”.

  • Sal ‘n goeie koperatiewe struktuur die gevolg hê dat ek minder belasting betaal?

    Nie noodwendig nie. Korporatiewe struktuur en belasting strategie is nie dieselfde ding nie. Dit is twee is soms vyande. Daar is gevalle waar ‘n goeie korporatiewe struktuur inderdaad ook belasting verligting kan meebring. ‘n Voorbeeld hiervan is waar jou bates in trust gehou word en jy te sterwe kom. As die begunstigdes van die trust is nie verander by jou afsterwe, kan daar nie oordragkoste, eksekuteursfooie, boedelbelasting en belasting op toegevoegde waarde op die bates in trust gehef word nie. ‘n Ander voorbeeld is waar jy binne ‘n groep van maatskappye ‘n menslike hulpbronne maatskappy stig wat dienste aan beide die winsgewende sowel as die nie-winsgewende maatskappye lewer. Dit is ‘n meganisme waarmee jy die winste van een maatskappy teen die verliese van ‘n ander maatskappy kan afspeel. Laat ons nie te veel sê en ons konkurente slim maak nie.

  • Bestaan daar ‘n “template” wat ek kan gebruik om ‘n goeie koperatiewe stuktuur op te stel?

    Nee, ons het al honderde kliënte se korporatiewe strukture en herstrukturerings gedoen en die meeste van hulle is uniek.

  • My besigheid sukkel – hoe kan ek dit suksesvol maak?

    Anton Rupert het gesê dat as jy jou besigheid winsgewend wil maak, moet jy sewe dinge reg doen.

    • Die eerste drie is huiswerk, huiswerk en huiswerk. Met ander woorde: marknavorsing. Rupert het gesê dat wanneer jy bepaal dat jy ‘n produk wat deur genoeg mense nodig is, en aan genoeg mense teen ‘n wins verkoop kan word, dan het jy die regte konsep vir ‘n besigheid.
    • Die vierde ding wat jy nodig het om ‘n besigheid suksesvol te maak is genoeg geld om die brug vanaf idee na operasie oor te steek. Dit is waar baie nuwe sake-idees reeds vou. As jy begin roei en jy bereik die middel van die rivier, maar jy het nie genoeg krag tot by die ander kant te roei nie, is jy slegter af as toe jy begin roei het.
    • Rupert sê dat as jy aan die ander kant van die rivier kom moet jy drie dinge reg doen.
    • Die vyfde ding wat jy moet reg doen om die is bemarking – potensiele kliënte meot weet van jou.
    • Die sesde ding is korrekte prys bepaling. Ons ervaring is dat wanneer ons betrokke raak by die redding van besighede, is die gebrek aan kennis aangaande hoe om die korrekte prys van ‘n produk te bepaal skreiend. Die meeste sakmanne gebruik sogenaamde “GP” (Gross Profit) om prys te bepaal. Groot fout. Kan ‘n “six” of ‘n “nix” slaan met hierdie prysteorie.
    • Die sewende ding is behoorlike bestuur

    Oor baie jare heen het ons met baie kliënte gekonsulteer en gevind dat talle sakemanne en vroue vir jare in besigheid is en nog nooit eer ‘n enkele kort kursus gedoen het oor “marketing, management of pricing” nie.

  • Waar begin ek indien ek my besigheid suksesvol wil maak?

    Die regte plek om te begin is om op te lees (boeke, internet, ensovoorts) en kundig te raak aangaande bemarking, bestuur en hoe om korrek te prys